Jump to content

Plattelandse Skole


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Stanthorpe is ‘n klein ou plekkie – ‘n regte romantiese plattelandse dorpie. Baie Italianers, baie backpackers wat hier op die wyn-, vrugte- en groente plase kom werk – ook die koudste plek (net innie winter) in Queensland. Baie plattelandse dorpies het baie ‘dole types’ – dit is nou die tipe wat lewe op die lekka geld van die regering. Ons het dit nie omdat hier so baie werk is – die vorige regering het die klomp luigatte mos gedwing om te werk. Die dat hulle nie van Stanthorpe hou nie en skuif na die ander dorpies toe.

Die skole is moeilik om te verstaan. Ons is so 10 minute uit Stanthrope uit – dit is nou 10 minute na die Staatsskool in die middel van Stanthorpe. Hier is ‘n klein plaas skooltjie net so 3 minute van ons af – hoe verstaan ‘n mens dit nou??? In Toowoomba, wat net ‘n groot dorp is, ry ‘n mens 45 van die een kant na die anderkant toe – hoekom nou ‘n plaasskool 10 minute van ‘n groot dorps skool af??? Net aan die anderkant is Applethorpe – yep, dit is waar al die appels bly – dit is ook so 8 minute uit die dorp uit – wraggies waar, not ‘n plaas skool. Jy ry ‘n bietjie verder aan na Thalimba toe – nog so ‘n klein skooltjie. Nog ‘n bietjie verder aan kry jy Dalveen – nog ‘n skooltjie. Ek het nog nie getel nie, maar binne fietsry afstand van Stanthorpe af, het jy omtrent ‘n miljoen klein skooltjies.

Dit klink of ek moan & groan, maar dit is baie goed vir die kinders – klein klasse, baie goeie onderwysers en ‘n baie rustige atmosfeer. Om alles nog meer ongelooflik te maak – as jy verder as 5km van een van skooltjies bly, dan kan die kinders amper verniet op ‘n bussie klim – word nogal weer afgelaai ook. So, al hierdie klein pikkies staan stoksiel allen so langs die pad – innie middel van nêrens – en wag vir daai oulike bussie. Waar sal jy dit nou sien in iAfrika – daai toordokters is mos die heeltyd opsoek na merrisyne/muti virrie babalas kopseer.

As die groter staatsskole probleem kinders het, dan word hulle gewoonlik na die klein plaas skooltjies gestuur. Ek hou nie juis baie daarvan nie, maar hulle word uitsorteer – dan is nog ‘n siel gered en almal gaan dan happy aan – dit werk meestal.

Gisteraand was dit die Year 7’s afskeid en al die prysuitdelings ens. Ons kom net so skemer daar aan – al die kindertjies het skoolklere aan en hardloop wild rond op die speelgrond. Die vure brand hoog en die pappies staan met lang koue biere innie hand en kyk dat die braaiers nie nonsense aanjaag nie. Die mammies vergader oral rond en klets die kletsery. Ek suig aan my bier, vroulief werk nog en kom eers later. Niemand is formeel aangetrek nie en daar is van alle tipes innie gemeenskap – liquorice liquorice all sorts. Van die dokter se mooi vrou met al haar Bling-Blings aan tot daai kort boerbeskuitjie anties met die rooi bottelgekleurde stokkieshare, ringe en tattoos orals. Van die mooi geklede dokter na die bokbaard geplooide ou Aussie met sy gekreukelde hemp.

Glad niks van die formele dinge wat ek as kind moes deurgaan in ‘n groot skoolsaal waar almal in rye sit en wag dat jou naam uitgeroep word ens. As jy boe sê dan word jou gat sommer warm geslaan daar voor almal. Almal kuier lekker informeel – braaivleis, bier, wyn en die kinders hardloop rond soos kinders moet rond hardloop.

Die kindertjies hier het baie selfvertroue – die skoolhoof gaan weg en elkeen van daai year 7 kindertjies vat daai mikrofoon vas en gee ‘n laaaaaang speech voor al daai mense. Pryse word uitgedeel, afskeidsgeskenke word gegee – die pappies en mammies suig aan hulle biere, juig, fluit en klap hande. Vir ‘n land waar kinners se gatte nie aan die brand geslaan word – by die huis of by die skool nie – kan ek nie glo hoe goed die kinners hulle gedra nie. Daar is geen tantrums nie, geen lelikhede nie. Hierdie onderwysers hier werk op ‘n ander manier met kinders – ek kyk hulle so en skud my kop – ek haal my hoed af vir hulle, knie op my kniege en sê net dank die Vader vir sulke mense. Ek kan dit nie doen nie.

Na die pryse sien ek ‘n paar pappies skeef loop en ‘n paar mammies kwaai frons. Die kinders was deur die jaar op trips kus toe en daar is fotos geneem en videos gemaak. Al die ouers gaan kyk en die kinnertjies disco. Ek hou nie van die disco nonsense so klein nie, maar dit is orals – ‘n mens kan nie daarby verby kom nie. Ek is ‘n stoere boer en jy begin eers dans as jy 21 is – nou wikkel hierdie klein meisietjies hulle agterstewe op ‘Barbie Girl’ en probeer daai Spears girl na-aap – ek kan nie meer nie en sê vir vroulief ek gaan nou eers vir ‘n rukkie verdwyn. Die onnies hou toesig en die ouers kyk movies en suig aan hulle biere.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Dis wat ek wil hoor of lees - ek weet nie van die ander formute nie. Dit gee vir my perspektief oor wat om te verwag - wel - nou seker nie deur die hele Aus so nie, maar in jou area. Hoe word die jeug opgevoed, hoe hanteer verskillende mense verskillende situasies. Hoes die opsette daar. Al die klein skooltjies hier wat op die boere se plase was, is toe. Nou stroom almal in die dorpe en stede in.

Ek kan ook maar net vir jou sê - ek weet ook nie hoe daai onnies dit regkry nie! Seker maar hoe ons grootgeword het op die boere-manier - no pain - no gain!!

Groetnis

JJ

Link to comment
Share on other sites

Howzit Mauritz,

Net toe my onttrekking simptome die oorhand kry, toe skryf jy weer. Dankie man!

Ek het op die Vrystaatse platteland grootgeword. Ons was letterlik reg gem**r. Ek onthou baie prysuitdelings waar almal hulle beste klere aangetrek het. My ma ook. Party ma's het spesiaal 'n rok laat maak vir die okkasie. Bid jou dit aan. Dit was soos om vir 'n bruilof aan te trek!!

Hierdie jaar by my kiddies se prysuitdeling toe rebeleer ek so 'n bietjie. (Dalk in voorbereiding vir die luilekker, 'no-judgement' lewe in Oz.) Toe daag ek op in jeans! Ek was gevra of ek vergeet het dit was prysuitdeling-aand!

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz.

Dankie vir die post, ek geniet dit om te lees van al jou ervarings.

My seun is hier in SA in graad 5 en hulle het 'n sokkie gehou, so dit gebeur ook hier in SA en jy moet net sien hoe trek van die dogtertjies aan hoor, eish ek sal nie my dogter so uit die huis laat nie, nie op 12 nie.

So die kids hier in SA is glad nie meer so onskuldig nie, hier word hulle ook nie meer ge@#$* in die skole nie en ook nie by die huise nie, want vandag se ouers is bang vir hulle kinders. Ja dis waar ek het so vriendin wat net gee en gee, want nou nou gaan bly die kind by sy pa.

Cheers vir eers

Sheila2oz

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Hey Mauritz, dit was nou weereens lekker om te lees. :whome:

Ons laaitie het ok mos juis nou klaargemaak met die laerskool en so het hulle toe ok een van hierdie afskeids / prysuitdelings seremonies gehad. Ek nip, want my ma kuier hier en sy gaan saam en ek weet daar gaan weer lang klaagliedere uitkom oor die kinders se gedrag, die skokkende afwesigheid van dissipline en en en... Wel, ons het dieselfde as julle ervaar en weet jy, selfs ek met my oopkop en alles kon jy met 'n veertjie omslaan! Elke (ja al 60 van hulle!) kind het ook so 'n kort toesprakie gegee oor wat hulle geniet het, wie hulle gunsteling onderwyser is, wat hulle alles reggekry het ens. Man, dit klink omtrent asof elkeen van daai jongelinge 'n oscar gewen het, so gaan hulle aan. En dan stel elkeen die volgende outjie voor en daar gaat hy of sy weer aan. My mond het omtrent oopgehang. Die klomp 12-jariges maak spiets soos wat ek net van kan droom en die dissipline - Mao se troepe kan by hulle gaan leer! Dit verloop so glad soos Betsy se Spray-and-Cook vloere ;) . Elke keer as die hoof ('n vrou) net opstaan, dan bly daai kinders soos een man stil. Dis of hulle klokslag met die stomheid geslaan is. En weet julle, ek het haar nog nooit in my hele lewe sien skreeu op 'n kind nie. Hulle lief haar soos hulle eie ma!

Lang storie kort - so kom dit al nader na ons laaitie se beurt. Ek dog o vet, maak jou maar reg om die arme kind 'n Coke en 'n kaaskoek te stick vir vertroosting, want jong, die outjie is nou nie juis geseen met die grootste selfvertroue in die wereld nie. Hy sokkel maar so bietjie tussen die voor-op-die wa Aussie laaities :P . Sy skoolrapporte se keer op keer: "......... should talk more". Kan jy dit nou oorvertel! 'n Juffrou wat kla dat 'n kind te stil is! :blush: Die arme ding het ook mos nou in Ingeland grootgeword; die land waar jy askies vra as jy die ou langs jou se suurstof moet deel. Waar jy omtrent soos 'n melaatse aangekyk word as jy jou opinie lug :ilikeit: . Dan is hy ook nog gebless met twee ouers wat so gem*&r is as hulle hulle monde oopgemaak het, dat hulle nou nog sommer begin koes as hulle net die "twitch" in hulle lippe begin voel... nou nie juis 'n resep vir die volgende Winston Churchill nie!

Mense, daar maak die mannetjie sy mond oop en hierdie ma se bors groei met sentimeters. Ons moet mooikyk om seker te maak dit is die regte kind daai. Die kop mooi hooggehou, kyk die mense in die oog en die woorde pragtig hard en duidelik. En uitstekende spiets ook! Die trane rol sommer en ek sien my man hier langs my se hooikoors tref hom skielik ook met 'n spoed - dit snuif vir 'n vale! Ek bly maar stil en kyk maar weg, want as daar nou een ding wat harder gem*&r is as 'n kind wat praat, dan was dit 'n seun wat huil :( (dit sing nou nog in my ore "hou op tjank, of ek gee jou iets om oor te tjank!"). Ek weet hy sal bedinges raak as hy weet ek het gesien, so ek maak maar of ek van niks weet nie. Die outjie stel nog sy maatjie voor met 'n heel humoristiese aanmerking ook en ons is jellie van trots.

Die ouma is ook beindruk en skryf net huistoe van die kinders wat hulle so goed gedra en so mooi praat. Kla net steen en been oor hulle so baie "brag" oor wat hulle alles reggekry het.... stilletjies se ek net Dank Vader ons het die skuif vroeg genoeg gemaak.... ;)

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...