Jump to content

Mag dalk vier dae te laat wees ...


Nicolaas

Recommended Posts

Hallo almal

Dit is tog lekker om te kan vertel van iets positiefs wat gebeur....wanneer die tonnel so lank en donker vertoon. En jy op die horison soek na n greintjie van hoop vir die dag wat voorle.

Om vir julle almal n beter prentjie te skilder, en jul net so bietjie agtergrond te gee... In die hele proses van besluite neem en van al die reelings wat geneem word daagliks het ek en my vrou n krisis van ons eie beleef. Dit het begin met n droom wat my vrou een nag gehad het. Sowat 8 maande terug droom sy die betrokke nag van n see van vlamme wat van alle kante op ons gesin afstuur. In die droom het ons 4 mekaar se hande gevat en ek het aan elkeen dit duidelik gemaak dat dit net die Here se reddende hand sal wees wat ons sal red. Terwyl die 'tsunami'-golwe van vlamme oor die velde aangedryf was in die droom deur n magtige stormwind en daar geen belofte van redding was nie het ek,my vrou en ons 2 kinders (onderskeidelik 8 en 12) die Here se naam begin aanroep. Terwyl die storm op sy hoogste was en die vlamme-golwe vreesaanjaend op ons afgestorm het, het daar hier en daar druppels reen vanaf nerens tevoorskyn gekom en stadig begin neerval op ons.....in die droom het ons besef dat net n almagtige massa van water hierdie geweldige situasie sou kon red. Ons het meer intens aanhou bid, en die Naam van die Here Jesus oor ons uitgeroep...............en Prys die Here !!! die volgende oomblik het ons ons oe opgehef na die hemel en die reen het op ons uitgesak, en elke vlam is gesmoor. Toe my vrou my wakker maak om aan my die droom te vertel,het ons besef dat dit die Heilige Gees is wat ons wil waarsku...en ons het geweet dat ons sal moet BID..en hier het n nagmerrie van krissise vir ons begin...

Om n lang storie kort te maak....dit is agt maande later....waarin ek en my vrou albei ons werk verloor het, vir die afgelope 7 en n half maande het ons geen versekerde inkomste gehad nie. Ons het nagte omgebid,dae omgehuil, ons vlees beveel om te juig midde in die krisis (wat dalk die moeilikste was) en vasgehou aan die Hoop wat ons in Christus het.... En alhoewel dit Baie,Baie swaar by tye gegaan het,het die Here gedoen wat Hy in Sy Woord beloof het.....dat Hy in ons behoefte sou voorsien na Sy Rykdom in Christus Jesus (Fil 4:19). Die vlamme van omstandighede het telkemale gedreig om ons te oorweldig, maar die Here was nog altyd getrou om Sy Woord tot stand te bring vir ons.

Ek het gister (uit die bloute) n werksaanbod gekry, wat opsigself n wonderwerk was, God het waarlik ons gered uit die dreigende vlammehel... Ons het waarlik ver bo dit gekry wat ons gevra of gehoop het.

Ek wil elkeen bemoedig met die woorde.... Even if it seems to you that He is 4 days late, He is still on time !

En wanneer jy voel dat dinge nie vir jou uitwerk nie, God gee aan ons die begeerte van ons hart...Hy ken jou hart.....en Hy het n plan vir jou lewe.....en Hy se in die Woord: al gaan jy deur water, en al gaan jy deur vuur...Hy sal daar wees vir jou...Hy vat jou deur !!!! HOU JY NET VAS

Baie dankie vir almal wat saam met ons bid. Die bal is aan die rol vir ons Visa-aansoek,en ons is verseker dat die Here in beheer is van ons more. En wat ons ookal vandag moet deurgaan om by more te kom...met ons God loop ons n bende storm, en met ons God spring ons oor n muur.

Baie sterkte aan almal......ons bid vir julle :ilikeit::P

Link to comment
Share on other sites

Sjoe Nicolaas - ek sit met hoendervel jou storie en lees - hoe wonderlik dat God ons altyd waarsku sodat ons WEET ons kan hierdeur ook gaan!!! Prys die Here vir wat Hy in julle lewens doen!!!

Ek bid elke dag vir elkeen op hierdie forum, waar ookal hulle in die proses is! En ek sal aanhou om vir julle ook te bid - ons sal mekaar se hande hoog hou as dit lyk of die oorlog te lank raak!!

Hou moed, en geniet die nuwe seisoen wat aangebreek het. Na die winter is daar altyd weer 'n lente, en ek dink julle staan aan die begin daarvan! Verlustig julle in wat God vir julle doen - ek dink julle is vir Hom baie spesiaal!!

Groetnis,

Edited by Legalbuff
Link to comment
Share on other sites

Hi

Weet jy al waar in oz jy gaan land?

Link to comment
Share on other sites

Net toe ek wil begin moedeloos raak, lees ek jou post. Nou sien ek weer kans vir alles. Dankie.

KD.

Link to comment
Share on other sites

Ek ook. Ek vertel nou net vir Elize soms wil mens begin moedeloos raak, maar ons moet soos jy se bly glo :

Hy weet wat Hy doen.

Dankie vir jou post dit beteken vreeslik baie en mag dit 'n oop pad wees vorentoe.

Groete aniena, heino en kinders

Link to comment
Share on other sites

dit laat die spreekwoord van "Die mens wik maar God beskik" net weer leef.

Ons kan planne maak soos ons wil maar sonder die Liewe Heer gaan niks tot uitvoer kom, as dit nie Sy plan vir ons lewens is nie.

Sterkte vir julle en ons hoop en vertrou ons sien julle sommer vinnig in Aus

Carelene

Link to comment
Share on other sites

Hi

Weet jy al waar in oz jy gaan land?

Die moontlikheid is dat dit in die omgewing van Kattanning gaan wees, in Wes Aus. Waar is julle ?

Link to comment
Share on other sites

Ja, of ons nou spook en spartel of net relax, Hy is in elk geval in beheer van diegene se lewe wat aan Hom oorgegee is, so relax eerder en VERTROU net...alles sal uitwerk en tot jou voordeel ook.

Elize

Link to comment
Share on other sites

  • 2 months later...

Nicolaas

Dankie vir die openhartige brief en dat jy dit met almal deel.

Wat my en my gesin se situasie betref kon ek maar net jou verhaal oorskryf en ons name invul. Ek sit nou al vir amper 14 maande sonder 'n defnitiewe inkomste in my geboorteland. Nou is ons op pad Australie toe. Net toe ons geen uitweg sien nie - toe kom die telefoonoproep en ek het werk, blyplek vir ses maande, medies, pensioen, visa aansoek en vliegtuigkaartjies word betaal. Waneer ons VADER voorsien, dan VOORSIEN HY ORDENTLIK!!!

Sien "Down Under"

Martin

Link to comment
Share on other sites

God lets all things work together for good, to those that love Him and are called according to His purpose!!!!!!!!!!

Link to comment
Share on other sites

So true au3 :holy:

God is good.All the time :ilikeit:

Ursula.

Edited by Allie&Urs
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...