Jump to content

Sommer net nonsense op 27 Oktober 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Ek weier om te tjank.

So ‘n ruk terug was ek op ‘n konferensie van my nuut gekose beroep. Daar was ‘n tannie wat jy met die hand kan groet. Sy het alles en nog meer gehad. Mans staar as sy by ‘n vertrek inkom en hulle vrouens het gewoontlik daarna maar baie stywe lippies. In elk geval. Sy doen toe toetse op my. Weeg my, vat my bloeddruk, vra vrae en so aan. Aangename ondervinding. Haar uitslag. “Mr VADSFERHYJR (hulle kannie van der Merwe sê nie) YOU ARE OVERWEIGHT. YOUR BIOLOGICAL AGE IS 81. (Eks 57)

Wat sy nie weet nie is dat ek in die amper 18 maande wat ons nou hier is, ek 20kg opgetel het. Nie dat ek nie al voorheen oorvreet was nie, maar hierdie kilos het met ‘n spoed gekom. Toe ons hier kom, kon ons nie genoeg kry van uitgaan nie. Dit was nie nodig om meer 6 uur in my tronk te gaan weg kruip nie. En die kos is so lekker en die rooiwyn daarmee saam, uitstekend.

Ek werk nou daaraan om van 81 af terug te tel om weer by 57 uit te kom. Om nie te praat van dat ek ten minste 10 jare by my lewens verwagting by gevoeg het toe ons hierheen gekom het nie. Want sien, na 2 Hijackings was my tydjie om. Ek het in vrees gelewe dat no 3 my sou inhaal voordat ek op die vliegtuig kon klim.

Het ek julle al vertel dat toe ons wil klim die perd vir my sê “You may not board” Op my vraag hoekom nie? Was sy antwoord “the computer says so” Ek kon op sy gesig sien hy wag vir sy fooitjie. F hom. Ek hou uit. Lang storie kort te maak. Hulle jaag vir my en my vrou, alleen, met ‘n bus na die vliegtuig toe wat al op die taxiway was. F hom.

Nou wat het die bollie met “nie tjank nie” uit te waai, sal julle vra?

Omdat ‘n gedig soos wat “colling” geskryf het nie meer kan meeding vir die Elizabeth Eybers prys nie. Dat dit gemors word op ons wat nostalgies nou en dan nog van die verlede praat en skryf. Dat ons kinders verengels en oor ‘n paar jaar nie meer sal verstaan wat pa en ma praat nie. Dat ons te bly is as ons iets van die belasting terug kry wat ons regmatig toe kom nie. Dat ons weier om te bribe want ons wou nie by die Afrika kultuur aanpas nie. Dat die trane in my oë opwel as ek “QG” se storie lees. Dat “Mauritz” ophou skryf het.

F hulle, nie julle, ek sal nie tjank nie.

Groetnis vannie huidige houers vannie krieket wêreldbeker. O ja, ook vannie huidige houers vannie rugby wereld beker. (Al het ons julle verlaat, was ons net so bly soos julle)

Link to comment
Share on other sites

Well done Jan Stoof ! kon dit nie beter beskryf het nie. Die ekstra paar kg's sit ook hier want ons wou als beproef van die slegte donuts en hot dogs tot die lekker steak en rooiwyn. Ons troos ons daaraan dat dit sal begin rusterig raak sodra ons opgehou proe het !! Wat die belasting aanbetref sjoe ja ons was bly al het dit "even stevens" uitgewerk solank ons tog net nie nog meer geld vir oom taks moet gee nie Weet nie wat doen die man met al die geld nie hy lewe defnitief baie lekkerder as ons. En asb moenie soos Maurtiz maak en ophou skryf nie !

Link to comment
Share on other sites

Dankie tog. Ek dag julle ignore my omdat ek gevloek het. Slegte nuus vanaf my seun uit RSA gekry.

"Pa, die tannie by die belasting kantoor sê pa moet nog inbetaal. Sy weet nog nie hoeveel nie maar dit sal duisende wees"

Trevor Manual, jou bliksem, wanneer gaan jy my uitlos.

Link to comment
Share on other sites

Toemaar Jan gelukkig maak jy nou jou geld in $$$$ so duisende is dalk net honderde! Sjoe!

Hoe gannit met die besigheid,.....en die gewig?

Ons soek nog 'n storie, seblief. En vloek maar dis okay. (Net nie die bad'es nie)

Link to comment
Share on other sites

Oh Jan!!! What can i say???

I absolutely LOVE reading your posts! :whome:;)

It's been a long time though - please see if you can pop another one through soon. You're an absolute master with words!!!

En ja, vloek maar.... dis ok! ;)

Link to comment
Share on other sites

Hallo Jan!

Ek en Henry lag nou sooo lekker vir die Trevor aanmaning! :lol: Ons belasting is nog nie eers in van laas jaar nie!

Ons is Januarie oppad Gold Coast toe, Jan! Henry het toe wraggies werk gekry... nou moan die ous by die Council! Ja, klaar te laat.... hulle wil ons nie regtig hier he nie!

Nou ja, groetnis Jan, vanaf Petoors!

Henry en Elize

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...