Jump to content

Al My Mal Bure


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ons bly in Stanthorpe - Southeast Queensland - 'n klein dorpie wat hoofsaaklik bestaan agv die Italianers. Mense wat die graniet omgedolwe het en die Aussies gewys het wat die woord Boer beteken.

As 'n mens in ag neem dat 20% van Aussies oorsee gebore is en ook dat ons in die middel van die gopse is - dan moet daar omtrent net Aussies om my bly. Glad nie so nie. Julle moet ook onthou dat die hele area om my bestaan uit 10 tot 20 akker blokke - 'n groot aantreklikheid vir die yuppies vanuit die stad, wat 'n mens ook aanneem oorheersend Aussies sal wees. Nou goed hier kom dit.

Ou Cavalaro bly oorkant my - 'n geharde Italiaanse boer - hy het die grootste stuk grond hier - boer met steenvrugte en 'n paar bees. Hy praat nie veel nie, maar sal altyd help - altyd baie vriendelik, maar meng nie in met enige iets nie.

Die een 10 akker blok langs my behoort aan 'n Aussie wat blykbaar mal geword het - ek het hom nog nooit gesien nie, alhoewel ek solank vir hom 'n gat gegrawe het vir die dag wat hy terug kom. Hy het blykbaar in 'n klein stroois gebly totdat die Council hom verwyder het - was onlangs eers innie tronk - toe in 'n malhuis. Almal dink hy het die blok uit 'drug' money gekoop.

Anderkant langs my was 'n leë blok - nou het 'n weird Aussie paar dit gekoop en 'n blik shed opgesit. Dit is mos wat mense doen - koop 'n stuk grond - sit 'n shed op - bly daarin totdat hulle huis gebou het. Die ou het lang hare, oorringe, tattoos 'n stoute kind en 'n boerbeskuit vroutjie. Hulle jaag die heeldag op motorbikes rond en jy kan sien die laatjie gaan sommer vinnig 'n ducktail uitdraai. Ek is sommer die bliksem in - ek soek rus en vrede nou jaag ou takhaar en ducktail op hulle stupid bikes rond en boerbeskuitjie dra bier aan en val in die vuur nou en dan. Gelukkig bly hulle nog nie daar nie. Ek het die ou gaan sien, nou jaag hy nie meer so baie rond nie. Hulle is altyd baie vriendelik.

Oorkant die pad het 'n weird bejaarde Swiss couple van Brisbane 10 akker gekoop en 'n rooi skuur opgesit. Hulle kom naweke af en ploeter voort - plant allerhande bome wat weer gaan vrek in die winter. Hulle werskaf die heeldag in die skuur - hammer en timmer - ek vermoed hulle maak bondage equipment vir die Switserse flooimark. Hulle meng met niemand nie - altyd vriendelik. Nou en dan jaag ek met my perd daarin en dan gee hulle vir my 'n glas rooiwyn en ek sit sommer so oppie perd en drink.

Langs hulle bly ou John - 'n true blue Aussie - julle sal dink ek praat nonsense as ek van John vertel - julle kan maar kom kyk. John het 25 honde - het met almal in so 'n klein blik shed gebly - totdat die Council hom verplig het om 'n huis te bou. Toe doen ou John 'n 'owners builders' kursus en bou 'n GROOT blikshed wat soos 'n huis lyk - nou het hy net meer honde. John is by sy vorige huurhuis uitgegooi, want die eienaar het daar aangekom en gesien hoe die 25 honde 'n hele kangeroo van die eetkamer tafel af eet. Yep, om die honde te voer, versamel John road kill - 'n mens sien hom soggens vroeg ry met sy trokkie - dan gaan tel hy al die roo's op wat die trokke die vorige aand vrekgery het. Ek sien altyd vir John met sy brush cutter op sy grond - hy het safety goggles aan, hy het sy oorskutte aan - maar geen skoene nie - dan sny hy met daai blade so om sy voete.

'n Mens hoor nooit sy honde nie - hulle loop nooit uit sy grond uit nie. As hy op sy trekker besig is dan lê hulle in so 'n lang ry langs mekaar vir hom en dophou - ek sal eendag pics neem, dan sal julle sien. Ou John gaan elke Vrydagaand pub toe, dan raak hy gesuip - as hy terugkom dan ry hy al die padtekens om - dit goed is gedurig plat. Hy het 'n klomp katte ook - as hulle kleintjies kry, dan hou hy hulle in sy kamer, anders vreet die honde dit op. Partykeer as hy gesuip is, dan vergeet hy om sy deur toe te maak, dan vreet die honde sy katjies op as hy uitgepaas is. Dan kom huil hy by my - snot en trane. Sien, ou John het 'n baie goeie hart - hy help almal waar hy kan.

Ou John het nou 'n job - hy ry Stanthorpe se taxi - so kom ry bietjie taxi - moet net nie mind as ou John vinnig stop en 'n roo agter innie boot gooi vir sy kinners nie.

Langs John bly 'n vriendin van ons - 'n Skotse dame - sy het vir 'n jaar in 'n tent gebly terwyl haar huis gebou word. Sy is baie normaal - baie sterk vrou. Sy het eendag hier by my van 'n perd afgekom - haar armpie hang toe soos 'n afvlerk eendjie s'n. Nee, sê sy vir my - sy moet weer daai perd klim. Sy is sommer wit innie gesig - ek baklei met haar. Nee, sy moet op - sy kannie self nie, want sy't net een arm. Nou hou ek die perd vas en help haar - wragtig, sy klim weer op en ry daai perd stukkend - toe vat ek haar hospitaal toe - arm morsaf.

Sy vat toe 'n ander wilde ding aan - word lelik gegooi - sy's alleen by die huis. Haar lae rug en bekken is gebreek - sy moet toe 40m kruip voordat sy mobile reception kry - sy bel ons - ek weier om haar te skuif - sy is lekker kwaai met my. Die ambulans kom haal haar. 'n Paar weke later grawe sy weer gate en kom ry op my perd - sien julle wat ek met mal bure bedoel??

Langs ons Skotse vriendin, bly 'n mal haas van 'n vrou van Albanië - sy groet niemand nie. Sy loop met 'n kamera rond en neem almal af. Sy bly in 'n ou wynskuur en werk in Tenterfield biblioteek. Sy sny haar hele 10 akker met 'n ou stoot grassnyertjie. Niemand mag op haar grond kom nie - nie Telstra, Ergon offie Council nie. Sy is so suur, haar agterent trek so 'n tuit - 'n lammetjie kan daaraan suie.

Aan die anderkant van ou takhaar en boerbeskuitjie bly ou S & S. Ou S is nog 'n regter Aussie Yobo - hulle het nog 'n muisgevreet laatjie wat net die heeldag in sirkels rondjaag met 'n bike en 'n ou kar. Die heeldag, elke dag - hy hou nooit op nie. Julle het nog nooit so iets gesien nie. Ou S & S nooi ons altyd vir 'n barbie - maar mense het ons gewaarsku - hulle het 20 eende en die goed loop en skuie orals. As jy daar braai dan is jy kniediep in een str@nt en die eende spring blykbaar op jou skoot en oppie tafel en laat parcels orals - so ek skip dit maar.

Ou S & S gaan eenkeer 'n jaar op vakansie, dan bel hy my altyd. Sê altyd vir my, hy kan nie al die hierdie vreemde bliksems met die snaakse name om hom onthou nie - waar is allie Aussies? Hy kan Nicolette se naam onthou wat dit laat hom dit aan die stickers wat hy op sy arm plak om op te hou rook.

Lang S & S bly 'n Tseg en sy vrou - die ou dink hy's 'n wynboer - hy het so 'n kleins stringetjie wingerd en hy maak nou wyn. Gee my eenkeer 'n bottel - ek vat so 'n suig en spoeg dit, dat dit daar trek. Gooi die glas op die gras uit - volgende oggend is daai gras geel - heel gevrek. Nou gebruik ek sy wyn as 'n onkruiddoder.

Hy het ook 'n voëlkannon is sy m@erse wingerd - een van daai goed wat met 'n sensor werk - as dit 'n vliegende gedierte optel, dan skiet die bloody ding. In die begin het ek nie geweet nie - nou ry ek met 'n groen perd so rustig langs sy wingerd af. Ek is aan die drome van Afrika en die perd loop so toe oge. Daai bloody sensor tel my kop as 'n eendvoêl op en daai bloody bazooka gaan af.

Ek dog ek's in kontak en ek wil platval, maar ek kannie, ek's op 'n groen perd. Die perd dink dit is vandag sy einde - ek kyk nog voorkant toe, toe kyk ek skielik agterkant toe en daai perd is volspoed na daai draai toe - die bazooka skiet virrie vale. Ek sien ek gaan daai draai nie maak nie - of ek gaan deur die doringdraad gaan - daar moet ek nou die groen perd omgooi - ons altwee val ons katswink. Ek gaan sien daai Tseg en sê vir hom ek gaan daai bazooka druk waar dit saakmaak - nou praat ons nie meer nie.

Kom kuier hier in Stanthorpe - kom ry in ou John se taxi en maak roadkill bymekaar - neem julle kiekie by ou suurgat en gaan braai by ou S & S. 'n Lekker ou wyntjie by die Tseg en julle kan druiwe trap daar. Wat ' n lekker ou plek.

Link to comment
Share on other sites

Dit was nou 'n lekker leesie die, seker omdat ek weet my bure praat ook lekker van ons. :holy: wonder net wat hulle se.

Ons het so 'n exentric tannie in ons village, sy het oor die 200 katte gehad in Sydney en was op die nuus 'n paar keer, nou het sy net 20 almal gefix. Buurman Dennis verkoop hout, maar hiers die ding hy sny bome op Crown land??? dan daar die antie met die pers karavan, hulle sit net groen heining op...........dis nou ekke. Oh en die boer wat se Brahmanne die hele village vol loop omdat hy nie sy heining regmaak nie, kry hulle een oggend vroeg by die ou kerk gebou.

Link to comment
Share on other sites

Dankie Mauritz,

Jy sit met 'n kop vol stories ne? Goed so....skryf 'n boek, ek sal hom koop. :D

Chester, wat van 'n storie van jou kant af? :holy:

Lekker dag,

KD.

Link to comment
Share on other sites

Ek het ook nou die storie geniet! Klim sommer in die kar en ry daar na julle toe, lykie verrie!

Chester ek dink ons sal maar moet mooi mik vir die naweek kampery, hoe lank ry mens van Brissie tot daar by julle!

Wa se jy KD dis nou 'n lekka klomp bure om te he ne?

Lovies

N

Link to comment
Share on other sites

Ek dink dit is 6 uur van Brissy via Coffs, maar julle is mos Ipswich nie waar nie? Dan kan jy deur Warrick , Stantope, Armidale en oor die berg ry. Ek het nou nie 'n kaart byderhand nie. Ons het laas daai pad gery omdat ons van Bunya Mountain afgekom het. Ons is 6 uur van ons huis af tot by Kempsey. So vir JJ Newcastle so 4 uur. Mooilik om 'n tyd te gee omdat ons so baie stop, Padstallejies vir freerange chook poo, sugarcane mulch, organic goat poo nexttime kry ek sommer die goats ook. Dan vir cherries en vrugte.

Manlief se dit is miskien better julle kom via Coffs, net so 40 km verskil, tyd hang af van padwerke en verkeer.

Edited by chester
Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz.

:huh: My mond hang oop :P Hemel mense @#$% ek is nog nie eers in Aus nie en raak al klaar bang vir die bure :ilikeit:

Eish man en klink my die klomp kan lekker suip hoor. Sal moet kom kyk wat gaan daar by julle aan.

:angry::lol::lol::lol: Skryf nog asb........

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Hi Mauritz.

ek is nog nie eers in Aus nie en raak al klaar bang vir die bure :)

Sheila :whome: , niks om oor te komkommer nie. As julle tussen die lyne lees dat sien julle iets wat baie, baie belangrik is - TOLERANCE. In Suid-Afrika het ons almal in woonbuurte gebly, waar almal min of meer dieselfde was - dit kom van 'n sterk 'push' van ons wonderlike konserwatiewe regeringings af. Dit was nou in die verlede. Mense wat baie armer of anderste was, het gewoonlik hulle eie ding gedoen. Die dat baie Saffers wil weghardloop as hulle takhare met tattoos en dinge sien - karakters wat so anders is.

In Aus is almal en alles deurmekaar - maak nie saak waar jy bly nie. Iets waaraan ek nog steeds sukkel om gewoond te raak is oor hoe verdraagsaam die mense is. Al die mense om my wat ek so kleurvol skilder - werk, net soos enige iemand anders in SA wat julle ken. Die mense het net nie die 'push' gehad om in 'n sekere 'mould' te pas nie. Hulle kon doen wat hulle wou - uitleef wat hulle wil, wees wat hulle wil. Ek is seker as ek vandag kaalgat op my perd spring en deur Stanthorpe ry, dan sal ek net 'n wenkbrou of twee lig.

In SA was daar altyd soortvan 'n kompetisie om in daai 'mould' te wees. Ek geniet die verskeidenheid hier - almal doen dinge op verskillende maniere en kom goed oor die weg en kom iewers uit.

In Suid-Afrika was daar altyd 'n skeiding tussen ons en hulle - dit was altyd belangrik om een van ons te wees en nie een van hulle nie. Hier bly ons en hulle saam en dinge werk altyd uit op 'n manier. So niemand werk vreeslik hard om 'n 'ons' of 'n 'hulle' te wees nie - almal is maar net.

Ek dink dit is hoekom ek so maklik aanpas hier - ek het nooit aan die ONS/HULLE SYNDROME geglo nie, ek het dit nooit verstaan nie.

Wat drink betref - die Aussies drink nie soos die Suid-Afrikaners nie, glo my. Niemand drink soos die Suid-Afrikaners nie.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

More more Aussies,

Chester, ek dink die trippie opsigself gaan 'n fees wees. Met my man bring ons dalk sommer vir julle die goat!! Sien sy ouma was 'n Mc Donnald!!

Ons bly nog nie in Ipswich nie bly nog naby Brisbane Lughawe maar het 'n Unit gekoop in Ipswich (Brassal) wat nog gebou moet word. Dis nou nog 'n ding die ou se dit sal klaar wees in Mei 08, ek dink hy rook sy sokkies want hulle is nog nie eers met phase 2 klaar nie, en ons unit is in phase 3!

Elkgeval, hoop julle gaan 'n lekker Aussie dag he soos ons.

Lovies

N

NS: Sheilaghtjie die ouens weet hoe om te dop!!

Link to comment
Share on other sites

In Aus is almal en alles deurmekaar - maak nie saak waar jy bly nie. Iets waaraan ek nog steeds sukkel om gewoond te raak is oor hoe verdraagsaam die mense is. In SA was daar altyd soortvan 'n kompetisie om in daai 'mould' te wees. In Suid-Afrika was daar altyd 'n skeiding tussen ons en hulle - dit was altyd belangrik om een van ons te wees en nie een van hulle nie. Hier bly ons en hulle saam en dinge werk altyd uit op 'n manier.

So niemand werk vreeslik hard om 'n 'ons' of 'n 'hulle' te wees nie - almal is maar net.

Ek dink dit is hoekom ek so maklik aanpas hier - ek het nooit aan die ONS/HULLE SYNDROME geglo nie, ek het dit nooit verstaan nie.

Ek dink dit sal darem maar lekker wees om van die stywe nekke en dun lippe ontslae te raak!!! :blink::P

Ek sien uit!!!! B)

Link to comment
Share on other sites

JJ,

Hulle's ook hier die stywe nekke en die dun lippe!! Hulle kry ook visas!!

Sorrie!!

Link to comment
Share on other sites

JJ,

Hulle's ook hier die stywe nekke en die dun lippe!! Hulle kry ook visas!!

Sorrie!!

Oooops Nilo!! This one's going to land you in hot water!!!

SAS

Link to comment
Share on other sites

Die stywe-nek mense sien nie graag ander raak nie, maak of iets aan die teenoorgestelde kant as jy die aandag nodig het

Loop jy soontoe en groet, dan kom die smile wat met staplers of ore in beheer gehou kan word met die flou verskoning dat hulle jou nie gesien het nie, of dat hulle jou nie hier verwag het nie...

Hulle moet sommer net van die aardbol af verdwyn

Die dun lippies - wees versigtig - baie versigtig...

Die woorde wat daar uitkom sny jou in stukkies as hulle de bliksem in word.

So op die onderwerp - wil net iets met julle deel -

Laat een bliksem weer vir my sê ek is vet!

Ons almal raak swaarder soos ons ouer raak, want daar is

al hoe meer en meer inligting wat ons inneem.

DIT WIL SE: Ek is nie vet nie . Ek is net flippen intelligent,

al die inligting het net afgesak na die res van my liggaam,

omdat my kop nie alles kon inhou nie.

Dit is my storie en ek bly daarby!

Link to comment
Share on other sites

Ja die stywe nekke en die dun lippe het met so een gewerk maar sy was 'n local. Gelukkig nog nie van my landgenote ontmoet wat 'n bietjie styf in die kraag is nie. Het hulle nie geken in RSA nie en sal hulle ook nie ken in Oz nie

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

:ilikeit: Die twee manne in my lewe is nou baie die hel in, want ek sit so en giggel hulle kan nie hulle fliek kyk nie :ilikeit:

Dis lekker om die tyd te he om op te vang op al die leeswerk! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...