Jump to content

Die Dinsdag wat Maandag moes gewees het!


JayJay

Recommended Posts

So twee jaar terug skaf ons, ek en my pêl, die dubbel-as karavaan aan (woonstelblok) – vir ‘n bargain. Ek bly op ‘n plot – so daar’s net by my plek om aan die karavaan te werk, want sien, diè gaan op Sodwana opeindig, sodat ons nie elke keer ons gatte af te stress soontoe en terug nie. Hou dan vakansie daar en stoor hom dan tot die volgende wegbreek. (Enige voertuig met ‘n disselboom , is ‘n HY, nie ‘n SY nie)

Dit was letterlik weke se werk om als te doen. Die dak moes geseël word, die kassies herstel word, die chassis geverf, nuwe ligte ens ens. Die bakkie met sy nuwe drop plate moes versterk word om die tenkerige woonstel by die bult op te trek, en weer anderkant keer dat die disselboom nie op die voordif opeindig nie.

Intussen het ons nog ‘n vennoot bygekry, ‘n nuwer “van” raakgeloop, hom reggemaak, die woonstelblok verkoop, maar moes hom gaan haal daar in Soddies. Ons het dus Donderdag al afgery met die nuwer een en die woonstelblok Maandag gehak oppad terug.

Gister was 'n totale fok*p vir my. Eerstens was dit al Dinsdag - nie Maandag nie. Na die getrek aan die moerse karavaan met 'n headwind wat skrik vir niks, het ons so sesuur die middag hier aangeland. Afgehak by my pêl, al ons goedtjies op sy 1400 Nissan gelaai - dit was omtrent self 'n bakkie vol, en gat skoon gemaak huis toe. My ma, sy's 82, het van Brits af gekom om hier te kom waghou dat die kinders nie die nuwe lapa afbreek nie, want jy sien, sodra ons ons gatte draai, word al die pêlle genooi vir 'n braai. Diè manne het geen respek vir drank nie, so ons is maar lugtig. In elk geval, het ons toe ons vakansie pêlle genooi om te kom chops en pap eet, wat ons toe sommer hier oor die foon gereël het op pad, want ons is maar almal moeg gestoei met die lorries, bulte en wind.

By die huis gekom, was die pap al aan die kook, die sousie gemaak, asook die vuur. Daar word vinnig afgelaai, 'n bierjie afgegooi en toe arriveer ons pêlle. Paar biere, en toe nou eers 'n bottel Swartland Merlot saam met die pap & chops. Nice – net om die naweek behoorlik af te sluk. Hulle is so 11uur daar weg.

Gister oggend was dit soos 'n Maandag. Ek voel nie te sleg vir 'n Maandag nie, want onthou, ek het darem 'n lekker naweek agter die blad - en 'n tan. Eet 'n beskuitjie en vra Ma vir my cholesterol pilletjie. "Kyk in die sakkie". Al ons skeet-pille word in 'n sakkie saam gevat as ons weg gaan. Kry 'n velletjie - "Is dit diè?". OK, drink die ding en daar gaat ek - werk toe. Drink koffie en die hele naweek word bespreek. Magtag, maar ek begin darem nou so lomerig voel. Nou-nou was ek on top of the world? Hoe later, hoe kwater. Teen 9 uur kon ek nie meer nie. Ek loop rond, want as ek sit, slaap ek. Ek kry nie asem nie en gaap my dood. Na tien, vat ek my safety skoene, sit my overall bo-op en val plat agter my lessenaar soos 'n sleg houtkop. Twaalf uur staan ek op en bel vir Ma. Sy kyk en kom toe agter dis 'n slaappil wat ek gedrink het. Weet nie hoekom sy die flippen goed het nie, wat ek glo nie sy het 'n klein k*ffertjie op haar gewete nie!

Na werk moes ek gaan help om die woonstelblok-op-wiele wat ons terug gesleep het, te gaan was en skoonmaak vir die nuwe eienaar Hy wil hom kom haal. Dit rëen, ons is nat, maar hy moet klaar. Daarna, eers nog 'n bier of twee en uiteindelik is ons terug huis toe. Ouma het intussen vir ons lekker skaap kerrie met rys, kool en pampoen gemaak. Maar hier is iets in my voet wat k*k begin maak - en ek weet wat dit is - gout! Na ete kon ek omtrent nie opstaan nie. Al die sure het toe uiteindelik bymekaar gekom hier in my linker voet - die Windhoeke, Amstel, Klipdrift, Hunters (appelsap/pophuis bier), Captain Morgan, die 3 bottels rooiwyn, veral die een wat ons Sondag aand by die restaurant verorber het, lyk soos asyn wat met crinkle paper gekleur is, die biltong en chillie bites oppad terug - en toe die finale spyker - die kerrie! Ek kry myself van die stoel af na ete, hinke-pinke kamer toe en drink een van daai gout bomme - dis nou so 'n bouquet pilletjies wat die witjassies bymekaar sit, en klim innie bed. Die laken of duvet mag nie aan die voet raak nie, en ek kan net op my linker sy lê. Ma bring vir my ‘n oop karton boks sonder bodem, lê’n opgevoude laken onder-in, sit die voet wat lyk of dit ‘n oordosis kortizoon ingekry het, daarin en gooi die laken en duvet bo-oor die gedoente. Na 'n uur drink ek nog 'n bom - ek kan nie slaap nie, ek raak net so nou-en-dan in 'n beswyming. Twee uur drink ek nog een. Ek raak nou aan die slaap want als is nou verdoof - tot my ooglede.

Vanoggend voel ek nogal puik. Hier is so 'n klein wurmpie oor hier in my enkel, maar ek survive. Die res van die week sal ek dit maar baie kalm vat, maar weet jy, dis dalk die lagers wat so rondf*k. Ek moet weer terug na daai bitter-lekker Windhoek Lites. To have sex in a cano, and a light beer is basically the same, as they are both are very close to water. So glo ek, hoe meer lights jy drink, hoe skoner word jou sisteem. Sal maar sien of ek daarby uitkom.

Volgende naweek is hopelik minder hectic!!

Link to comment
Share on other sites

Thks JayJay dit was nou lekker lees ! Ek mis nogal die Afrikaanse tydskrifte soos die Sarie en Rooi Rose so ek geniet die stories op die forum !

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...