Jump to content

Newby here - so baie vrae

Guest San

Recommended Posts

Goeie middag vriendelike mense

Ek is nuut op die forum, en ook nuut tot die besluit om moontlik ons wortels in SA op te lig en Aussie toe te trek.

Bietjie meer oor my en my familie, Ek is 26 het my eie fotografie besigheid, my man is in die IT, 'n Senior Systems Architect, wat baie goed programmeer in C# en Java. Hy't ook 'n Mechanical Engineering graad. Ons sal dus eerder hom as die primêre visa gebruik. Ons dogtertjie is nou 19 maande en ons beplan al klaar aan nr 2. Ons primere rede hoekom ons wil vlug uit SA is die misdaad wat hand uitruk ontrent nie 'n week gaan verby dat ek nie van iemand hoor (wat ek ken) wat deur misdaad geraak word nie. Manlief self was al gesteek met 'n mes 'n paar jaar terug in ons agtererf terwyl hy tuin nat gemaak het.

Ek het nou al so baie by julle geleer, maar het soveel vrae:

1. Hoeveel is julle inkomste belasting en wat sluit dit als in, ek sien medies kos ontrent dieselfde daar as in SA, hoe is die staat se hospitale en so voorts

2. Hoe tree die Australianers teenoor Suid-Afrikaners op, maak mens maklik vriende en hoe sal ons kleinding aanvaar word wanneer sy eendag skool toe gaan (19 maande oud op die oomblik)

3. Hoe lank vat PR, en hoe lank vat 'n 475?

4. Ons wil moontlik eers besluit om vir 1/2 jaar oor te gaan en dan daar te besluit of ons wil bly, sal dit dan beter wees om eerder sponsored oor te kom en vir PR aansoek te doen wanneer ons daar is.

5. In die verskillende stede, hoe vergelyk inkomste en huispryse, soos hoeveel % van jou maandelikse inkomste word gebruik vir huur (of huis paaiemente later)

6. Hoe is Adelaide? Hy klink nogal idillies op die sites waar ek nou al gaan rondkrap het, maar in werklikheid hoe veilig is dit daar (of enige ander stad for that matter)

7. Is daar mamma groepies waar ek en my dogtertjie sal kan inskakel?

8. Is daar 'n kerk wat ongeveer soos die SA AGS is?

9. Was jy ooit 100% seker voordat jy getrek het?

10. By watter agentskappe kan mens in SA werk soek in Aussie?

11. Wat is die verskil in $$$ tussen die sponsored visa en die PR?

Manlief se werk (either Engeneering of Programming) is alby op die lys van beroepe in aanvraag.

Ok, ek is seker ek gaan nou nou aan nog vrae dink, maar dis al vir nou...

Baie dankie by voorbaat, en jammer as ek dubbel vrae vrae, het al baie gelees, maar kon nie antwoorde kry op bogenoemde nie.

Link to comment
Share on other sites

Kom ons kyk hoeveel kry ek reg....

- Op die 457 (sponsored) is jou werkgewer verantwoordelik vir jou medies, op PR is Medicare deel van jou voordele, maar dit cover nie alles nie so additionele cover is goed. Hospitale is soos by ons, party goed en party nie so goed nie, maar dit wat ek sover gesien het is beter as enige iets by die huis. Dokters gee net nie maklik antibiotika nie, maar dit is 'n topic vir 'n ander dag.

2. Hoe tree die Australianers teenoor Suid-Afrikaners op, maak mens maklik vriende en hoe sal ons kleinding aanvaar word wanneer sy eendag skool toe gaan (19 maande oud op die oomblik)

- Wel hier in Melbourne het ek nog geen onvriendelike Aussies gekry nie. Hulle het meer issues met die ouens wat hier aankom en net by hulle eie landsgenote bly. Dogtertjie (5jr) is begin van die jaar kinder toe en sy praat al beter Aussie as ek en het meer vrinne!!

3. Hoe lank vat PR, en hoe lank vat 'n 475?

- PR verstaan ek op die stadium so 2 jaar. 457 (sponsored) enige iets van 6 weke na 3 maande.

4. Ons wil moontlik eers besluit om vir 1/2 jaar oor te gaan en dan daar te besluit of ons wil bly, sal dit dan beter wees om eerder sponsored oor te kom en vir PR aansoek te doen wanneer ons daar is.

- Op die manier sal julle vinniger hier uitkom, julle keuse.

5. In die verskillende stede, hoe vergelyk inkomste en huispryse, soos hoeveel % van jou maandelikse inkomste word gebruik vir huur (of huis paaiemente later)

- Moeilike een, sal dit aan my meer geleerde kollegas los. In Melbourne sit ons met so 25% van my inkomste vir 'n lekker leef huis met 'n tuin so 25km uit stad.

6. Hoe is Adelaide? Hy klink nogal idillies op die sites waar ek nou al gaan rondkrap het, maar in werklikheid hoe veilig is dit daar (of enige ander stad for that matter)

- Melbourne het sy issues, maar meer gang en familie probleme, maar selfs dit is die uitsondering.

7. Is daar mamma groepies waar ek en my dogtertjie sal kan inskakel?

- Hoor van baie hier. Is seker daar is in die ander stede ook

8. Is daar 'n kerk wat ongeveer soos die SA AGS is?

- Daar is maar jy sal moet soek in jou stad, omdat die meeste van hulle as onafhanklike gemeentes deurgaan. Kan vir jou websites forward as jy wil vir Melbourne.

9. Was jy ooit 100% seker voordat jy getrek het?

- Wie sal ooit wees, maar is nie spyt nie.

10. By watter agentskappe kan mens in SA werk soek in Aussie?

- Gebruik www.seek.com.au, het spesifiek deel vir IT ook en gee die agentskappe se name. Bel ook, moet nie net CV submit.

11. Wat is die verskil in $$$ tussen die sponsored visa en die PR?

- Sponsored het ons sponsor betaal, nie idee van PR op die stadium.

Manlief se werk (either Engeneering of Programming) is alby op die lys van beroepe in aanvraag.

Ok, ek is seker ek gaan nou nou aan nog vrae dink, maar dis al vir nou...

Baie dankie by voorbaat, en jammer as ek dubbel vrae vrae, het al baie gelees, maar kon nie antwoorde kry op bogenoemde nie.

Met die ingenieurswese moet hy dalk van die myngroepe in WA probeer. Weet hulle soek altyd mense.

Wel my 2c soos gewoonlik.

Sterkte,

WoO

Edited by WidgetofOzz
Link to comment
Share on other sites

O nog 'n vraag - hoeveel kos dit om 'n container oor te stuur Australië toe?

According to what I understand from people, a 20ft container can cost between R22000 to R32000

Link to comment
Share on other sites

In Maart het ons so R28 000 vir ons sin betaal. Dit was by Magna International.

Kan ek nou maar gaan slaap??!! :P

Link to comment
Share on other sites

O nog 'n vraag - hoeveel kos dit om 'n container oor te stuur Australië toe?

Hi

Welkom en sterkte met die proses! Ons het ook nou maar eers begin. Het vandag 'n kwotasie by Biddulphs gekry vir 'n 20 ft container = R38 000.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Dag San

Baie welkom by die forum. Ek is self ook maar nuut. Ek en my verloofde (dan man) vlieg vroeg Maart 2008 Sydney toe om daar te gaan werk. Hy is ook 'n programmeerder, maar sal eers daar begin soek vir werk. Ek is 'n prokereur en het 'n aanbod by 'n firma in Sydney gekry.

Om jou bietjie leiding te gee oor die finansiële vrae. Ek baseer my antwoorde op Sydney oor dit is waarheen ons oppad is. Die lewenskoste in Syndey is nogal hoog so jy sal omtrek so 20 tot 30% van jou inkomste aan huur spandeer. Huur vir 'n 2 slaapkamer plekkie in Sydney is omtren $750 per week.

Die balastingskale is soos volg

$ 0-$6000 Nil

$6 001 -$25 000 15c for each $1 over $6000

$25 001-$75 000 $2 850 plus 30c for each $1 over $25 000

$75 001 -$ 150 000 $17 850 plus 40c for each $1 over $75 000

over $150 000 $47 850 plus 45c for each $1 over $150 000

Daar bestaan egter die living away from home allowance, in terme waarvan jy 'n belasting voordeel kry vir die feit dat jy nie in jou land werk nie. Sekere aftrekkings word van jou salaris gemaak voor jou belasting wat baie voordelig is, bv 50% van 'n vliegkaartjie vir jou en jou gesing per jaar, die verskil tussen wat jy vir huur in Sa sou betaal het en dit wat jy nou in Oz moet betaal.

Ons 457 Visa aansoeke behoort ons net so 2 maande te neem (sou minder gewees het, maar ons moet wag vir ons paspoorte) dit is weens die feit dat die firma die aansoeke van hulle kant af doen. Ek het egter al gehoor van gevalle waar mense tot en met 15 maande gewag het vir hulle visa's om goedgekeur te word.

So moral of the story, as jy dit oorweeg om te gaan, begin maar die proses. So ek stel voor dat jy probeer dat jou man se werk die aansoeke van hulle kant af doen. Daar is baie goeie agentskappe in Suid-Afrika, maar ek sal jou ongelukkig nie daarmee kan help nie.

Daar is so baie Suid-Afrikaners in Oz en ek is seker jou kinders sal maklik aanvaar word. Dink dit is 'n goeie plan om jou 2de kind in Oz te he, want dan het die kind dual citizenship.

Ek en my verloofde kom gereeld in Pretoria, en jy moet se as julle wil ontmoet en van die vrae bespreek.

Ek hoop ek kon jou help.

Groete

Marina

Link to comment
Share on other sites

Ook 'n NEWBE... :P

Wonder sommer net...

Ons wil oorgaan op 'n PR (het NOU NET proses begin)...

Beteken dit dat NA ALS - as die PR in ons paspoorte is - en ons aansoek doen vir werk daar; die "employer" nie sal bydra tot die trek of vliegtuigkaartjies nie? ;)

Wonder sommer net ...

Dankie!

Doen julle dit deur agent of op julle eie? Gewoonlik sal die employer dan nie enige iets betaal nie al gaan jy op die 457 ook oor!

Link to comment
Share on other sites

Hi San

Welcome to foyer.This is the place to get all answers.

The one thing I have found on this forum is to go through all posts and topics, as it saves a lot of time waiting for replies.The information gained is really fantastic.I know at times we need information at a push of a button but really, do yourself a favour and browse through a number of topics you will be amazed at what you learn.

Please do not take me wrong about what I have said.Just some friendly advise.Hope all goes well.

Chow

Conrad

Link to comment
Share on other sites

Hallo San

Ek sien die ander forumies het jou vrae goed beantwoord, ek hoop dit help.

Die BESTE raad wat ek enige iemand kan gee is om jou eie navorsing te doen. My sussie het ook nou besluit dat dit tyd is en my raad aan haar was: gaan sit voor jou computer en lees en lees en lees, van die Ausie immi website tot die forum tot die migration agents se Frequently asked questions ens ens. Sy het vir meer as 'n week gedoen (waneer sy 'n kansie gehad het) en is baie meer seker van hulle besluit.

Google die vrae wat jy het en search en lees. Jy sal 'n gros informasie kry en sekerheid in jou hart.

Die forum is GREAT en mens kry al jou vrae beantwoord maar dit is nog die beste om jou EIE huiswerk te doen, en dat op die forum te check of jy reg verstaan.

Ek belowe dis die beste!

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

nog 'n vraag

Met hoeveel geld het julle oorgegaan? wat is julle lewens standaard ivm SA (finansieel) huis grote? ens,

As jy moes kies tussen 'n plaas in SA en Aussie wat sal jou keuse wees?

Ek is besig met google, maar dink julle insette is baie waardevol

Link to comment
Share on other sites

Welkom op die forum :whome: Hoop jul gaan sommer gou tuis voel tussen almal :D

Dit hang af of jul met n 20voet of n 40 voet wil kom.

n Jaar terug was n 40voet 'K' het ons als ingesluit R62 duisend rand gekos[ongeveer]

n 20 Voet 'K' sou ons R 32 duisend gekos het.

My man se werk het n gedeelte van dit betaal en dis hoekm ons die groot een kon kies.

As ons self moes uithaal en wys sou dit die 20voet gewees het en wat nie inkom nie weg gegee het vir ons pelle ;)

Sterkte met jul reelings en besluite vorentoe!Hoop al werk vir jul reg uit.

Groete Ursula.

Edited by Allie&Urs
Link to comment
Share on other sites

nog 'n vraag

Met hoeveel geld het julle oorgegaan? wat is julle lewens standaard ivm SA (finansieel) huis grote? ens,

As jy moes kies tussen 'n plaas in SA en Aussie wat sal jou keuse wees?

Ek is besig met google, maar dink julle insette is baie waardevol

Hi San,

Is al weer oppad bed toe maar kom ons probeer gou. Ons het met ongeveer niks oorgekom hiernatoe, inteendeel met redelik skuld. My vrou het vir omtrent dieselfde salaris geskuif as in SA, maar ek as 'n mainframe system analyst kry omtrent 3 keer meer as in SA. En na 6 maande het ons ons skuld afbetaal en 'n redelike goeie sommetjie al gespaar.

Nou vir die ander dingetjies wat jou vraag moeilik maak om vol te antwoord. Behuising is redelik duur hier, koop en huur, maar as jy bietjie uit die stad uit padgee en bereid is om trein te ry in Melbourne, kan jy soos ons 'n 3 slaapkamer huis met 3 groot leefareas kry en 'n tuin vir so A$400 'n week. Sluit A$46 in vir 'n week kaartjie vir die treine, trams en busse soveel as wat jy nodig het.

So ons het nie die swembad nie, maar dit is veilig om strand toe te gaan (3km weg) of tenpin (1,5km) of mall (4km) of net te gaan stap in parke (omtrent 4 binne 10km). So antwoord op vraag een, ons is beter af finansieel, dalk nie met ons huis nie, maar ander faktore maak op daarvoor.

Plaas in SA..........Aus.......Plaas in SA.........Aus

As dit 'n wynplaas is met 'n kelder vol wyn en heeltemal veilig........

Sal ek nog Aus vat want hier het my familie definitief 'n beter kwaliteit lewe, al mis ons die res van die familie en worry oor hulle!!

Hoop dit help San!! Onthou wel dit is my ondervinding, ek dink Nilo se raad is goed vra en lees, maar soek vir jouself ook die antwoorde. Skreeu maar as daar nog iets is, doen dit net sag want die baby slaap al.

WoO

Edited by WidgetofOzz
Link to comment
Share on other sites

Hi San.

Will sent ye a pm with a few things.

Albert.

Link to comment
Share on other sites

Hi San.

Will sent ye a pm with a few things.

Albert.

Hi Allie&Urs, can you maybe pm me with some costs as well for groceries

Thanks

Link to comment
Share on other sites

Hi San,

Probeer die website vir grocery pryse: www.woolworths.com.au.

Moet dit asseblief nie met die een in Suid Afrika verwar nie, hierdie is meer soos ons Checkers of PnP. Wil dalk net byvoeg dat ons gewoonlik vleis, groente en vrugte by die mark koop wat redelik goedkoper is gewoonlik, veral met specials.

Groete,

WoO

Edited by WidgetofOzz
Link to comment
Share on other sites

dankie, reggekom met pryse van die kos, ons het so soortvan klaar besluit om die groot move te maak, ons het besluit om eers met 'n sponsorship oor te gaan, Besluit op Adelaide (of waar manlief nice werk kan kry)

Hy wil graag terug gaan Engineering toe, so ons sal eers vir 'n Mechanical Engineer probeer werk kry, anders vir C# Programming/analyst

So wens ons sterkte met die groot skuif, nou moet ons huis net verkoop en so aan

Link to comment
Share on other sites

Ok hier is n paar goed:[Coles is soos Pick n Pay]en regtig n baie gewilde Supermarket.Regtig goeie pryse.

Spanspek-2.69 EACH

BEEF Rump Steak-10.99 kg

2 L Milk-2.29

Bread-1.79[GESONDHEIDS BROOD]

Quality Beef Mince-9.99 kg

Lamb Leg Roast-6.99kg

Chicken Pieces Mixed-3.99kg

Potatoes-1.85kg

Coca Cola-1.50[1.25L]en 2L-1.99

Slab Cudbury's Chocolate-1.99[150g]

Chips[200g]-1.70

Condensmilk[blik]-1.90

Tomato sauce[500ml sques bottle]-1.90

San Remo Lasagna \ Pasta-1.90

Juna[95g]-1.30

Groot bokse Kellogg's-2.90

Yoghurt 2[200g]-1.90

1OO persent sap[2L]-4.50

Blue Ribbon roomys[2L]3.90

Puppie Kleenex Toilet rolls[3pli]6pack-3.40

Apples-2.90kg

Rice[1.5kg goeie rys]-3.25

Milo[1.25kg]-17.99

Lemon Crumb fish[565kg]fillet-4.90

Cuntry Harvest Vegetables[500g Gevries]-2.29

Fish Fingers[15]-3.99

Golden Crunch Chips[1kg]oven-3.60

Good Quali. Cheese[250g]-3.35

Ok as daar iets spesifiek is laat weet dan sit ek nog op!

Hoop dit help darm net om n idee te kry.

Groete Albert.

Edited by Allie&Urs
Link to comment
Share on other sites

Groot plesier se as daar nog iets is wat jul aan dink spesifieks <_<

Sterkte met jul skuif.Jul maak die regte besluit!

Groete Albert.

Edited by Allie&Urs
Link to comment
Share on other sites

Hi San

Welkom by die forum, klomp hulpvaardige mense hier. Ek sien hulle het al baie raad gegee vir jou.

Ek sien jy is van Pretoria. Daar is 'n bymekaar kom gereel vir sondag, gaan kyk gerus onder Koffieklub vir besonderhede.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

San.

See my post under " GENERAL " (Should I delay my container ? ) for container costings. I will post full costings within the next few days.

Cheers

Pino

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...