Jump to content
  • 0

Journals??


JayJay

Question

Die opskrif sê dit gewoonlik als - nie op hierdie forum nie.

Ek sluit my maar net aan by verskeie mense... :(

Ek is seker maar ignorant of so-iets, want sien, ek weet nie waaroor al die bohaai eintlik gaan op die forum oor die Journals nie. Jan Stoof het my getrigger en toe verwittig ek myself eers oor die issue, lees toe die thread van Springbok, Kanniedood, Hendie en andere. In ‘n way maak dit sin, van al die kante af, maar aan die verkeerde kant, die resultaat is onomwonde verkeerd – niemand skryf meer nie!!!

Myself het ook al ‘n ou in die bek geruk hier, en diè het nou verdwyn, soos Mauritz wat sy lewens ervaringe met ons gedeel het. Ek het ook nie die hele storie gelees nie, maar hy is toe ook in die bek geruk, soveel so, dat hy maar die pad gevat het.

Al die mense wat op die forum aangeteken is, het belang, of stel belang, anders sal hulle soos iemand tereg opgemerk het, by ‘n ander forum gaan belang vind het. Mense soos Maurits het by die forum aangesluit omdat hy ook belang het by die forum. Ek het hom al ‘n paar keer gePM, want die man is al 12 jaar in Oz, het baie antwoorde gekry, nie net deur die PMs nie, maar veral deur sy stories oor Oz. Vir ons in SA (veral mense soos ek wat nie eers op ‘n LSD was nie), is dit nogal insiggewend. Hoe tree die mense op, wat is hulle gewoontes, wat doen hulle naweke? Dit klink stupid, maar in Engeland gaan die mense werk toe, pub toe, huis toe. Week vir week.

Deur die stories, kom mens agter die globale opset - tussen die lyne deur. Chester het gevra vir ‘n braai - Mauritz bou, onder andere - wat doen Chester met ‘n braai? - hulle het ‘n plasie, 200 km van hulle huis af en hulle ry elke 2de naweek om te gaan bou en boer. Maurits sê al sy toerusting van duisende dollars hang onder net ‘n dak, niemand steel dit nie!!! Hoe wonderlik. Die Ozzies draf nie, as jy iemand oppad kry, is dit moontlik ‘n Saffer…

Dieselfde met Kanniedood en Jan Stoof. Dis lekker om nonsense ook te lees, waar Jan van sy daaglikse wedervaringe vertel, om te lees hoe mense soos Kanniedood verlang en hoe die prioriteite verander met tyd, hoe veilig dit is, hoe die mense party hou. Ek kan aangaan en aangaan.

Ons lewe word verryk deur hulle ondervindinge. Elke storie het ‘n lied, ‘n traan, ‘n frons, ‘n glimlag, 'n les -en daarna, is jy iets ryker. :holy:

Die lewe is nie net wit-of-swart nie!!

Is ek reg??

'n Ander opsie is om weg te doen net Journals en dit vervang met drie forums:

1) "Life experiences of Saffers already in Auz" :ilikeit:

2) "Immigration related experiences of Aus wannebees in SA" en

3) "Str*nt" (chit-chat?) :P

Ek moet dit net noem - daar word gekla oor spasie - gebruik die geslote Ladies' Lounge forum nie spasie nie? Niemand sal weet nie nè. :ph34r:

Link to comment
Share on other sites

8 answers to this question

Recommended Posts

  • 0

So 'n bek moet jam kry. Ek lig 'n glasie water op jou want ek het nie KWV nie en die gout vreet my op as ek die rooies aanvat.

Glimlaggende groete. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hallo JayJay,

Ja, ne.

Wat kan ek se? Daar is soveel stories wat brand om uit te kom vir mense soos jy, maar......

Nou lees ek maar net wat se die ander en lewer nie meer 'n bydrae nie.

Die lewe bly 'n lied en ek sing hom nog steeds, net op 'n ander plek.

Hoera vir mense soos jy!

Al my goeie wense aan almal wat journals gelees het...en aan die ander ook.

Kannidood. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Ek stem saam met JaJay

Ek het Mauritz se stories vreeslik baie geniet. Dit is waar - mens lees soms tussen die lyne en kry die wonderlikste inligting (oor Oz) op die manier (selfs al gaan die posts nie spesifiek oor emigrasie nie). Dis net jammer die hosts het dit nie besef nie. Kan hulle nie maar net om verskoning vra en vra dat die mense weereens hulle lewenservaringe met ons deel nie? Ek is nie 'n IT expert nie, maar ek kan regtig nie glo dat posts (wat slegs "text" is) so baie spasie opvreet nie!

Jimmy

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Jammer on te se maar ek dink 'n onverskooning van die "Gods" sal nie kom nie. Maar ons staan almal agter KD, sal maar sien of hulle mans genoeg gaan wees. groete en lekker naweek vir almal. :ilikeit:

Edited by chester
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Can I also add my vote for stories - I loved reading them, without them the forum has lost a bit of heart.

Facts are great but without stories all we know about people are their member names, not who they are, what makes them tick.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Why the big problem, why not just post in chit chat, after all, whilst it is being viewed your stories will stay there.....no problem!

Come on guys, this whole story with 'journals' is now 'holrug gery', please get over it and carry on with life!

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Why the fuss?

Because only members can read chit-chat. Anybody can read Journals.

Chit chat is where you talk about everyday nonsense - "small talk".

Writing a life story / experience and opening up yourself for all to see in the middle of people busy with small talk just does not seem appropriate. Don't you think?

Jimmy

Link to comment
Share on other sites

  • 0

I agree... sometimes the only reason I visit the forum is to read the life stories/experience of other ppl...

I also vote for a

"1) "Life experiences of Saffers already in Auz

2) "Immigration related experiences of Aus wannebees in SA

3) "Str*nt" " page

jongman

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Answer this question...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...