Jump to content

Immigrasie en emosies


bienkie

Recommended Posts

;) Dis vandag 'n lieflike dag in Stellenbosch - so mooi soos dit net in die Boland kan word. Ek sit by my kantoor en uitkyk op die berge en voor ons kantoor is daar so 'n lieflike ou akkerboom. Wonderlike prentjie.... maar net aan die oorkant van die pad sit ons "geagte buurman". So gedoop deur ons mense wat in hierdie kantoorgebou werk. Die arme ou is 'n hawelose wat oneindige genot daaruit put om oorkant ons kantoorgebou te parkeer met sy trollie vol skatte. Hy kies vir hom so 'n sekere boom uit en dan parkeer hy daar. Ongelukkig is dit nie al wat hy doen nie.... nou die oggend moes ek aanskou hoe hy die sypaadjie as toilet gebruik. Ja, dit is die realiteite waarmee ons saamleef. Ons het al so baie die owerhede gebel en gevra, verwyder asb tog vir buurman, hul het dit al so 'n paar keer gedoen, maar lyk my hul is ook nou op met hom. Ignoreer maar net ons versoeke.

Ek is in 'n mate jammer vir die ou - lyk nie eintlik of hy iemand skade aandoen nie. Dis duidelik dat hy homself geniet en goed inrig waar hy gaan. Tussen al sy "goodies" is daar selfs 'n toiletsitplek opgemerk. Weet nie wat hy daarmee maak nie. Die probleem is net dat hy in een van Stellenbosch se hoofstrate parkeer en dit skep nie 'n baie mooi prentjie nie!!!!!

Vanoggend lees ek weer van 'n rooftog in die Strand (wat tot nou toe redelik rustig was) en besef maar net weer eens dat dit al hoe nader kruip. Die Seven Eleven winkel in Stellenbosch is ook al 'n paar keer beroof en mens wonder wanneer word jy een van die statistieke.

Ek kyk nou die aand na die SARS advertensie op TV. Dit gaan oor SA en beeld 'n wye verskeidenheid van ons land se mense uit, en weet julle, dit het my so "sad" gemaak, want ek het weer eens besef ek is LIEF vir Suid Afrika en dat ek regtig elke inwoner, wit of swart, of bruin of pienk, 'n plekkie in die son gun. Maar as mens aan mens se kinders dink en self ook begin bang raak vir die geweld, dan miskien is dit tog maar tyd om weer te gaan sit en somme maak en te kyk of mens nie dalk tog maar kan oorgaan nie.

Ons het nie veel in wêreldse besittings nie, so dis nie dat ons vreeslik gaan verloor op materiële vlak nie. Dit gaan net 'n klomp geld kos om daar te kom! Maar soos hul sê, waar 'n wil is, is 'n weg. As ek eerlik is met myself het ons nog nie daardie desperate begeerte ontwikkel om wel te emigreer nie. Ek besef maar alte goed dat daar iets soos 'n "false comfort" is, en dat dinge vorentoe baie kan vererger.

Wie weet, miskien is dit die optimis in my wat hoop dat die droom van die nuwe SA tog waar kan word! Ek is bly vir almal wat alreeds in Australië is en ek gun vir elkeen die reg om sy potensiaal te verwesenlik. Wonder maar net of daar dalk ander op die forum is wat ook soos ek so tussen die boom en die bas is!!!!

Link to comment
Share on other sites

Hallo Bienkie,

Ek moet reply op jou post, al is dit net om te bemoedig...........

'Too many people are not living their dreams

because they are living their fears"

Groete,

Kannidood.

Link to comment
Share on other sites

Kanniedood

Ek stem saam met jou "quote" en glo mens moet daadwerklik werk om 'n droom te bewaarheid anders ploeter mens maar net rond. Vir my beteken dit egter ook dat die "Grootbaas" daar Bo moet aandui dat dit die regte besluit is! Ek glo as dit die regte tyd is alles sal in plek val soos dit moet en dat mens 'n ongelooflike rustigheid en sekerheid sal hê oor die besluit! Tot dan, is ek in SA en maak ek die beste daarvan, en geniet die 'posts" daar vanuit Ozzieland! :ilikeit:

Groetnis

Bienkie

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...