Jump to content

Onthou jy nog?


Blossom

Recommended Posts

Dis middel Desember 2007, amper ons eerste herdenking van ons nuwe lewe. Ja, Januarie

2008 sal ons net mooi ‘n jaar hier wees. Wat ‘n verandering in lewens gehalte is dit net nie. Ons het verander van nors agterdogtige mense in ‘n ontspanne en rustige gesin.

Die verlange en heimwee is nog daar maar dis draaglik. Ons weet ons is besig om die pad te bou vir ons nasate se toekoms.

Die leeu mannetjie en sy vrou le rustig onder die boom en vreet aan ‘n karkas.

Die safari bus vol mense ry stadig verby die twee.

Die leeu mannetjie se vir sy vrou terwyl hulle die bus nuuskierig aankyk,

(dis ‘n Engelse leeu)

“funny speciments..I hear they rape their young”

Kom ek skink vir julle ‘n silwer onthou dingetjie….

Wees stil my hart, kyk hoe mooi is die Kaap! Die man met die bont, blink klere dans met oorgawe in die straat, hy kielie sy mandolien en sing oopmond. Dis Kaapse Klopse tyd in die Kaap en ek wil tussen hulle wees, ek wil hulle beleef en ervaar. Ek gooi al my geld wat ek by my het in hulle blikkies wat hulle rondskud. Ek wou nog middag ete koop maar die musiek en die ritme klop in my siel en ek worry nie oor eet nie.

Die see waai sulke blou reen in die lug op daar op die rotse in Hermanus, ek neem die mooiste foto van my skoonsus. Daar waar sy staan en visvang maak die son ‘n reenboog deur die water. Later ‘dans’ ons wit mossels uit die sand uit. Ons eet kreef gaargemaak in die seewater.

Ons is lus vir vakansie en boek sommer by Harties se chalets in. Vroegoggend terwyl die son nog sy gesig skamerig lig, stap ons buite rond en soek ontbyt. Die naaste bure nooi ons sommer vir ‘n saam eet en ons se ja, maak sommer vriende ook.

Op pad Port Elizabeth toe raak ons moeg en soek ‘n B and B. Kry een laat aand maar ons verontrief die eienares nie. Sy is so vriendelik en laat my dink aan my Ma, ek huil sommer. Ons is honger en sy maak vir ons die lekkerste snackwiches wat ek nog geeet het.

Maar dis nog niks, die volgende oggend voor ons pad vat, kry ons ontbyt. Die mooiste ou huis vol antieke meubels en ‘n tafel wat kreun van die kos. Hoe kan gewone eiers, bacon, varkworsies en lemoensap so heerlik wees? Ek wil sommer nog bly want die Addo Olifant park is daar naby.

Bring julle kelkies, laat ek nog skink…….

Ek sit in die middel van die Oranje rivier op ‘n klip en lees tot die son my oe wil laat toeval, Stap rond en tel die mooiste tieroog steen op. Die steen glip in my sak in en ek hou hom tot vandag toe..my herriner-klip.

Daar loop ek en bid op die hangbruggies op Kanon eiland en later bak aia Fytjie vir my vetkoek en jam. Kry mens nog sulke jam wat so proe na nog?

Dis maklik om die sleg te onthou en jou verbitterd te maak. Maar die mooi en die goed het ook ‘n plek in my hart…ek sal dit nooit vergeet nie. Nou is dit tyd om nuwe memories te maak en eendag dalk ‘n storie oor te skryf. Ek wil alles neerskryf en eendag, hopelik, kan my klein kinders lees van hulle pionier-Ouma. Dat ek nie gedros het nie maar dat ek ‘n dapper voortrekker was. Wonder net of ek alles sal moet vertaal vir my toekomstige Engelse klein kinders?

Ja, ek het verplant…een van die dae kan ek myself ‘n Ozzie noem.

Groete,

Kannidood.

Edited by Kannidood
Link to comment
Share on other sites

Ek wil alles neerskryf en eendag, hopelik, kan my klein kinders lees van hulle pionier-Ouma. Dat ek nie gedros het nie maar dat ek ‘n dapper voortrekker was. Wonder net of ek alles sal moet vertaal vir my toekomstige Engelse klein kinders?

Doen dit my pienk hoed vriendin, vir die onthou! Sodat jou Engelse engeltjies eendag sal kan lees en verstaan en herlewe, van hulle wonderlike ouma en oupa van Afrika! Hulle sal baie trots wees, en dankbaar!!

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Sodat jou Engelse engeltjies eendag sal kan lees en verstaan en herlewe,

Die geskiedenis en taal is nogal 'n probleem. Alhoewel ons kinders hier gebore is en amper net Afrikaans gehoor het hulle eerste paar jaar - praat hulle net Engels. Baie Suid-Afrikaanse kinders wat later hier aangekom het, verkies ook Engels - seker omdat hulle dit vinnig by die skool aanleer en sosiaal dan gemaklik is daarmee.

Noudat ek 'n bietjie 'gorrel' in Afrikaans, moet ek seker plan maak om dit iewers in Engels te 'bêre.' Ek is nie gepla oor die 'dros' of 'voortrekker' sieninge nie. Vir my is dit eenvoudig. As my kinders hier in 'n slegte skool is, dan skuif ek hulle. As ek in 'n woonbuurt/area bly, waar ek bekommerd is oor my familie se veiligheid - dan skuif ek na 'n meer opgevoede area toe. As ek in 'n land bly waar dit belangrik is om met een hand aan 'n tak te hang en met die ander aan 'n piesang te klou :( - dan skuif ek na 'n land toe, waar die norm is om vooruit te gaan - om te bou. Ons almal wat basiese norme en standaarde het, sal mos enige iets vir ons kinders doen. As 'n mens so daarna kyk, dan is dit seker 'n 'pioneer attitude'.

Ek meen, 'n mens het mos 'n bietjie trots - my hele voorgeslag van die jare toet toe, het vooruit gebou - dit sal 'n klap in die gesig wees vir my voorouers om nou te aanvaar dat dit ok is om agteruit te boer. VOORUIT SAL ONS GAAN. :blink::blink: Of dit 'n VOORtrekker attitude is, is ek nie van seker nie.

Dit is die verskil tussen plekke soos Aus, NZ, Kanada en die HELE Afrika. Dit gaan om norme en standaarde. Die een klomp gaan vooruit - die ander staan stil, op hulle beste, of gaan agteruit teen 'n spoed wat onbekend is in die geskiedenis van die mensdom.

So, Tannie Betsy - ek dink aan daai ou dae, maar ek maak doodseker dat my kinders daardie selfde ondervindings en gevoelens ervaar in die lekka ou land. Ek maak seker dat ek aangaan met dieselfde tipe van lewenstyl.

Ek knak 'n bottel Chardonnay op my ou plot elke keer as die son so lekker ondergaan - ek weet waar ek is, hoekom ek hier is. Ek kyk na my perde wat so lekker wei, na die kinders wat vry rond hardloop - dit is waaroor hulle eendag gaan skryf :oB)

Link to comment
Share on other sites

Ag my ou vlermuisie, Mauritz, boetie,

Moenie vir my tannie se nie...'seblief, toe, laat my voel soos Metusalem! Dis hoekom my forum naam 'Kannidood' is.

Eendag gaan ons nog saam 'n Chardonnay knak en lekker gesels oor wereld sake. Ons beplan mos hoeka 'n sametrek in die middel van OZ, daar by die groot klip...eendag....(vra maar vir Nilo)

Lekker dag en groet jou hond vir my.

KANNIDOOD! :blink:

Edited by Kannidood
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...