Jump to content

dankbaar maar desperaat


Nicolaas

Recommended Posts

Hallo julle almal

Ons is ook in die proses om te verhuis na Aus. maar o wee !....wat n proses...nie net fisies nie, maar ook geestelik en emosioneel. En al die vreeslik baie 'toe' deure waar jy elke keer voel jy loop jouself te pletter. Maar in dit alles is daar tog n 'Life-savour'.....die plan en wil van die Here vir ons almal se lewe.

Ons is sowat 7 maande besig met die organisering van al die dingetjies wat met die besluit gepaard gaan om te immigreer. Ons is nou ernstig besig om aansoek te doen vir sponsorship en die visa. Gelukkig het ons voor in die ry gestaan toe geduld uitgedeel is...(my man uit vrye wil,en ek omdat hy my vasgehou het)

Nou WAG ons!

Ons was so lekker verras om te sien dat dinge tog vir baie mense uitwerk....daarom kan ook ons deel van daardie groep word. Dit gee ons baie moed om die ander se wedervaringe te lees en daarom neem ons ook die vrymoedigheid om onsself aan te sluit by julle almal wat n persoonlike verhouding met die Here het, omdat ons Hom baie lief het en Hy die spil is waarom ons hele bestaan draai. Ons sal dit dus baie waardeer as julle ons sal opneem in jul lys van gebedsversoeke in die verband,ons sal beslis ook vir julle bid...want hierdie is n paadjie wat verseker nie maklik is nie.....maar ons glo, aan die einde van tyd wel absoluut die moeite en trane werd sal wees.

Geniet n geseende dag....en mag vandag vir julle almal n wonderlike verrassing uit die Hemel inhou.

Groete

Nicolaas

Ps. Binnekort sien ons mekaar dalk in Aus...in ons afrikaanse pinkster-kerk.

Link to comment
Share on other sites

Hallo daar Nicolaas (en jou vrou, hoewel ek dink sy is die tikster hier...) :whome:

Baie welkom - natuurlik sal jy dadelik op die lys verskyn waarvoor gebid word elke dag - ons dra mekaar deur die proses, en wanneer ons eendag 'n vleisie op die kole gooi in die beloofde land, dra ons weer in gebed dié wat na ons kom!

Sterkte - ons is maar almal in die een of ander stadium van organiseer en reël en om te probeer om die administratiewe monster onder die knie te kry! Moenie huiwer om te vra nie - iemand weet ALTYD!!

Groetnis

Link to comment
Share on other sites

Hallo julle almal

Ons is ook in die proses om te verhuis na Aus. maar o wee !....wat n proses...nie net fisies nie, maar ook geestelik en emosioneel. En al die vreeslik baie 'toe' deure waar jy elke keer voel jy loop jouself te pletter. Maar in dit alles is daar tog n 'Life-savour'.....die plan en wil van die Here vir ons almal se lewe.

Ons is sowat 7 maande besig met die organisering van al die dingetjies wat met die besluit gepaard gaan om te immigreer. Ons is nou ernstig besig om aansoek te doen vir sponsorship en die visa. Gelukkig het ons voor in die ry gestaan toe geduld uitgedeel is...(my man uit vrye wil,en ek omdat hy my vasgehou het)

Nou WAG ons!

Ons was so lekker verras om te sien dat dinge tog vir baie mense uitwerk....daarom kan ook ons deel van daardie groep word. Dit gee ons baie moed om die ander se wedervaringe te lees en daarom neem ons ook die vrymoedigheid om onsself aan te sluit by julle almal wat n persoonlike verhouding met die Here het, omdat ons Hom baie lief het en Hy die spil is waarom ons hele bestaan draai. Ons sal dit dus baie waardeer as julle ons sal opneem in jul lys van gebedsversoeke in die verband,ons sal beslis ook vir julle bid...want hierdie is n paadjie wat verseker nie maklik is nie.....maar ons glo, aan die einde van tyd wel absoluut die moeite en trane werd sal wees.

Geniet n geseende dag....en mag vandag vir julle almal n wonderlike verrassing uit die Hemel inhou.

Groete

Nicolaas

Ps. Binnekort sien ons mekaar dalk in Aus...in ons afrikaanse pinkster-kerk.

hallo julle

ons het net so gevoel en 2 jaar gevat om te besluit en baie gebid en alles het ons net daarna toe gestuur.ek glo dis was Die HERE se plan met ons.ons sal vir julle bid :whome: groete pollie

Link to comment
Share on other sites

Baie welkom Nicolaas :whome:

Gelukkig is ons baie mense op dieselfde pad, so ons kan mekaar bemoedig, ondersteun en help waar ons kan, en verder bid ons want net Hy maak die deure aan die einde van die dag oop.

As julle naby Pretoria omgewing is kan julle die 4 de November saam met al die "aussies-to- be" kom piekniek hou. Gaan kyk na die koffieklub gedeelte op die forum vir al die info.

As julle meer spesifieke vrae het oor hoe die forum werk PM my ek sal help waar ek kan.

Groete

Aniena

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...