Jump to content

Die harde pad in Aus


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ons travel nog steeds so deur Aus - in ons Yellow Submarine, met ons gevaarlike Rhodesian Ridgeback - Hintza.

Ek het mos voorheen verduidelik dat die adrenalien my nie kan los nie - elke aand voor ons kamp opslaan hardloop ek draaie met Hintza en soek die spore van daai hayenas met die AK47's - dit is maar soos ek grootgeword het. Die feit dat ek nou in 'n nuwe land is vir 'n paar maande, maak geen verskil nie - 'n Boer vat mos nie 'n kans nie.

As 'n mens so deur Aus toer - dan ontmoet 'n mens mense - goeie mense. Al hierdie 'Grey Nomads' met hulle karavane en Prado's - die met die bootjie oppie dak, wat so lekker blenk en die bicycles agter oppie karavaan vasgemaak. Hulle gee dan vir jou al die lekker plekke om oor te bly - dit is nou die plekke waar 'n mens verniet kan bly. As julle wil toer deur Aus - daar is sulke boekies beskikbaar by van die 'Tourist' plekke - dit gee kaarte van al hierdie geheimsinnig plekke. Daar is partykeer toilets en water, partykeer niks nie. Ons hoor van die plek daar bo in Nanutarra - ons soek die plek. Ons is vol van daai bebaarde kabeljoue in onse vrieskassie - tyd om bos te gaan vir 'n tyd.

Ons kom daar by Nanutarra aan - ongelooflik - daar is 'n toilet blok, geen drinkwater nie, maar 'n rivier vol water. Eintlik 'n droë rivierloop, maar daar is sulke mooi poele water orals. Daar is 'n hele paar mense wat daar oornag en sommer kamp vir dae. Daar is karavane met die ''Grey Nomads', sulke klein sedan karretjies met verliefde couples - gewoonlik 'n tent oppie dat of 'n kano - die liefde loop dik. Dan ook hierdie loners met hulle 4X4's wat so allen travel - gesout en gehard. Dan die oorsese klomp backbackers - 'n hele mengelmoes - 'n lekka ou klomp.

Ons kry 'n lekka ou boom 'n entjie weg van almal - ons maak kamp en Hintza snuffel rond. Ek gee nie om of daar nou 'n hele army is nie - ek gaan hardloop my draai met Hintza - ek soek tekens van onrus daar innie bos. Ons hardloop so lekker daar deur die bos en my oog vang iets daar onder 'n boom. Wragtag - 'n nie so oud vuurtjie - so 'n kleintjie en daar is sulke pienk vere wat daar rondlê. Ek het dit baie daar oppie grens gesien. Daai terrs wat sommer 'n geveerde vriend so vinnig eet op so 'n klein vuurtjie. Nou pomp my adrenalien pomp - ek het ta opgespoor en nou is dit net aksie. Ek skreeu oor my skouer virrie seiner om die tjoppers in te bring. Daar is niemand wat hoor nie, net ou Hintza - die ou brak is nog jonk en hy maak maar asof hy verstaan - hy sien hier kom 'n ding. Hy gryp sommer so 'n jong bloekom boompie en baklei en knor met daai boom. Die ou hondjie het nou al ver gehardloop en ek dink so by myself. Volgens daai vuurtjie en die spore sal ek 'n dag moet hardloop - daai hond gaat dit nie maak nie.

Nou is ek sommer down - ek skop die grond so. Ek is nou in Aus man - hier is geen terrs nie - seker maar net 'n jackaroo wat 'n snack wou hê. Ten minste sal vroulief nou sien dat ek reg was - ek wil nie hê sy moet hier in die middel van nêrens gaan hardloop en daar deur 'terrs' op perde gevang word wat pienk papagaaie vreet nie. Ek stap sommer terug.

Ek loop so en dink - die adrenalien is nog daar. Ek sien 'n groot spoor - buffel dink ek - ek kyk op en soek daai bosluisvoêls - hulle vlieg mos so op en af van die buffels se rug af. Weereens die realiteit - ek is in Aus - seker 'n koala met boots aan. Ek kyk weer mooi en volg die spoor - ek kry die mis - net 'n lelike ou bul man - agge nee. Ek is nou lekker depro.

Ek kom terug by die kamp - ek vertel vir vroulief van die klomp oppie perde wat pienk papegaaie vir snacks vreet - sy moet oppas. Ek vertel vir haar van die bul - sy moet maar nie daar hardloop nie.

Volgende dag kom vroulief, rooi in die gevreetjie, met Hintza by die kamp aan. Haar hardloop broekie is in flarde. Ek kyk haar so - ek weet sy het of die papagaai vretende ruiters offie bul raakgeloop. Sy's kwaai jong - asof dit nou my skuld is. Sy en Hintza het so lekka innie bos gehardloop, toe hoor sy die gesnork - daai bul is opsoek na 'n girlfriend en as jy 'n besem 'n rok aantrek, dan is dit ook OK. Sy en ou Hintza hardloop toe vir daai draad en maak dit blykbaar net-net.

Die volgende dag stap ek, vroulief en Hintza. In die middel van nêrens voel ek die grond beweeg - ons staan doodstil agter 'n bos - daar kom die ruiters aan - Aboriginal jackaroos - hulle jaag 'n trop perde aan. Ek stap agter die bos uit - hulle groet vriendelik en daar gaat hulle - 'n mooi gesig.

So 'n entjie verder, kry ons 'n ou Aussie oom - hy loop met so 'n stok innie hand. Ons gesels so 'n bietjie oor dit en dat. Hy kyk vroulief so op en af en sê vir haar: " A woman like you shouldn't shave your legs" - net so. Ek kyk vir vroulief en sy loer vir my - met daai kyk wat sê - maak jy nou net jou groot bek oop. Ek wou vir daai Aussie oupa sê: "An old man like you should stop taking Viagra with cornflakes" - ek hou maar my bek. Kan jy dit nou glo - innie middel van nêrens - 'n kêns ou man met 'n testosteroon probleem - foei tog.

Ons bly sommer 'n tyd daar - te lekka - snags eet ons bebaarde kabeljou - bedags swem ons kaalgat innie poele. As julle deur Wes Australië gaan - gaan kuier by Nanutarra - 'n lekka ou plek.

'n Kaart van Nanutaraa: http://maps.google.com.au/maps?ie=UTF8&z=5...,45.834961&om=1

Link to comment
Share on other sites

Tarzan ? - Hey dankie vir die storie - dit moet lekker wees om so te kan travel maar ons beurt kom. Ons kuier nog net by die naby dorpies. Ons het 'n doelwit - daai lekker groot Harley .....

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...