Jump to content

Polisie manne van RSA na WA


aniena

Recommended Posts

Hi

Julle ek sien in vandag se rapport dat WA ons polisiemanne opraap!!! Enige poliesiemanne wat nog wil oorgaan gaan kyk in vandag se rapport.

Jammer meer inligting het ek nie, ek het nie die artikel gelees nie net die opskrif gesien..

Groete

Aniena

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Aniena,

Dis waar, my broer is oppad hierheen met vol pronsporship deur WA polisie.

Link to comment
Share on other sites

Ag, Marius ek is so bly ;):whome::D:ilikeit:

Groot verlies vir Suid-Afrika - ek is seker, maar hy word tog nie hier waardeer nie.

Alle sterkte vir hom en sy gesin. Mag hulle Australie regtig geniet!

Groete

Aniena

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...
Aniena,

Dis waar, my broer is oppad hierheen met vol pronsporship deur WA polisie.

Hi Marius,

Ons het ongelukkig die advertensie in die Rapport gemis. Enige voorstelle? Of anders sal ons maar moet wag tot die volgende werwing weer in Suid-Afrika. Hopelik is daar in 2008 weer ene?

My man (Con) is al 22 jaar in SAPS met die rang van Inspekteur. Gatvol verby!!!

Vriendelike groete

Maryke

Link to comment
Share on other sites

Marykew

Pm vir marius. Miskien mis hy jou vraag.

Groete

aniena

Link to comment
Share on other sites

Aniena en Maryke,

Ek het met my broer gepraat, hy het die poste op http://www.stepforward.wa.gov.au/ gesien en aansoek gedoen. Laas jaar ook aansoek gedoen, maar afgekeur oor te veel jare diens ( 16 jaar, het 'n graad, maar ook inspekteur rang :ilikeit: ! ). Die jaar het hy weer probeer en het geslaag, wel hy hoor 1 Desember finaal maar ons is vol moed. Hier onder is die hele antwoord deur my broer wat ek aanhaal oor my vraag aan hom.

"Ek het op die website www.stepforward.wa.gov.au die poste gesien wat ek voor aansoek gedoen het. Ek weet hulle vat die meer nuwe aansoeke nie, en ek is nie seker of hulle weer volgende jaar 'n international recruitment drive gaan he nie. Soos dit vir my klink gaan hulle nie, want hulle het vir ons gese hulle recruit nou uit Suid Afrika, en UK, en hierdie suksesvolle kandidate het tyd tot einde 2009 om aan te sluit as hulle 1 desember hulle offer of employment kry. So ek dink nie hulle sal nou mense keur, en hulle kans gee om tot 2009 aan te sluit, en dan volgende jaar weer recruit nie. Tensy hulle nou net 'n paar keur, en volgende jaar weer, maar ek glo nie. In die berig wat onlangs in die Rapport hier was, het die Superintendent Gary Cunningham gese hulle kry daagliks nog aansoeke uit Suid Afrika, maar hulle aansoeke het reeds gesluit. Die mense moet maar so van Maart 2008 af die website dophou, want ek het verlede jaar aansoek gedoen, en is afgekeur oor te veel jare diens, en hulle het hierdie jaar weer geadverteer, en ek het deurgegaan, maar ek dink nie hulle gaan weer 'n recruitment drive he nie.

So ver ek kon sien van die ander state in Australie, moet jy reeds in Australie bly met permanent residency, of jy moet 'n citizen wees om by hulle aan te sluit. WA recruit Commissioned Officers van tyd tot tyd, hulle moet op dir website hier bo kyk, daar is 'n link vir dit.

Laat weet maar as daar nog navrae is waarmee ek kan help."

Dit klink nie na die beste nuus vir aspirant polimiemanne na Wes Australia nie nie, lyk my die recruitment drive is byne of klaar oor, maar moenie ophou probeer nie is my raad.

Hoope dit help. Laat weet hoe dinge verloop.

Groete uit warm Adelaide

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie Marius.

Hoop maryke hulle kom reg

Groete

aniena

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Hi there

I have received good news from WAPol and I have made the selection process. I am feeling over the moon at the moment, when my feet touch the ground I have to start running around getting all forms and medicals done.

Hoping to hear from anyone else that have made the process?

Alwyn Kruger :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Hi

Wens ek ken die geheim om aan te sluit by die Polisie in Australia, ek het in Junie 2007 bedank as Polisie beampte na 17 jaar ook die artikels in Rapport gelees en kom net voor dooiemans deur, Australia vat jou net as jy PR het. Ek en my man is darem nou hier en ek het weer by die Polisie gaan aanklop, weer dieselfde storie, sodra ek PR het kan ek aansoek doen nadat die stepforward website se dat jy kan apply as jy in Australia bly en as jy in die proses is om PR te kry. Ek was ook in 2006 in London vir die polisie en het reeds die toetse afgele en steeds kan ek nie aansoek doen nie, as daar n polisiebeampte daar in SA is wat aansoek gedoen het laat my ook asb weet hoe jy/julle dit reg gekry het.

Hier is n behoefte vir Transit guards ook, maar weereens moet jy reeds PR of Citizenship he.

Ek wag nou maar in spanning dat ons PR deurkom dan try ek weer.

Lorinda

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...