Jump to content

Jacobus: what's in a name?


Jacobus

Recommended Posts

Hi all

My wife and I are just about to send our PR application. We live in Centurion. I am a Software test engineer and my wife is currently a home engineer :blink:

We are planning to move to Syndey.

One thing that has been bothering me is what will I call myself in Aus. The Ausies I know have no idea on how to pronounce my very Afrikaans name.

Has anybody had the same problem?

Link to comment
Share on other sites

Guest Seoul Sister

Hey there,

Welcome to the forum ! A school friend-of-a-friend was Jacobus too and he became Jack in the US, not sure if the Aussies will do the same to you.. I used to work as a Software Test Manager and am currently a domestic goddess... :blink: I suspect we have some things in common.

Welcome and good luck with the process.

Groete uit Korea

Seoul Sister

:huh:

Link to comment
Share on other sites

Hi Jacobus

Ek dink ons mense met die eg Afrikaanse name en vanne het maar daai probleem. My twee seuns het hulle

name ook maar ver Engels. AW het William geword. Darius het David geword. My man Andries het probeer

hou by sy naam. So gebeur dit dat hy begin werk op 'n konstruksie site. Toe hy die oggend sy harde hoed

kry sien hy daar staan Andy op die hoed geskryf. Hy reken toe is maar iemand anders se hoed

wat hy moet gebruik. So word daar met Andy gepraat maar hy antwoord nie. Hy is mos nie Andy nie maar

Andries. So teen die middag vra iemand hom Andy verstaan jy nie die taal nie want jy antwoord niemand nie.

Toe sou hy besef hulle kon nie sy naam uitspreek nie .. toe word hy sommer Andy. Selfs my naam is 'n probleem. Maar ek het almal al geleer om my net L te noem.

Sterkte met die naam kies! :blink::huh::)

Link to comment
Share on other sites

Ouboet ek weet presies hoe jy voel...of gaan voel!

Ek het gedog Danie is 'n heel eenvoudige naam, dis immers afgely van Daniel wat ook maar so is in engels, maar hierdie ouens kom met snaakse goed uit.. enige iets van Dan..Daanie...Darnie...Danny en nog 'n paar ander. Die snaakste een vir my is Donny, weet nie hoe dit uit gewerk word nie...?

Dit neem maar tyd! So, tensy jy 'n ander naam gaan kry moet jy maar reg maak vir 'n paar snaakses...

So vir die rekord, my eerste doop naam is Jan, regte boere Jan, en hulle noem 'n mens graag op jou eerste naam in die paspoort, maar julle uitspraak is eintlik heel snaaks... klink amper soos Jam... hiehie

Groete,

D

Link to comment
Share on other sites

Janee, hulle is nogal lief daarvoor om jou op jou eerste naam in jou paspoort te noem, en dit kan nogal 'n geknoei afgee, want eerstens kan hulle dit nie uitspreek nie, en tweedens is jy gewoonlik nie daai naam gewoond nie, so jy staan soos 'n aap met 'n bek vol tande en wonder met wie praat hulle nou eintlik.

My arme man het drie doopname en sy noemnaam is heeltemal iets anders. Skep dit nou vir jou confusion! Hulle kan nie verstaan hoekom iemand DRIE name moet hê, en hy gebruik nie een van hulle nie!

Ons ken 'n Jacobus, en hy is herdoop na Jack. So jy beter maar begin oefen! Geniet dit :blink:

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Hi Jacobus,

My man se naam is Kobus, hy het eintlik 'n hele string name wat selfs ek sukkel om te onthou, maar hy word Kobus genoem. Die Ozzies noem hom Koubus, maar as hy sy naam reg probeer uitspreek noem hulle hom selfs Travis, want hulle sukkel vreeslik om te hoor wat dit is. Ons van is nog erger. Mens figure dit maar uit soos jy aangaan.

Edited by Michelle
Link to comment
Share on other sites

LOL, it is a tricky one, all over the world.

At my dh's employer, the entire team is made up of paramedics. The non-SAfricans that they work with have a real problem...

Jakobus is now Chris

Francois is a hard one - they just call him Frank Sauce

Sloane (a surname) is Slow One

and my husband Colin is now Colon!

Hope you find a name that feels comfortabl to you!

Link to comment
Share on other sites

Guest colton

am currently a domestic goddess... :blink: I suspect we have some things in common.

Seoul Sister.

I never knew anyone else called themselves that; that is a nickname my hubby has always called me, he takes great pride in telling people his wife is no housewife, she's a DOMESTIC GODDESS :) Makes me feel real special because he treats me like one too............ :P

Good to see we are no longer taken for granted, give credit where credit is due! :huh:

Link to comment
Share on other sites

Domestic Goddess? How long do you have to slave to earn that title? :huh:

I am just the unpaid maid according to my children! :blink: Hubby can't understand why I can't give the same quality work that "Happiness" used to give around the house.... :)

Link to comment
Share on other sites

Welkom by ons forum Jacobus! Soos jy kan sien kan die dames 'n doodonskuldige vragie in 'n kongres verander. :huh:

Wel, jy het twee kanse: 1. Hou verbete by Jacobus, en spandeer die res van jou natuurlike lewe in Australia om die locals met fonetika, read-my-lips, en ander truuks te probeer reghelp, of 2. swiets na iets soos Jack, plein en simpel. Gaan my verstand te bowe dat die Ozzies al daai plaaslike name met lus kan baasraak, maar sukkel met gewone Europese name. Wel ... nee dis nie heeltemal waar nie, elke hooftaal in Europa spreek 'n naam op húlle manier uit, so word Hendrik in Engels Henry, "Ôhggrie" in Frans, ens.

SS ek laaik jou domestic goddess idee, dis pragtig! Ek hoor noudiedag hier 'n sekretaresse noem haarself Director of First Impressions! :)

:blink: Andy

Link to comment
Share on other sites

Ja. ons sukkel ook maar hier. Madelein is Ma-de-line en Marius het sommer net Morris of Borris geword. Maar sommige noem hom darem reg op die naam met die "r" wat 'n Kaapse draai maak. Klink nogal mooi op die tong as hulle dit reg se. Dis net ons van wat die mense hier kelder en dit word telkens verkeerd gespel. van der Knaap het "van de nap" geword. Ergste van alles is dat sommige van die mense dink ons kom van Rusland af. Marius is blond met blou oe en is 'n mini-olifantjie. :blink: Dis maar wat die goeie lewe hier aan jou doen. Meeste mense noem my Maddy by die werk. My Ma kry weer die piep as ek my naam in Engels antwoord as sy bel. Ons het toe maar besluit op 'n keuse van 4 name wanneer ons kindertjies eendag opdaag: Michael, Phillip, Isobel en Venessa. Dink dit sal goed by die van pas. My nooiensvan was Clarkson, en soms wens ek ek het dit maar gehou, veral as ek vir die Ozziers my huidige van moet spel oor die telefoon... :huh:

Groetnis

Madelein

Link to comment
Share on other sites

Ai, weet ek nie hoe julle voel nie. So eenvoudig soos my naam is, probeer hulle dit uitspreek met die weirdste maniere. Ek moet seker 3/4 keer vir hulle sê hoe om dit uit te spreek. Ek het nou al opgegee en as hulle my naam lees en sê soos hulle dink so dan sê ek maar net ja.

My man wat 'n eg fraanse naam het, het ook al snaakse kombinasies gehad. :thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

Guest Seoul Sister

Hi everyone,

B) Thanks Hendie, I also like the title your wife, Colton, DD and I share ! :ilikeit: I am very lucky to be in the same situation as Colton, with a husband who adores me and treats me with the respect that my position commands. ;) I'm still working on a salary and benefits package to match, but I'm afraid nobody will be able to afford us if we were to charge what we are really worth, hey girls !! Aggenee Dreamy, that is NOT GOOD my girl... :thumbdown: Sounds like time for a promotion... Or maybe a visit to the Union at Goddesses-r-us Headquarters in the Bahamas ? Nothing like stay-aways or a general strike to get them family members with the program... :( (Maybe remind them what unhappiness could be like, if you were to stop keeping things together ??)

Wonder how Jack is, he seems to have disappeared in the masses of easy-but-impossible Afrikaans names and domestic enterprising ladies.

Love

SS

:)

Link to comment
Share on other sites

Welkom Jacobus!

Julle klomp het my nou sommer lekker laat lag. Ons van is Van Rensburg en ek kan 'n boek skryf oor die maniere waarop dit al gespel (en uitgespreek) is! Noudie dag is ek by die dokter. Sy lees my notas en vra sy wil net gou iets uitklaar - my van. Sy lees toe daar vir my iets wat totaal onherkenbaar was. Ek kon myself nie help nie en bars uit van die lag en daar kry ek die "giggles" en kan nie ophou nie. Die dokter het gelukkig 'n sin vir humor en se toe sy neem aan dis nie reg nie! Toe ek die afspraak oor die telefoon gemaak het, het ek my naam vir die sekretaresse gespel oor die foon - maar dis soos "Chinese whispers" - wat anderkant uitkom, is iets verskriklik! :thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

Hi almal

Dankie vir die goeie antwoorde. My wife and I hava had a good laugh.. :thumbdown: ...We just wonder what will happen to her name, Retha.

Just paid all the application fees, dont know who is following what the Rand is doing, but it hurts..... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Guest Seoul Sister

Hey,

Oouch !!

You get a dubble Eeeeeish of sympathy from me... One for the payment... Eeeeeish.

And one for the name Retha ... Eeeeeeissshhhhh !! Good luck with that !! My advice ? Go with LMarie's brainwave and call yourself R. :thumbdown: I hope they don't ask you to spell it !! :(

*Jy kan ook miskien gaan met Ruth...

Was dit nie Rut(h) wat in die nuwe, vreemde land gaan deurdruk en aanpas het, terwyl Orpa omgedraai het en terug is na haar eie land nie ?? Miskien nogal toepasliker as wat mens sou dink !! B) *

Love

SS

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

My seun is Jacobus (genoem Jaco in die ouland), en hier is hy Jack.

En hier's 'n stukkie Trivia: Jack was verlede jaar die volopste naam onder nuwe babaseuntjies in NSW.

Mooiloop

Neil

Link to comment
Share on other sites

Jacobus Ja dit link of jy sommer heeltemal moet verander in naam, land ... etc

Ek bly ook in Centurion (weirda park ) miskien het ons al verby mekaar geloop :ilikeit::(

Sterkte met alles :thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

Ek het vandag die snaakste uitspraak van Jacobus gehoor - Jay-kou-bus - (bus soos in bus in engels) en ek dink Retha sal dalk verander in "Reeda"

Sterkte!

Link to comment
Share on other sites

Ek het ook al baie gelag oor die uitspreek van baie vanne in Afrikaans. Maar die ergste een

wat ek soveer gesien en gehoor het, is 'n Dr hier met die van van Poggempoel. Hy het ook al moed

opgegee oor sy van.

Geniet julle naweek.. ons in QLD het lang naweek.. die Queen verjaar alweer :ilikeit::(

L'mari

Hey,

Oouch !!

You get a dubble Eeeeeish of sympathy from me... One for the payment... Eeeeeish.

And one for the name Retha ... Eeeeeeissshhhhh !! Good luck with that !! My advice ? Go with LMarie's brainwave and call yourself R. :thumbdown: I hope they don't ask you to spell it !! :o

*Jy kan ook miskien gaan met Ruth...

Was dit nie Rut(h) wat in die nuwe, vreemde land gaan deurdruk en aanpas het, terwyl Orpa omgedraai het en terug is na haar eie land nie ?? Miskien nogal toepasliker as wat mens sou dink !! :D *

Love

SS

:)

B):);):D

Link to comment
Share on other sites

Hi Jacobus,

Ja dis 'n moeilike een die veral omdat 'n ou se naam (itv hoe dit klink) verander in 'n mate.

My naam is gelukkig maklik en "transportable" en my van is gelukkig dieselfde as die naam van 'n voorstad hier in Brisbane (en nee dis nie Indooroopilly of Tarragindi of so iets nie! Alhoewel hier is selfs 'n voorstad (en 'n brug) met die naam Kholo is - soos in die Zoeloe naam??) Vroulief se naam is eg afrikaans maar nie so moeilik nie.

Ek ken 'n ou wat ook Jacobus is en al baie jare hier bly. Hy't gegaan vir Jack maar natuurlik noem ons hom nie so nie, vir ons is hy Jaco. Die bogger is as daar Aussies en Saffies op die selfde paartie is, confusion in the ranks?? Anyway hy't al van sy Aussie buds getrain om (ja - koe) te se en dis nogals maklik vir hulle. Die eerste ontmoetings is die probleem egter. Jack of Jacko sal goed wees, die Aussies like daarvan om 'n "o" agter 'n naam in te werk, soos Ross word sommer "Rossco" ens.

Jy kan egter ook alternatiewelik vir Jakkie gaan, die aussies sal die uitspraak ken en hom regkry maar ek weet nie of jy met so 'n "burden" wil rondloop nie, hulle mag 'n aversie vir jou ontwikkel. Nou ja die anderkanttoe om laat oog 'n menigte giggels in my gorrelgat: 'n ou by die werk loop met 'n "nametag" rond wat die verkorte naam van Malcolm op het - "Mal". Ek sukkel om die ou ernstig op te neem, en ek moet my lag hou elke keer as ek hom sien. Die dink die ou het homself "gelabel" in my oe??

Sterkte en se maar hoe moet ons jou noem, Kabous!

C'bug

Edited by chatterbug
Link to comment
Share on other sites

hahaha..ja nee..My man se een doopnaam is Lodewikus. En sy noemnaam is Wikus...vir een of ander rede kan hulle dit nie se nie...dit was Whiccus of Whaaikus. Vriende van ons se van is Beukes en hulle het geword Boekus. Ons van is Griessel en was all alles van Cresel tot Kriesie tot Ghriesel. Ek se nie eers meer my van as ek op die foon praat nie, en spel dit dadelik. Net gisteraand het ek n take away bestel en my van nogals gespel...twee keer en toe ek die slippie sien toe is ons Grieffel.... :thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...