Jump to content

Maplotters in Australië


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ons het vir 'n jaar deur Aus getoer en orals gesien hoe mal die Aussies oor hulle 'plotte' is - ek meen nou enige iets tussen 10 en 40 akker. Hoe hulle die maplottery aanpak is nogal 'n interessante affêre - ek weet banja, banja goed want ekke isse ook 'n Maplotter. If you can't beat them, join them.

Orals in Aus - maak nie saak waar jy is nie - sien 'n mens hierdie stukke grond - gewoonlik is daar 'n 'shed' op - of 'n lekka blinke of 'n regte ou Colourbond ene. Die shed kom altyd met so 'n lekka atta watertenk - so groot soos Rundu se watertenk. Baie mense het krag, maar nie 'n huis nie - ander is happy om so te maplotter sonder krag - met of sonder 'n generator. Op die oomblik koop al hierdie City Slickers hierdie stukkies grond hier om Stanthorpe - hulle wil wegkom van al die mier- en papierdiere daar in Sodom & Gomorra - hulle wil kom maplotter en nader aan die grond lewe.

Binne 'oogafstand' is hier nou 3 sulke sheds, eintlik 4 want een is myne. Myne is die mooiste want dit het 3 slaapkamers, 'n volle kombuis, badkamer, toilet ens. Hierdie plekke het geen dorpswater nie - die hierdie m@erse watertenks. Om alles te kroon - op 'n tyd is van die plekke as 'huise' goedgekeur - soos myne - op papier is dit nou 'n huis. As 'n mens so 40 miljoen van Suid-Afrika se populasie uitsny (hierdie is daar 'n paleis), dan sal dit geklassifiseer word as 'n blik skuur. Dit maak nie saak vir die Aussies nie - want dit werk anderste hier.

Sien, hulle sit nou die ou blik shed/huis affêre op - dan bly hulle nou so, totdat hulle nou eendag 'n huis gaan bou. Baie mense bou hulle eie plekke en dit is nou hier waar interessante plekke hulle koppe partykeer uitsteek. As die huis nou eendag op is - dan is die blikhuis nou 'n aparte plek vir of die kênners of skoonma of vir gaste.

Baie keer verbou mense so 'n blikhuis in iets heeltemal interessants. As 'n mens nou in van die stede/dorpe kyk, dan is daar nou vreeslike 'moderne' huise wat maar net soos die blikhuise lyk - daar in Toowoomba is baie van hulle in die yuppies areas.

Die plan met my blikhuis??? Groot dele daarvan buite gaan uit graniet en hout (hout look alikes) gebou word, met konkawe Japanese tipe dakke. Maw iets heeltemal anders vir hierdie 'konserwatiewe' ou plekkie.

Wat alles baie 'anderste' maak - dit is as 'n mens nou van daai land afkom, waar jy so R5 werd is en waar almal jou Hel toe wil stuur vir jou R20 se horlosie - is die rustigheid en veiligheid. Niks van daai wilde oë wat so verby jou plek stap en lekker uitkyk vir die gryp nie. Hier loop nie eers iemand verby nie. Al hierdie maplotters wat net so naweke kan kom plot, sluit alles toe in die ou papierdun huisies - ek praat nou van chainsaws, ride-on mowers, allerhande gereedskap en kamp uitrusting. Ek kan die deurtjies oopskop of met 'n plastiek Kentucky Fried Chicken mes oopbreek. Die vensters spoeg 'n mens sommer stukkend. Al die waterpompe staan net so langs die watertenks. Niemand se goed is nog hier om ons gesteel nie.

Baie keer dan kom laai trokke bou materiaal af op hierdie lewelose plotte - die mense mag dalk eers oor 'n paar weke kom - dan staan alles net so - niks raak weg nie. Hier by ons staan alles buite - ons het nog nooit 'n probleem gehad nie - ek sluit my bakkie, want ek's 'n Boer - vroulief is nou 'n Aussie, so sy sluit haar Holden glad nie - nooit nie.

Ek bestel eendag 'n vreeslike duur 'laser leveling apparatus' - die courier ry nie hier innie 'bos' rond nie, so ek organise dat hulle dit by 'n besigheid in die dorp aflewer, Vrydag middag. Ek gaan kyk net so voor die besigheid toemaak - niks nie - ek is lekker suur, want ek het die ding nodig. Ek bel hulle Saterdag middag voor hulle toemaak - neeeee, sê hulle vir my, hulle het dit afgelewer daar in die industriële gebied, maar die besigheids hekke was gesluit. Nou is ek sommer bosvark kwaai - hoe kan hulle iets aflewer as die hekke gesluit is? Easy peasy sê hulle - hulle los dit net voor die hek - ek kraam amper tien stringe papierpoppe. Ek brand daai Toyota bakkie na daai 'wilde industriële gebied' toe, laat Saterdag middag. Wragtag, ai tog so lekka pragtig - daar staan die peperduur pakkie net so voor die hek. Kan jy dit nou glo???

Ek het in 12 jaar my mobile 4 keer verloor - elke keer teruggekry. Alles in die land is seker nie altyd so rooskleurig nie, maar in vergelyking met waar ons vandaan kom is dit Hemel - dit kan net nie beter nie. Ek bly eerder hier met my familie onder 'n bloekomboom hier in Koalaland - jag lekker met my boog, eet elke dag haaspastei en rys - so lekker saam met ons honne en pêrre as wat ek daar in Afrika in 'weelde' leef so lekker agter 'n staalhok mooigemaak met sierstene en 'n panic button.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

My sussie het 'n vriendin wat saam in haar kerk is en die vriendin se toe sommer klip hard in die kerk "Jahhh disss waaaar!" Ek ruk my nek amper af die eerste keer en die twede giggel ek!!

So Maurits op hierdie post van jou wil ek net se: "Jahhh diss waaarr!!"

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...