Jump to content

Sommer net nonsense op 6 November 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 6 November 2007

Vandag was “Melbourne Cup” dag. Ek noem dit omdat die mense in RSA nie eintlik weet van nie. Dit is 200 maal erger as die Durban July. Ek onthou toe die Jackpot (hier is nie so iets nie) vir die eerste keer die Miljoen rand kerf in omtrent 1975 verby gesteek het. Ek dink die perd se naam was Politician wat die geselskap oorheers het, daai jare. Hy het gesorg dat die jackpot so hoog was. Wat die Jackpot deesdae behaal weet ek nie, maar laat ek vir julle in perde terme vertel. HY IS ‘N VULLETJIE.

Hier in Oz, met die “Cup” beloop dit miljoene. Die race was 14:30 in Suid Australië tyd. Net voor wegspring het ek gesien dat daar omtrent $30 miljoen al verwed was. Op een race word daar omtrent R200 miljoen verwed. Kan julle nou sien hoekom ek sê dat die July ‘n vulletjie is.

In elk geval, soos enige aspirant Ozzie betaam was ek ook daar. Nou nie in Melbourne nie (volgende jaar) maar in ‘n lokale pub waar daar TAB fasiliteite is. ‘n Man kies jou pub baie versigtig uit want hy moet aan verskeie kriteria voldoen. Daar moet genoeg terminale wees want ‘n ou wil nie sukkel om geld te maak nie. Die tannies agter die masjien moet ook hulle onions ken want die kaarjies en die geld loop met ‘n krag. Daar is een tannie wat my nou al ken (die eertse keer wat sy my hoor praat het het sy gevra. “You South African? Ek gaan altyd na haar toe want sy is spoedig en ek het al ‘n paar dollar by haar collect. Die bier moet ook baie en koud wees. Om perde te speel is harde werk en om van jou verliese te vergeet nog harder. So, ‘n ou gooi maar gereeld en join die paartie.

Om ‘n baie lang storie kort te maak, want ek wil nog iets anders vertel ok. ‘n Blerrie donkie wen die Cup. Ek het darem die 2 en 3 de perde gehad en hulle beperk toe darem my verliese iewat. Die Favourite hol nou nog en ek het vir hom en sy tjommies ‘n moerse klomp voer gekoop. Die bookies lag want hulle sou bangkrot gewees het. Perde speel is nie grappies nie en ‘n man moet hare op jou tande, en bors hê, om by te bly.

Maar wat ek eintlik vir julle wil vertel gaan oor ‘n Bachelors paartie. Hier noem hulle dit ‘n “Buck party” en die girls het ‘n “Hens party” Een vannie aangetroude familie kinders trou Saterdag en ek moes noodgedwonge saam ‘n drankie geniet. Julle onthou mos dat ek ‘n lorrie liksens hier gekry het. Nou ja, dit maak dat ek ‘n bus ok kan dryf. Ek word toe aangestel om die spul van pub tot pub rond te ry. Ek wou eers nie want dit sou beteken dat ek nie eers een dop mag drink nie. Ek sacrifice toe maar en vat die stokke.

Als verloop goed en ek onthou geheel totdat. Ja totdat. Totdat ons by die eerste pub stop en ek saam met die lotte ingaan. Julle onthou dat ek al vertel het dat ek ‘n bok was. Nou is ek oud en ‘n lammetjie. Totdat. Totdat ek daai topless kroegdame gesien het. My keel word droog en trek toe. Al genade was dat ek maar ‘n bier bestel om weer my spraak terug te kry. Daai twee spotlights toor vir my dat ek 6 biere wegsluk met ‘n krag. Vergete is die feit dat ek nog moes bus dryf. Watwou ek kon mos 12 biere op my dae wegsit en dan hulle nog met brandy en coke afsluk.

Tot die aspirant bruidegom raak bekommerd oor my inname. Al wat ek sê is “no worries mate” (hulle favourite gesegde) Hulle skeur my toe eindelik by daai kroeg weg. Ek weier toe om die bus se sleutel te oorhandig, hulle het my mos aangestel en ‘n man het mos jou trots. Ek weet self ek is nie in staat om daai lotte verder te vat nie, maar ek wou hulle ‘n les leer. Nooit weer sal ek vrywillig verplig word om ‘n bus te dryf nie. Die hotel het ‘n groot parkeer area wat gelukkig omtrent leeg was op daai stadium. Ek start daai bus met ‘n gejuig. My plan was om ‘n draai in die parkeer area te ry en dan die stokke te oorhandig. Ek rev vir hom dat die biesies bewe. Kwansuis om die air op te bou om die brieke los te maak. Ek kan sien hulle loer vir mekaar en wonder wie gaan die moed hê om my moer toe te stuur. Ek vra toe vir my skoonseun waar is die handbriek. Ek kan sien die sweet begin hom uit te slaan. Hy vra toe hoekom vra ek dit, baie diplomaties. “I want to show you how to do a handbrake turn with the bus” Soos blits gryp hy die sleutels en spring uit die bus uit. Ek begin toe te lag en seg toe “Got ye” Almal lag en offer my nog ‘n dop. Net wat ek wou gehad het. Hulle bel toe ‘n ander neef wat ‘n liksens het om ons toe die res vannie aand rond te ry. Net wat ek wou gehad het. Man, het ek nie daai buck paartie gelaaik nie.

Ja, Antjie ek moet ophou skryf. Ek het nie eintlik meer die tyd nie. Vandag het ek geloaf met die “Cup” saam. More gaan my bakkie in vir diens. Dit is die dat ek nou ietsie skrywe. Ek is besig om ‘n besigheid oppie been te bring wat baie tyd verg. Dit vereis baie loop en mense besoek. Ek is vir niks lus na so ‘n dag op die pad nie. As my skip inkom sal ek hopelik weer kan skryf, maar tot dan moet ek maar eers my kletsery (sorry Springbok) opsy skuif en die besigheid se boeke op die rekenaar doen. Tot dan. Groetnis.

Link to comment
Share on other sites

"Dis 'n lekker ou Jan.." wat was daai tannie se naampie nou weer? Die een met die skril stemmetjie en die tekkies wat so hups rondspring terwyl sy sing? Ek dink sy was nog op Maak 'n Las.......

Mal oor jou kreatiwiteit, energie en denkwyse...skryf voort.

"Antjie"

Link to comment
Share on other sites

Ai dankie Jan - ja die vrywillige ou wat die stokke vat sjoe - hy het darem die slegste "joppie" van die aand !

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...