Jump to content

Brief aan my kleinsus


Blossom

Recommended Posts

Brief aan my kleinsus,

Adelaide,

Woensdag, 14 November,

Hallo liefste Rieks,

Hi, kleinsus, hoe gaan dit met julle daar in Suid Afrika? Dit gaan uitstekend met ons, manlief is happy, seun is happy en ek….ek IS maar net.

In die oggende as almal weg is werk toe en ek maak die deur agter hulle toe, is die stilte en die eensaamheid soos ‘n kombers wat om my vou.

Weet jy, Rieks, dis dan wanneer die bravade my verlaat en my weerloosheid en hartseer op die voorgrond tree. Dis wanneer ek so alleen is dat ek nie meer hoef voor te gee dat ek gelukkig is nie, niemand kan dan my trane sien nie en kan maar in ‘n hopie gaan sit op die voorhuis bank en my oorgee aan die verlange na my mense en my land.

Ek kla nie want dinge het nog nooit so voorspoedig gegaan met ons soos nou nie. Australie is ‘n wonderlike land met soveel geleenthede vir seun (vir ons ook). Net gister het hy gehoor dat hy in beheer geplaas gaan word van ‘n groot klient en dat die maatskappy waarvoor hy werk hom gaan ‘sponsor’ vir verdere studies hier by ‘n universiteit. Hoe gelukkig kan ‘n mens net nie wees nie? Sy toekoms lyk rooskleurig.

Hy sou seker nie eers werk gekry het in Suid Afrika nie, daar is van sy vriende daar wat sukkel om te oorleef met hulle kwalifikasies en al. AA en BEE en al daai, jy weet mos.

Ek wil nie soos ‘n sad Sannie klink nie, maar as ek net geweet het dat die aanpassing so moeilik sou wees en dat ek my mense so sou mis, het ek julle seker meermale vertel hoe lief ek julle het en hoeveel ek julle almal waardeer.

Onthou jy nog verlede Kersfees? Toe ons almal saam gekuier het? Die tafels was gelaai met lekkernye, die kersboom was ‘n hoogtepunt en al die geskenke onder die boom kon die kinders net nie uitlos nie. Dit was ‘n wonderlike, bittersoet Kersfees, want ons almal het geweet dis dalk ons laaste Kersfees saam. Ons was almal half nostalgies daai dag maar tog ook so gelukkig om almal saam te wees.

En nou is dit amper weer Kersfees, ek het nog nie eers die boom uitgehaal nie, is joune al op en versier? Ek voel nie lus om hom alleen te versier nie, seun kan maar as hy so voel. Een ding van die Ozzies, hulle kan fees vier! Hier by ons het ‘n ou sy huis versier met die mooiste goed, Kersvaders op die dak, liggies oral, takbokke met ‘n slee…..dit lyk soos ‘n sprokie in die aand. Ek hoor dis ‘n groot ding hier in Oz, hulle betaal ‘n fooi van $40 en skryf dan hulle versierde huise in…die mooiste versierde huis kan ‘n prys wen van $10,000! Kan jy glo? As ons so iets moes doen daar in S.A. was die liggies binne een aand afgesteel (dit het mos al met ons gebeur).

Ja, Rieks, die gaan ‘n eensame Kersfees wees vol verlange en hartseer. Wens so julle kan kom kuier.

Ek weet nie wanneer gaan ek jou weer sien nie, want terug gaan is nie eers ‘n opsie hier by ons nie. Ons is nou hier om te bly…..ons is nou juis besig met die PR ding.

Jy weet, ons is nou al amper ‘n jaar hier en ek verruil Adelaide nie vir 10 Albertons nie! Al verlang ek en al tjank ek my oe uit my kop uit oor dinge wat was……besef ek dat hierdie nou ons toekoms is en dat die beste ding is wat ons ooit kon gedoen het. Ek het gisteraand weereens vergeet om die garage deur toe te maak en ja, ons karre was nog steeds hier en ons lewe! Onthou jy toe jou radio en goed uit jou kar uit gesteel was? Onthou jy hoe het jy gesukkel om weer jou ID te kry en dat al jou dokumente en fotos ook net WEG was? Memories wat nou net weg is. Soms vergeet ek om die kar te sluit by die winkel, die mense parkeer hulle karre hier in die straat naby die stasie en kry dan die trein in werk toe. Die karre staan heeldag veilig tot vanaand as hulle weer terug kom. Ongelooflik ne?

Ek wonder of dit net ek is wat so sukkel met die aanpassing en of ander ook so voel soos ek? Al weet ek dat hierdie ‘n land van melk en heuning is en al weet ek dat Suid Afrika op die afdraende pad is, mis ek nog steeds MY rooi grond van MY land. Ek sal ‘n Suid Afrkaner bly in murg en been…..wat in Australie bly….vir altyd. Hierdie is seker ‘n ding wat ons as ouers moet deurgaan sodat ons kinders en klein kinders eendag ‘n vol, veilige en waardige lewe kan he. Ons doen dit vir ons nasate!!!!!

Sorry as ek negatief klink, maar noudat ek die dinge van my bors af gekry het, besef ek weereens hoe gelukkig ons is om hier te kan wees. Emigrasie is nie vir sissies nie en ek is bly dat ons nou al kan begin dink aan huis koop en bou aan ‘n nuwe toekoms.

My grootste wens is nou net vir julle om ook oor te kom en my twee seuns ook. Maar toemaar, ek werk aan hulle en ek is seker dis nie lank nie en hulle is hier! Hulle moet kan sien dat daar nie meer ‘n toekoms vir hulle is daai kant nie en dat die wereld vir hulle oop le hier.

Jy moet mooi bly en sluit jou kar se deure as jy ry, asb.Sluit die veiligheids hek en maak seker jou vensters is toe. Loop met jou ‘pepper spray’ in jou hand, steek weg jou handsak en moenie juweliers ware dra nie. Moenie dat daai mooi dogter van jou alleen rondloop nie…..WEES NET VEILIG,ASB!

Lief jou,

Ousus. xxxxxxx

Edited by Kannidood
Link to comment
Share on other sites

Ai,

Het nou skoon 'n knop in my keel, grotendeels omdat ek presies weet hoe jy voel, die eerste 3 maande hier het ek my oe uit my kop gehuil, ek was sooooooo alleen en het my ma en sussie vreeslik gemis, maar toe begin ek werk, ontmoet die wonderlikste vriende (ook voormalige Suid Afrikaners) en nou is dit sommer stukke beter, ons gaan Desember in SA kuier en ek sien so baie daarna uit om almal te sien, maar ter selfde tyd is ons maar skrikkerig om terug te gaan, 'n mens het so bederf hier in Australie.

Sterkte, ek hoop die eensaamheid word beter en dat jou seuns een van die dae hier sal wees.

Sulona

Link to comment
Share on other sites

Kannidood, excuse me replying in English, but you would realy laugh if i attempted a reply in Afrikaans. My heart goes out to you as I too have a sister over in Queensland and have just recently received an email so similar to yours. You are right in saying "immigration is not for sissy's" it takes a very special kind of person to be able to leave your loved one's behind and start a whole new life. One thing I am sure of, is it certainly wont get harder - but easier to bear. We too had a wonderful "last xmas" together prior to her leaving, and this year for both of us - its going to be realy tough to deal with. I wish you and your family all the very best of love and good fortune in your adopted country.

regards

Kathy

Link to comment
Share on other sites

:):D Betsy, Ek ken die gevoel goed en wil sommer saam huil. Maar net jy kan op staan, gesig was en weer aangaan. Dit het my hart gebreek om na 'n 3 weke kuier vir my seun, skoon dogter en 11 maande oue kleinseun (wat ek vir die eerste keer kon washou) toesien te se toe hulle mos terug SA toe. Hulle is nou in Brisbane.

Die dag dat jy jou kinder om jou het en jy weet hulle is veilig, sal jy ook meer gelykkig wees, hoop die dag kom gou. Sterkte en sommer baie drukkies

Chester

Link to comment
Share on other sites

Lots of hugs for you Kanidood!!! Thinking of you. :ilikeit::ilikeit::blink:

SAS

Link to comment
Share on other sites

Dankie vriendin! Nou is ek weer van voor af dankbaar teenoor die Here dat ons nou kom terwyl my kids klein is...

Sterkte en huil as jy wil, dis mos lekker in elk geval :blink: En ons huil mos nie sonder rede nie... Maar soos die Woord se: Ons doen dit nie soos mense wat nie hoop het nie...

ONS HET BAIE HOOP! :ilikeit:

Elize :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Dankie vriendin! Nou is ek weer van voor af dankbaar teenoor die Here dat ons nou kom terwyl my kids klein is...

Sterkte en huil as jy wil, dis mos lekker in elk geval :( En ons huil mos nie sonder rede nie... Maar soos die Woord se: Ons doen dit nie soos mense wat nie hoop het nie...

ONS HET BAIE HOOP! :huh:

Elize :)

AG nee man KD. toe bars die plug oop en ek tjank. Wat gaan ons doen om kersfees lekker te maak. die gaan ons eerste kersfees alleen wees. nog altyd was kersfees n reuse byeenkoms met baie terg en lag en kuier. ie een gaan nstil een wees!!!

Link to comment
Share on other sites

Brief aan my kleinsus,

Adelaide,

Woensdag, 14 November,

Hallo liefste Rieks,

Hi, kleinsus, hoe gaan dit met julle daar in Suid Afrika? Dit gaan uitstekend met ons, manlief is happy, seun is happy en ek….ek IS maar net.

In die oggende as almal weg is werk toe en ek maak die deur agter hulle toe, is die stilte en die eensaamheid soos ‘n kombers wat om my vou.

Weet jy, Rieks, dis dan wanneer die bravade my verlaat en my weerloosheid en hartseer op die voorgrond tree. Dis wanneer ek so alleen is dat ek nie meer hoef voor te gee dat ek gelukkig is nie, niemand kan dan my trane sien nie en kan maar in ‘n hopie gaan sit op die voorhuis bank en my oorgee aan die verlange na my mense en my land.

Ek kla nie want dinge het nog nooit so voorspoedig gegaan met ons soos nou nie. Australie is ‘n wonderlike land met soveel geleenthede vir seun (vir ons ook). Net gister het hy gehoor dat hy in beheer geplaas gaan word van ‘n groot klient en dat die maatskappy waarvoor hy werk hom gaan ‘sponsor’ vir verdere studies hier by ‘n universiteit. Hoe gelukkig kan ‘n mens net nie wees nie? Sy toekoms lyk rooskleurig.

Hy sou seker nie eers werk gekry het in Suid Afrika nie, daar is van sy vriende daar wat sukkel om te oorleef met hulle kwalifikasies en al. AA en BEE en al daai, jy weet mos.

Ek wil nie soos ‘n sad Sannie klink nie, maar as ek net geweet het dat die aanpassing so moeilik sou wees en dat ek my mense so sou mis, het ek julle seker meermale vertel hoe lief ek julle het en hoeveel ek julle almal waardeer.

Onthou jy nog verlede Kersfees? Toe ons almal saam gekuier het? Die tafels was gelaai met lekkernye, die kersboom was ‘n hoogtepunt en al die geskenke onder die boom kon die kinders net nie uitlos nie. Dit was ‘n wonderlike, bittersoet Kersfees, want ons almal het geweet dis dalk ons laaste Kersfees saam. Ons was almal half nostalgies daai dag maar tog ook so gelukkig om almal saam te wees.

En nou is dit amper weer Kersfees, ek het nog nie eers die boom uitgehaal nie, is joune al op en versier? Ek voel nie lus om hom alleen te versier nie, seun kan maar as hy so voel. Een ding van die Ozzies, hulle kan fees vier! Hier by ons het ‘n ou sy huis versier met die mooiste goed, Kersvaders op die dak, liggies oral, takbokke met ‘n slee…..dit lyk soos ‘n sprokie in die aand. Ek hoor dis ‘n groot ding hier in Oz, hulle betaal ‘n fooi van $40 en skryf dan hulle versierde huise in…die mooiste versierde huis kan ‘n prys wen van $10,000! Kan jy glo? As ons so iets moes doen daar in S.A. was die liggies binne een aand afgesteel (dit het mos al met ons gebeur).

Ja, Rieks, die gaan ‘n eensame Kersfees wees vol verlange en hartseer. Wens so julle kan kom kuier.

Ek weet nie wanneer gaan ek jou weer sien nie, want terug gaan is nie eers ‘n opsie hier by ons nie. Ons is nou hier om te bly…..ons is nou juis besig met die PR ding.

Jy weet, ons is nou al amper ‘n jaar hier en ek verruil Adelaide nie vir 10 Albertons nie! Al verlang ek en al tjank ek my oe uit my kop uit oor dinge wat was……besef ek dat hierdie nou ons toekoms is en dat die beste ding is wat ons ooit kon gedoen het. Ek het gisteraand weereens vergeet om die garage deur toe te maak en ja, ons karre was nog steeds hier en ons lewe! Onthou jy toe jou radio en goed uit jou kar uit gesteel was? Onthou jy hoe het jy gesukkel om weer jou ID te kry en dat al jou dokumente en fotos ook net WEG was? Memories wat nou net weg is. Soms vergeet ek om die kar te sluit by die winkel, die mense parkeer hulle karre hier in die straat naby die stasie en kry dan die trein in werk toe. Die karre staan heeldag veilig tot vanaand as hulle weer terug kom. Ongelooflik ne?

Ek wonder of dit net ek is wat so sukkel met die aanpassing en of ander ook so voel soos ek? Al weet ek dat hierdie ‘n land van melk en heuning is en al weet ek dat Suid Afrika op die afdraende pad is, mis ek nog steeds MY rooi grond van MY land. Ek sal ‘n Suid Afrkaner bly in murg en been…..wat in Australie bly….vir altyd. Hierdie is seker ‘n ding wat ons as ouers moet deurgaan sodat ons kinders en klein kinders eendag ‘n vol, veilige en waardige lewe kan he. Ons doen dit vir ons nasate!!!!!

Sorry as ek negatief klink, maar noudat ek die dinge van my bors af gekry het, besef ek weereens hoe gelukkig ons is om hier te kan wees. Emigrasie is nie vir sissies nie en ek is bly dat ons nou al kan begin dink aan huis koop en bou aan ‘n nuwe toekoms.

My grootste wens is nou net vir julle om ook oor te kom en my twee seuns ook. Maar toemaar, ek werk aan hulle en ek is seker dis nie lank nie en hulle is hier! Hulle moet kan sien dat daar nie meer ‘n toekoms vir hulle is daai kant nie en dat die wereld vir hulle oop le hier.

Jy moet mooi bly en sluit jou kar se deure as jy ry, asb.Sluit die veiligheids hek en maak seker jou vensters is toe. Loop met jou ‘pepper spray’ in jou hand, steek weg jou handsak en moenie juweliers ware dra nie. Moenie dat daai mooi dogter van jou alleen rondloop nie…..WEES NET VEILIG,ASB!

Lief jou,

Ousus. xxxxxxx

hallo daar

baie sterkte ek dink aan jou :huh: ons gaan ons eerste kersfees in aussie land hou.ma en pa sit aan die ander kant van die wereld en hou alleen kersfees die jaar.

groete pollie

Link to comment
Share on other sites

Hallo julle,

Mens se emosies speel vreeslik woer-woer, ne? Eendag verlang en trane, ander dag weer hoog in die wolke en vol pret. Gelukkig is die 'af' dae in die minderheid, ek ek tel my seeninge gereeld. Dis beslis die 'culture shock' wat na amper 'n jaar nog steeds elke nou en dan inskop.

Dankie aan almal wat my post gelees het en reply het, vee af die trane en gee jouself 'n klap oppi gaai en se...

"Ek en my geliefdes is hier in OZ en niks gaan my onderkry nie...nie eers verlange nie!"

Gaan eet 'n ozzie pie en drink 'n flat white en gaan loop op die beach...geniet dit!!!

Groete, KD.

Link to comment
Share on other sites

Hallo KD en ander,

Heng, lat ek eers gou klaarsluk aan daardie knop in my keel :)

Ons is nou al 2.5 jaar in Oz, dis die beste tyd van my lewe. Ons moes vir baie goeie vriende en vir familie totsiens sê op 30 April 2005, baie van hulle sal ons dalk nooit eens weer sien nie! :(

Ek is 'n man, en met my kiertsregop rugstring en al kan ons mos nie knak nie. Daar is ander wat op my staatmaak, ek moet my man in vele opsigte bly staan. Ja, die "woer-woer" van emosies... En die probeer sterk lyk as die ander lyk of hulle broos voel...

Wel, as dit vir jou enige troos is, die afdae raak al hoe minder. Dit het in elk geval vir my so gewerk. Fewer and further between. Ek dink nie 'n mens kom ooit regtig oor die culture shock nie. Maar dan weet ek ook dat net soos wat ek nou 'n bekende begin raak in 'n vreemde land, was ek 'n vreemdeling in 'n bekende land (ZA). Ek het nie meer daar gehoort nie, my paadjie was vir my elders uitgelê.

Ons het destyds op die vliegtuig geklim en was vasberade om dit te maak werk. Maar nogsteeds kan NIKS wat iemand vir jou sê jou voorberei vir die slag as die realiteit van immigrasie jou square in die gevreet tref nie. Dis soos om iemand te probeer voorberei vir 'n skinny dip in Alaska of Siberië. En elkeen het sy eie meganismes om te probeer cope. 'n Goeie dosis vasbyt doen wondere vir die siel... En 'n mens moenie vergeet om vrede maak met jouself, jou besluit en met jou nuwe tuiste nie! Ons grootjies (Hugenote en Voortrekkers) kon dit onder baie moeiliker omstandighede doen, wat keer ons???

Dis maar 'n proses wat elkeen vir homself moet deurwerk, maar niemand hoef dit ooit alleen te doen nie.

Ons was gelukkig om van dag 1 af 'n goeie vriendekring te kon bou. Dis belangrik, veral as jy nie familie hier het nie. Ons eerste Kersfees het ons saam met die vriende op Busselton gaan kamp, dit het baie gehelp. Verledejaar was ek baie bevoorreg, want toe het ons my eie ouers, my skoonouers en my skoonsus-hulle saam kon kuier. My ouers het einde Nov 06 geïmmigreer, my skoonsus-hulle Mei 06. Skoonouers het kom kuier. Dit was baie lekker.

Ek is bly jy't jou openhartige briefie hier gepos. Daar is waarskynlik duisende expats wat daagliks deur daardie valleie trek. Ons almal kan met jou identifiseer. En ons almal is bly vir elke keer wat 'n brose persoon weer die ken oplig en besef dat dit die eina werd is.

My hart gaan uit na almal wat vandag 'n bietjie verlang, julle mag maar. En baie dankie vir elkeen wat, soos op hierdie forum gesien word, omgee en die outjies met waterige ogies omhels! Mense soos julle is goud werd.

Hiep-hiep-hoera vir julle! :huh:

PM

Edited by PappaMike
Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Kannidood! Baie dankie!

Sien, DIS hoekom ek voel daar 'n plek vir iets is soos Journals, want ons wat nog daaraan dink en besig is met die proses van emmigrasie, moet meer voorbereiding doen as net visums regkry, containers reel en al dai lysie goedjies wat oor en oor herhaal word. Daar is 'n ander soort voorbereiding wat ons moet doen. Die een wat Kannidood hierbo beskryf het, ... die wroeginge, verlange, en patriotisme van iets wat eens was, maar nie meer..... dis alles DEEL van emmigrasie en MOET gedeel word. Nie net ter wille van eensame Saffers wat in die vreemde sit en wonder of daar iemand is wat dieselfde voel (of dalk glad nie eers dit wat hulle voel in woorde te kan omsit nie), maar veral ook vir ons wat nog daardeur moet gaan. Want sien baie het die romantiese siening van emmigrasie ..... hulle sien hulle kleintjies in die strate speel en vrouens gaan kuier vir mekaar met choc-chip muffins oor en weer in die strate (amper iets soos Wisteria lane), maar as al die hoo-ha verby is, wat dan? Wat van die wat agterbly? Wat van die geliefdes wat siek word en jy kan nie daar uitkom nie? Hoe ervaar mense dit?

As julle meer "traffic" in die site soek, dan stel ek voor julle behou juis vir journals en gaan "prune" die ander. Want enige ou kan google search wat nodig is om oor te vat Oz toe en oor visas ens. Maar as jy na die hart van S.A. ers wil luister wat daar is, kom gerus na die site toe en gaan lees bietjie, veral as jy dit oorweeg om te emmigreer.... oeps, ekt vergeet, dis nou als in chit-chat, en jy moet eers registreer.... Sorry, die ou het interest verloor, hy's weer op facebook. Oeps!

Dankie Kannidood, ek wens jy't jou eie website gehad, dan was ek meer daar om na jou stories te luister as op enige ander plek. B)

O, ja en in die "lounge' natuurlik.... :blush: ha ha ha :unsure:

Link to comment
Share on other sites

Cillin (g of q?)-vrou. So bek moet ook jam kry en sommer 'n dubbelle dosis aarbeie en room.

Hoor hoor.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...