Jump to content

457 Visa Evidencing


JayJay

Recommended Posts

Het vanoggend pos gekry van my agent af - ons visas is goedgekeur!!!! :ilikeit:

Geen skok vir my nie - ek het dit tog al gister geweet - ek is mos pro-aktief sien!! :whome: Gister op die website agter gekom tydens een van my replys vir Mands oor die X-rays. Dit was groot - sorry Mands, ek het toe lyk dit my sommer die thread gehighjack. Maar highjack is mos alledaags hier by ons.

Vanoggend was dit my eerste plig was om die visas in ons paspoorte te kry - eezy peezy, want die Ozzies is mos op die bol!!! :lol:

Eerstens haat ek verkeer, veral in Jo'burg - die taxis jy sien. So ek opt toe maar vir Pretoria, en nie met my bakkie nie, met die bike. Dit het 'n ingeboude aircon en verkeer pla jou nie, net die nuwe Suid Afrika p**pol met sy 2.4 A6 Audi wat my nie op die highway wou laat verby gaan nie, want hy is mos 'n Meneer, ry 'n nuwe kar, in die regterkanste baan, op die witlyn, en kyk jou k*k uit!! Bliksem! Dis hoekom daar road rage is!!! B)

Kom by die High Commision in Pta aan, nogal op die GPS by die huis gekyk voor die tyd waar's dit, want ek het laaank terug is Pta gebly. Trek eers uit, want 'n ou ry nie bike sonder sy baadje nie, en bliksem, dis warm, nog met 'n fullface helmet ook. By die hek verneem ek dat die visas nie meer dar gedoen word nie, maar by Arcadia straat. Fine, ek het mos hier gebly, ek weet waar's Arcadia. :huh: Ek trek weer aan, helmet op, daar gaat ek. Arcadia toe. By die Madelein hotel stop ek, iets is nie reg nie. Check - dis Arcadia straat in Hatfield. Die plek van die studente. Ry by Sterland verby, om die blok, terug in Park straat. Die robotte maak my klaar. Almal hang by hulle karre en bakkies se vensters uit met kortmou hemde, moulose t-shirt en sexy bloesies. Ek sien die girls skaars raak, want ek sweet. Ander sit met aircons en toe vensters en check die poepol uit wat in 'n snikhete Pta mouterbike ry. Ry - stop - ry - stop. Die son brand van bo af. My bike se fan gaan aan. Nou kook my bene ook. Kruis en dwars deur Hatfield. Hulle moet die blisem wat die strate uitgelê het fire. Ek stop by Tiger Wheels. "Meneer, Arcadia is in die stad" Dit weet ek ook - ek soek dit in HATFIELD. Vra die afleweringsboy "Djy ry hier straight en dan djy draai daar by Hilda - djy sal hom kry daar vôr"

Ek ry, kom daar - trek uit, my kop soek net sjampoo dan skuim hy. Teken in in die portaal, kry 'n reuk. Dit help nie eers jy kyk weg nie, daai gemufde bedompige bitter sweet reuk. Ek skip die lift waarin die drie klim - wag vir die volgende een. Op 2de vloer toe. Klein kantoortjie met 'n waterbottel, 'n klomp stoele in rye gepak en twee hokkies vir die kliente. Ek sit my helmet in die hoek neer en gaan sit op die stoele. Lyk of ons bus ry, almal staar vorentoe - na die twee hokkies toe. By die hokkie naaste aan my, sit 'n outop met 'n stapel paspoorte, en belowe hulle chcolate koek, want van die mense vlieg al Maandag, die ander die 20ste. Twee aanvallige girltjies by die ander hokkie, doen aansoek vir visas, die een praat met ma oor die paspoort of iets, maar laat haar duidelik verstaan, wat sy wil hê. Goed dat die girltjies Ozzieland toe gaan, dit kan net 'n wins wees vir almal daai kant. In elk geval, mag poepolle nie soontoe gaan nie, jy moet of slim wees, of oud met baie ondervinding.

Die 2 Afrika meisies agter die toonbank werk, die ander 1 praat bollie. Ek ry bus, saam met die gemufde ou - hy het saam met sy pal gekom. Dis sy pal se beurt en hulle drink eers nog water en loop. Uiteindelik is dit my beurt. Pluk die paspoorte hier uit my hemp met die twee sakke uit, vou die eerste bladsy oop en wys haar die e-mail waarin die visa nommer op is, want sien - ek is voorbereid. :D Explain my storie, maar dan - "No Sir, you first have to go to Standard Bank and deposit 2 x R74 into this account", en sy gee my 'n papiertjie met die bank details op. Ek is nog nie afgekoel nie, maar nou kook ek behoorlik. Verduidelik vir haar - die papier kom van Australië af. "Sorry Sir, go to the bank, then you have to leave your passport here , and we will call you when it's ready.'

"So I have to come all the way to Pta again to collect them?" :lol: "Yeees sir". Ek loop, draai halfpad die gang af terug om my helmet te gaan haal. Kry weer die klomp met die ou in die lift wat ses jaar laas gebad het - jik!! Hou asem op tot onder en uit!!!

By die huis gekom, na die Audi insident, klim ek oppie foon. Alles is geoutomatiseerd. Bel ek VFS of die High Commision se kantore, kom ek by 'n blikstem uit. Ek luister na Verdie of wie-ook-al en dan kom daai verdomde blikstem weer op. Ek sit neer. Bel TNT, nee hulle verkaf nie meer die dienste nie. Bel weer die High Commision, want sien Joburg toe gaan nie en Pta ook nie weer nie. Daar was 'n koerier diens teen R280, maar ek't gedog, dit sal nou lekker wees om dit persoonlik te doen en dan spaar ek darem twee kaste bier se geld boon-op!. :lol:

So ek sukkel nog steeds. Het 'n uur gelede al 'n dringende e-mail aan VFS gestuur, en dis nog nie eers gelees nie!! Sal maar probeer om die probleem vanaf Aus op te los - lyk my nie ek gaan dit hier reg kry nie! :lol:

Ek moet klaar maak, het nog baie om te doen.

Julle lucky bliksems daar anderkant, kan bly wees julle is al daar. Hierdie is gelukkig een van my laaste ondervindinge, hier waar die bribes groot (of soet) en die diens al hoe slegter word. :lol:

Link to comment
Share on other sites

Hi JAYJAY

Daai 2 x R74 is wragtig die moeite werd om te betaal. En n mens wag gewoonlik 5 werksdae voor jy weer jou paspoort kry. Daar is n standerdbank net om die hoek van hulle en ons het sommer die ent geloop om dit te doen. Jou agent was veronderstel om vir jou te se dat daar nog n uitstaande bedrag sal wees as jy jou visa laat validate.

Link to comment
Share on other sites

Hi JayJay

I am so happy for you that your visa is through, congratulations!

Link to comment
Share on other sites

Boeta,

Niks wat die moeite werd is kom sonder sukkel nie!!! Jy sal sien al hierdie struggle is die moeiter werd!!

Haal nou maar die sjeld uit jy's verniet haastig, alles op sy tyd!!

Sien jou in Ozzie, sal jou 'n bier shout!!

Sus

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...