Jump to content

Maandag Aand in Aus


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Dit is blou Maandag - Kersfees ommie draai. Ek sit op my stukkie grond - stoksiel alleen. Dit is hoe dinge partykeer werk hier in die wonderlike Land van Oz.

Hier is mos nie helpende handjies nie - so doen 'n mens maar alles self - dit is mos hoe dit veronderstel is om te wees. Dit is daai tyd van die jaar - alles gaan einde se kant toe - die druk is innie skole, in allie besighede en sommer oral.

Ek is so besig in my landscaping besigheid - ek kan nie wegkom nie. Ek gaan seker eers iewers in Februarie 'n breek kry. Hopelik kan ek Kersdag en Nuwejaar afvat. Ek skryf die omdat ek sekere dinge wil duidelik maak. Mense dink partykeer dit is mal om so te werk, maar dit is maar hoe dinge partykeer hier werk. Dit is 'n goeie tyd om op vakansie te gaan. Al die stoutgat kinners is nog op skool en al die lekker vakansie plekke oppie kus is nog rustig. Baie Aussies haal hulle kinners uit die skool uit die tyd van die jaar en daar gaan hulle - 'n rustige lekker vakansie by die see. Ons het nooit daaraan geglo nie, maar nou ja - jy doen maar wat die Aussies doen. Vroulief en die 3 Simpsons is weg kus toe. Ek kan nie gaan nie - te besig. Hulle eet lekka lang draai roomyse en ek ploeter voort - sukkel met ou Groffies byvoorbeeld.

Baie keer is dit nie net die werk nie. Mense wat groot grond en baie diere het, moet maar beurte maak om weg te gaan. My grond is nie groot nie, maar hier is hoenners, 6 perde en 5 honde. Ek kan vir iemand vra om hulle kos te gee, maar ek kan nie iemand kry om my werk te doen nie. Ek ken baie Aussies wat so stuk, stuk gaan vakansie hou. Ek dink nie dit is heeltemal die regte ding nie, maar nou ja. Hopelik kan ons vir 'n week gaan kamp hier om Nuwe Jaar.

Die skole hier is rustig wat die dinge betref - ons sorg net dat ons kinners bietjie voor is voor hulle weggaan op vakansie. Sien, alles is moontlik hier in die land van Oz.

Nou sit ek hier voor die blikbrein, met 'n glas Aussie Chardonnay (deur 'n Suid-Afrikaner gemaak). Vanaand los ek al die deure oop, dit is lekker warm. Ou Shimba en Polly slaap innie huis en die ander harige gediertes innie 'feed shed'. Al my gereedskap staan so oop buite - die huis staan oop. Hier gaan nie eers 'n kar verby nie - hier loop nooit iemand verby nie. Alles is rustig - dood rustig - partykeer te rustig.

Die vraag aan almal van julle daar in SA en almal hier wat nog wik en weeg: Hoe sal julle slaap as die familie stoksiel alleen so ver ry en gaan vakansie hou daar in SA??? Ek slaap vanaand soos 'n klip - dinge kan orals gebeur, maar die plek is rustig man - so rustig. Ek worry nie oor veiligheid nie - ek worry nie oor my kindertjies nie - hulle is seker vol sand en soutwater vanaand en lekker moeg - hardloop seker kaalgat oppie strande rond sonder 'n worry in die wêreld. Is dit soos julle grootgeword het?? Dit is soos ek grootgeword het - dit is wat ek vir my kinders wil hê - dit is hoekom ek hier in die land is. Dit is hoekom ek werk en hulle op vakansie is. Dit is hoekom ek vir almal in die wye wêreld skryf, want dit is soos die wêreld moet wees.

Al die goed is lekka diep nê. Dit is omdat ek lekka gesuip is - ek suig lekka aan die Chardonnay. Môre is nog 'n dag.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Jysie aleen nie man ons is mos hier saam jou!! En jy lieg jou blissem jysie gesuipie!!!

Sodra JJ kom gaan die lotte van ons kamp so hou maar uit tot so Maart April volgende jaar!!!

Groete

N

Link to comment
Share on other sites

Julle kan maar daar kom kamp bly ons, dit is so halfpad vir almal. of bly die cabin kom bly. Jy kan die kort pad vat deur die berge moet net nie 'n sleepwa trek nie Die pad is maar nou, as daar 'n ander voertuig kom van voor dan moet een agteruit en soek vir 'n plekkie om verby te skuur. Maar dit is die mooiste uitsig as jy net kan kyk. :(:):( of berge +- 90km of 350km ompad deur Coffs. Ek praat nou van die New England Highway se kant. Genoeg plek om die perde se bene te strek. My LS & Familie het belowe om oor paastyd te kom kuier.

Edited by chester
Link to comment
Share on other sites

Chester,

Weet jy wat jy jouself voor inlaat? Nie dat ons rof is nie! Ek dink net daai naweek gaan baie gesels en gebraai en leer ken word.

Maar ons voel al klaar soos familie anyway!

Sien julle volgende jaar!

N

Link to comment
Share on other sites

Dis geen problem vir ons nie, almal welkom :(

Wonder net wie almal wil kom? Jan Stoof is net 'n bietjie ver :)

Link to comment
Share on other sites

Dis geen problem vir ons nie, almal welkom :(

Wonder net wie almal wil kom? Jan Stoof is net 'n bietjie ver :)

:( Lyk my julle het vergeet van my... :(

Link to comment
Share on other sites

KD ons sal nooit van jou kan vergeet nie, net gedink dit is 'n bietjie ver. :( Ons koop sommer vir jou 'n vlieg kaartjie Port Maquarie toe en gaan haal jou daar :)

Link to comment
Share on other sites

Kan ek julle gou iets vertel? Ek was op pad om te gaan bad maar wou eers gou iets eet. Ek lees soms so lekker aan julle posts dat ek skoon vergeet om te eet. Dan is ek teen 10 gewoonlik so honger dat ek enige iets wat voorkom in my mond stop.

In die kombuis sien ek die sif deur staan wawyd oop en hier is dit 'n ding wat moet toe bly vir die vliee en gogs.

Toe is dit so..een groot lui vlieg draai daar rond...lui lekker vlieg hy en doen aerobics in MY kombuis!

Die vlieespuit staan op die kas en wag vir hom en ek gryp dit en spuit met genot die swart robbies papnat.

Maar dit doen hom niks nie, hy vlieg net bietjie stadiger en verdwyn in die sitkamer in. Ek hardloop agterna met die spuitkannetjie en sppssst soos 'n vrou met 'n missie.

Ek het skaars twee tree gegee toe gly my voete onder my uit en ek slaat neer dat jy net sien slippers, bril en vlieespuit trek. Terwyl ek op die vloer le en soek na my bril, le die kannetjie voor my op die grond en ek tel dit op. Bysiende bring ek ding na my oe toe om beter te kan sien en....

dis nie verdomde vlieespuit nie, dis die spray and cook!!

Presies waarteen ek my mense gewaarsku het, het nou met my gebeur....ek se nogal vir hulle om op te pas, die twee kannetjies lyk presies dieselfde. Altwee is geel met swart letters op, die een bere ek in die koskas en die ander in die skoonmaakgoed kas. Die spray and cook het ek gisteraand gebruik en nie weer gebere nie.

En dis waarin ek nou le...olie....alles is vol olie. Die mure, die kaste, die stoof, die vlieg en ek ook. Die vloer ook, hoe de hel gaan ek opstaan sonder dat my voete weer onder my uitgly?

Toe rol ek maar tot op die mat en staan daar op.

En dis net waar ek vir myself begin lag....hoe moes dit net nie gelyk het nie? 'n 52 Jarige ou vrou wat rondrol op die vloer met spray and cook in haar hand. En ek wonder net wat sou gebeur het as ek dan die vlieespuit gisteraand sou gebruik het vir die aandete instede van die spray and cook? Hoe de ongeluk maak hulle die twee goed so dieselfde lyk?

My lag het vinnig opgedroog toe ek die gemors sien...waar is die Easy of Bang en die chux?

Sorry Mauritz, ek wil regtig nie jou thread steel nie, ek wou net gou die storietjie met julle deel.

Terug na jou.....en die Maandag aand blues. Cheer op en bly nugter, hoor.

Groete,

KD.

Link to comment
Share on other sites

Ag KD jy moet 'n bietjie versiggig wees, net nou breek jy 'n heep of iets. Wonder wat is erger olie of eiers wat op die vloer geval het?

Link to comment
Share on other sites

Hemel hoe lekker lag ek nou!! Ek kan die hele affere voor my sien afspeel!!

Kkoop maar liewer 'n anner brand my vriendin! Hoop jy's ok!

Link to comment
Share on other sites

KD, ek moet jouoor die vingers tik met diè een!! :)

Nee, nie oor die vlieëspuit en Spray & Cook nie, maar oor jou 52 jarige OU??? vrou opmerking!!!

Jy sal sien hoe jonk is ons as ons almal saam gaan kamp!!! :D

Enige iemand met video toerusting wat die kans wil waag??? :lol:

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle

Jong ek het die video toerusting en sal julle baie baie graag wil join. Maar ek is nog in SA en wanneer is die uitkamp????

Mauritz jy moet stadig met daai wyn hoor, moenie dink oor jy so gelukkig is om nie die deure hoef te sluit nie, sommer net so voor die PC te kan uitpass nie hoor.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

NS Nilo ek wil ook saam lekker vet pret in die bos.

Link to comment
Share on other sites

Om eers te begin by Mauritz se storie - was gou vir 'n heen en weer in RSA - terug by die ons huis in OZ en baie bly om hier te wees !! Ken nou rerig die verskil van FREEDOM - dis lekker ! Ons wag vir julle Sheila2Oz - en dan om te eindig met die kuir trippe - dit klink na vet pret. 'n Vrou by die werk het so country show op hulle plot gereel maande vooruit. Almal het opgedaag met hulle caravans, musiek is gemaak groot vure ens. Dalk so trippie beplan daarna julle toe. Mauritz check met jou vrou - sy gaan heel veras wees as al die vreemde mense by haar deur klop.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...