Jump to content

Nog 'n dag Down Under


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek het nog steeds nie die draad vir die growwe Aussie antie getrek nie – wat ‘n palawa, ek moes maar na my instinkte ‘geluister’ het.

Sien, ek kom die dag daar aan met al die star pickets en dinge – reg om sommer gou die $300 wat sy my cash gegee het, op te maak. Ek wil hierdie 'heining' nou klaar kry - ek wil uit. Nee, sê sy vir my – sy het van plan verander. Die draad moet nou nie meer om die watergat gespan word nie, maar al die pad van haar hek af so skuins langs die watergat af. Sy wil ook die star pickets net ‘n meter uitmekaar hê. Sien, my nekhare staan sommer nou regop – ek weet hier kom ‘n ding. Ek loer haar so – dit is 8am en sy is klaar lekker gewyn.

Ek probeer mooi verduidelik, soos ‘n mens aan ‘n ADHD kindjie verduidelik. "‘n Mens plant nie star pickets so naby mekaar nie. As ‘n mens die draad so lank wil hê, dan moet ‘n mens hoekpale insit, ander trek ‘n mens nie so lekker draad nie."

Sy strip sommer haar m@er en val heeltemal uit die kameeldoring mik uit. Van daai suur mense oppie forum gaan nou weer op en af spring, maar ek gaan niks terughou nie. Dit is ‘n ondervinding man – as ‘n mens met so ‘n lewer, so vroeg in die oggend se kop nou heeltemal clutch. Sien sy gaan nou so af: “Whyyyyyyy musht you have f@cking corner postsh everywhere – I don’t want the f@cking thingsh here. All these bloody yuppiesh want straiiiiight f@cking fencesH. I want a noooormal fensh – I WANT the f@cking star picketsh HERE and HERE and HERE.” Let wel – EK HET DIT BAIE GESENSOR – die woorde wat uit daai babalas gifbek gekom het, is van ‘n ander wêreld.

Nou staan ek maar so en loer haar – sy loer my nou, VB innie hand en sy suie woes, haar jeans vol cement, slaap in haar oge. Ek sê vir haar, ek het nog star pickets nodig vir die gedoente – ek gaan nou. Nou bly ek sommer weg, ek is nie lus vir nog so ‘n beker gif nie. Elke dag ry ek verby die plek – die Growwe Antie en haar Blou Shed met haar vet uitpeul oë pugs.

Ek besluit een Sondag oggend vroeg – ek gaan nou sommer donker begin – al daai starpickets inslaan – dan is ek klaar – as ek haar nou van die $300 moet teruggee, dan doen ek dit. Sien, ek reken sy sal nou lekker slaap – dan kan ek nou daai gifbek mis. Ek sluip daar in en toe ek daai star picket thumper optel vir die eerste hou, toe hoor ek daai blikdeur oopgaan – ek is sommer die m@er in so op ‘n Sondag oggend. Sien die Aussies is nie soos die SA’s Sondae nie – hulle begin sommer gras sny so vroeg in die oggend of start daai 4-stroke brush cutter so onder jou venster. Daai handige tuiniers is hier nie – as as die man wil vleisbraai, dan moet hy vroeg die tuin regruk vir vroulief, anners is daar perde.

Die antie is sommer baie vriendelik – lyk my sy drink net deur die week – naweke is sy perdfris. Nee, sê sy – sy het weer haar plan verander – nou is my bloeddruk sommer net onder Mars. My gesig trek nou soos een van daai vet Pugs van haar en ek frons soos ‘n skewe boerbeskuit. Nou kan ek nie meer nie – ek het genoeg. Sy wil nou twee star pickets laag ingeslaan hê, dan een hoog, dan weer twee laag. Ek loer haar so – dalk is sy af van die drank af, maar oppie Ecstasy pille offie boompyp. Waar het jy nou van so iets gehoor. Sy wil nou weer draad hê en dit gelig van die grond af, want dan kan sy die whipper snipper daar indruk. Ek is nou suur man – my hele Sondag oggend nou daarmee heen. Ek klim sommer in my bakkie en daar gaat ek.

Nou die aand kry ek ‘n boodskap oppie masjien – “If you don’t come and finish my fence, then I’ll get someone else”. Grootste plesier, ou dier – ek stel nie meer belank in jou LSD fence nie – uitgedink op boom en beplan met dooswyn. Kry iemand anders.

Een oggend sit ek die geld wat oor is (ek is vrygewig, eintlik skuld sy my ‘n miljoen vir al die nonsense wat ek moet opvreet) in ‘n koevert en ek jaag na haar plek toe. As sy nou weer gif spoeg dan gaan daai koevert net een plek toe – ek het nou genoeg gehad. Ek wals na daai blik deur toe – voor ek kan klop, word die ding oopgeruk. Daar staan ou Groffies asof sy my verwag – baie, baie vriendelik. Sy kyk so na die koevert, “what is that?”. Ek sê, ek het nou genoeg gehad – dit is haar geld, ek gaan nie meer haar heining doen nie. Sy verander elke keer haar planne en sy mors my tyd. Nee, sê sy vir my: “I’m a woman and I’m allowed to do just that”. Kan jy dit nou glo – die vermetelheid. Ek steek my hand met die koevert uit – sy kyk nie eers daarna nie – sy stap reg verby my, “I’ve changed my plans again”. Nou is dinge te erg man – ek is rooi om die kiewe en ek wil die antie nou vermoor.

Sy stap aan – ek galop agterna met die koevert innie hand, soos iemand wat werk soek. Sy wil nou wegdoen met al die draad – net die star pickets daar hou, want sy kan nou blykbaar met haar ride-on mower so deur hulle vleg en die gras kort hou. Die star pickets is nou naby genoeg sodat ‘n kar nie daar kan deur nie. Wat van kinders, dink ek nou – wat nou as hulle in die seekoeigat val??

Ek het nou besluit, dit is dit – ek gaan nou Sondag weer terug – dan level ek al daai star pickets – dit is dit – ek gaan NOOIT weer terug na daai Antie toe nie. Sy kan my ‘n trop slagskape gee, ek gee nie om nie.

Die vraag is nou – gaan sy Sondag weer haar plan verander?? Ek is seker daarvan – dan gooi ek haar en die pugs in daai seekoeigat – genoeg is genoeg.

Link to comment
Share on other sites

Hi M,

Jy het guts, hoor! Om hier te skryf en om terug te gaan na daai antie toe!

Welkom...

KD.

PS. Hoekom so vroeg wakker? Inni bed gepiepie? :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hallo Mauritz,

Dankie, my ontrekking simptome is nou redelik onder beheer. :ilikeit:

Sal binnekort weer 'n dosis van jou moet kry.

Groetnis,

Milo

Link to comment
Share on other sites

Ha ha. Welkom terug. Lyk my jou inbox is vol. Het jy my antwoord gekry?

Looi die ou vtou (ek bedoel mettie kop) Stel 'n verskuifbare draad soos "Bonnox" vir haar voor. Sy kan dan altyd haar mind change en jy is ontslae van haar. Dan vat jy dalk sommer meer pitte ook.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz!!

Jy's terug, jys wragtig HEELTEMAL terug!!

Dit is tog te lekker om weer jou stories te lees!!

Dankie man!!

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz,

voer daai Pugs vir die groot brak van jou, :ilikeit: welkom terug :P

Link to comment
Share on other sites

Dankie Mauritz,

Ons het laa-ank gewag vir die vervolg episode van die ou tannie- dit was die moeite werd!!!

Hoop jy het vandag oorleef (Sondag)

En welkom terug! :D

Link to comment
Share on other sites

Mauritz laat weet wat die sondag gebeur het asb ! het jy dit oorweeg om 'n xxxx saam te vat vir jou - dit help dalk ?

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...