Jump to content

SA Familie verwyte


Jenny

Recommended Posts

Goeie dag almal,

Hierdie is ongelukkig 'n klein sakie wat vir my en my gesinslede baie omkrap. Ek en my man is ongeveer drie en 'n half jaar gelede sak en pak uit Suid-Afrika weg. Ons familie het geglo (of sal ek eerder sê gehoop) dat dit net 'n tydelike ding sal wees en dat ons dan weer sak en pak sal terug gaan. Ek moet bieg, die eerste jaar hier het ek ook gedink ons sal terug gaan, maar 'n klein wonderwerkie het gebeur met my en my man na 15 jaar van getroude lewe en sy naampie is Nathan. Ons het toe besluit om hier te bly omdat Australie soveel meer geleendhede het vir ons kinders. Ek is nou swanger met ons 2de kleinding en is nie van plan om terug te gaan nie.

Die groot probleem hier is dat my ouer suster my vreeslik verwyt want intussen het ons oudste sussie en haar dogter hierheen verhuis en my broer en sy kinders is besig met hulle aansoek wat dan sal beteken dat my sussie daar moet agter bly aangesien (soos sy dit stel) daar geen beter plek op aarde is soos SA nie, en sy is te veel van 'n patriot om dit op te gee. My Pa sou ook graag hierheen wou kom, maar hierdie sussie van my hou hom terug want sy sê dat ons opgepak het die sy sal sorg dat sy darem iemand daar hou.

Nou is die groot vraag..... gaan al die Suid-Afrikaners deur hierdie dinge of het julle darem die ondersteuning van julle families? Ek wens so ons families kan besef dat hulle dinge vir ons baie moeiliker maak as hulle ons nie ondersteun nie.

Ek sien nogal uit daarna om bietjie terugvoering te kry om te sien of nog ex Suid-Afrikaners dieselfde deurmaak.

Vriendelike Groete

Jenny

Link to comment
Share on other sites

Haai Jenny ek is soooo bly jy raak hierdie sakie aan. Ek het juis vandag met iemand oor hierdie presiese onderwerp gesels, en aan die persoon probeer verduidelik dat ek dink die meeste immigrante (of emigrante van hulle kant af) in 'n mindere of meerdere mate hierdie tipe verwyte en/of vervreemding ervaar.

Vir een gedeelte van 'n familie om te emigreer terwyl die ander agterbly is deel van die trauma van landsverlating. Mense gaan seerkry in die proses. Die dae van patriotisme aan een land is baie vinnig besig om ou nuus te word. Dié van ons wat alreeds in 'n ander land woon kan getuig daarvna hoe mense rondtrek oor die wêreld heen. Ongelukkig spruit die meeste emigrasies uit Suid-Afrika uit die onhoudbare omstandighede waarin mense hulle bevind - met die gevolg dat dié wat agterbly half in die steek gelaat voel. Met sanksies nog vars in die geheue hou baie Suid-Afrikaners nog vas aan die idee van "boer maak 'n plan". Ongelukkig is daar nie meer baie boere oor om 'n plan te maak nie, en begin dié wat agtergebly het al hoe meer bedreigd voel, en gevolglik kwaad vir dié wat weg is (of soos hulle soms sê: gedros het!). Hoe gouer Suid-Afrikaners na emigrasie kyk as die avontuur wat dit is, en die geleenthede en interessante stories wat die familie dán kan deel, hoe beter.

Ons is immers nie dóód nie, net in 'n ander land!

Link to comment
Share on other sites

Ons is nog nie in Australië nie, maar as alles reg uitwerk behoort ons teen Julie/Augustus daar te wees. Op die oomblik ervaar ons baie teenkanting van my skoonma en so 'n bietjie van my ma se kant af. My skoonma praat met my man wanneer ek nie daar is nie en ek voel sy speel op sy gevoel. Sy kry dit goed reg ook. My ma het 'n ruk gelede gesê dat sy dit vir ons gun, maar noudat hulle sien dat dit nie net iets is wat gaan oorwaai ni, sê sy aanhoudend dat ons moet seker maak waarvoor ons die land wil verlaat regtig die moeite werd is. My skoonma bly vir my man sê dat sy nie kan glo dat haar seun die land wil verlaat nie. Sy weet alles en die beste, ek bedoel dit nie lelik nie, maar sy dink dat ons net 'n besluit geneem het sonder om ons huiswerk te doen. Op die oomblik is seker die ongewildste skoondogter aangesien ek die een is wat die land verlaat. Glo my dit het BAIE LANK gevat om my man te oortuig dat dit tog die beste is vir ons. Ek is net bevrees as my skoonma so gaan aanhou gaan my man se moed hom begewe en dan sal ons nooit weer hierdie besluit deurvoer nie. My ma praat met my so ek kon vir haar sê dat ons eerder hulle ondersteuning nodig het dan enige iets anders. Ek is nie onsensitief vir dit wat hulle moet deurmaak nie, maar hulle moet dit vir ons gun. As dit dan 'n fout is, dan moet dit ons fout wees om te maak. Soos dinge nou aangaan sal my man dalk nog besluit om te bly.

Jammer dat ek nie kon raad gee nie, wou maar net hierdie ook van my hart afkty aangesien dit my op die stadium frustreer en magteloos laat voel. Ek sal sommer alles los en net aanploeter hier.

Link to comment
Share on other sites

My parents were very apprehensive when we left SA the first time to come to the Middle East. No matter how often I explained that Abu Dhabi is about as far away from Iraq as Angola is from Cape Town, she still fretted. And worried. And did all sorts of other things that moms are extremely good at.

She only really calmed down once she'd been for a visit to see us in our new home. Then, when she finally saw that we were "safe" and living a good life, she calmed down and became supportive.

Needless to say, we were very worried about telling her that we were planning to go to Oz. But fortunately for me, my cousin (who has lived in Oz for over 10 years) happened to be visiting that same weekend. She was so enthusiastic about her lifestyle in Oz, that my mom is really very supportive now, and is already pricing airtickets to come and visit us!

My best advice would be to send your family a video of your new home ASAP and to encourage them to come for a visit as soon as you are settled. It will help a great deal to put their minds at ease.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Julle

hmmm ja ek ken die gevoel van familie wat jou besluit teenstaan. my skoonouers en ouers het ons baie ondersteun en my broer en skoonsus het die hele ding geinisieer. en hahaha...ons is voor hulle hier. Hoe dit ookal sy, my suster het dit baie sleg gevat. Sy se sy wil nie die land verlaat nie want dis nie vir haar so erg nie, maar ke wonder of dit nie iets te doen het met haar skoonma wat n meester is met skuld gevoel speletjies is nie...

Ons het om die vrede te bewaar gejok en gese dat ons net tydelik oorkom sodat hulle gewoond kan raak aan die idee as ons weg is (lafaards wat ons is ja)

Ek het al reuit vir haar gese ons gaan nie terug gaan nie maar ek kry nog steeds email wat vra wanneer kom ons terug.

Mickey ek weet hoe jy voel want my man is ook baie patrioties gewees en wou NIKS hoor van die land verlaat nie. Ek het ook baie maal gedink moet ek dit nie maar los en so aangaan nie, dis mos nie so erg nie.

Maar druk maar net deur. Byt vas en weet dat dit vir julle baie goed gaan wees.

My man was n Mamma seuntjie tot ons hier gekom het en dit het ons die wereld se goed gedoen om weg te kom van sy ouers af (ons het reg langs hulle gebly vir 12 jaar)

My man se neefs en niggies het gedink ek is die heks van die weste omdat ek hulle nefie wegvat van sy land en mense af..trouens hulle ignoreer my nou eers. Maar ek vee my af daaraan ek weet wat goed is vir my gesin en dit kom eerste.

Wees net baie sterk en vasbyt is al raad wat ek het. (raak maar ontslae van jou frustrasies by n simpatieke oor op die forum) :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ons het in 2004 na Sydney emigreer en 10 maande later, het my seun het op die jonge ouderdom van 18 jaar besluit hy wil in Perth bly en studeer, nadat hy daar ge "backpack" het en MAL was oor Perth! Vir ons kon hy net sowel in 'n ander land gebly het, want dit is amper 6 ure se vlug! Verder van ons af, as wat hy op enige plek in Suid Afrika van ons af sou wees! Ons kon hom probeer oortuig het om dit nie te doen nie en hom laat skuldig voel het omdat ons "niemand anders" hier in Sydney het nie. Enige Ma wat al 'n voëltjie uit die nes moes vrylaat sal verstaan wat dit is om jou kind nie meer onder jou vlerk en jou beskerming te hê nie - wat nog aan die anderkant van 'n land 7 keer so groot soos Suid Afrika?! EET die kind darem ordentlik? Slaap hy warm? "COPE" hy ooit?.... Ons sien mekaar net 2 keer 'n jaar en bel mekaar elke week - die tussen-in tye kan die verlange partykeer NET te erg raak! :holy: MAAR ons weet dat hy gelukkig is in Perth, dat dit is waar hy wil wees, en ons respekteer dit! Ons stuur hom nie elke keer op 'n "guilt trip" as ons met hom praat nie. Ons vra uit oor sy lewe daar en raak saam met hom opgewonde oor alles wat hy daar leer en ervaar.

My punt is: Sou die familie by die huis net so omgekrap gewees het as ons Kaap toe getrek het (in plaas van Australië?) Dit is asof die feit dat daar 'n oseaan tussen-in is, dit skielik die einde van die wêreld maak..... Mense bly nie meer vandag net op een plek nie (kyk nou maar net vir ons vriendin SS - waar was sy NOG nie gewees nie?!) Die wêreld is "kleiner" en meer toeganklik vir almal. Toe ek 'n laerskool dogtertjie was het ek nie eers gedink ek sou die buitekant van my DORP sien nie, wat nog van 'n ander land?! En hier is ons kinders vandag - was al in 6 verskillende lande en het soveel wonderlike ervarings opgedoen wat GEEN boek of poskaart ooit sal kan namaak nie! Ek dink dat die hele emigrasie ding meer 'n emosionele "block" is, as enige iets anders. Dit is moeilik vir enige iemand om te aanvaar dat hulle geliefdes in 'n ander land gaan bly - maak nie saak HOE ver of naby daardie ander land is nie....... Al hoe hulle met hierdie onbekende emosies kan saamleef is om (soms onwetend, soms doelbewus) hulself en jou te oortuig dat dit nie die regte ding is om te doen nie. In die proses word dinge in desperaatheid gesê, kry baie mense seer, verhoudings word affekteer en jy voel verwerp en seergemaak. Dit is die EEN kant van die muntstuk.

Dan, hoe JY die saak hanteer - weereens soms onwetend en soms doelbewus. As jy in jou nuwe land opdaag, is alles nuut en mooi en wonderlik en jy kan nie uitgepraat raak daaroor nie! Jy neem alles af wat lank genoeg stilstaan en jou rekenaar se "motherboard" brand uit soos jy foto's en video clips stuur vir almal "by die huis" wat wil sien - en NIE wil sien nie! Jy stuur emails van bladsye lank waarin jy jou nuwe land se lof besing en (onwetend of doelbewus) jou land van herkoms se skandes ophaal in vergelyking. Jy probeer almal by die huis oortuig om ook te emigreer en vertel hulle net hoe lekker dit is in jou nuwe wonderlike land! Later raak selfs die mees ondersteunende familie en vriende in die "wille weste" effens g_tvol om die ewige nuwe land vs ou land liedjie te hoor en begin al hoe minder op jou email & ander kommunikasie reageer. Die "honeymoon" is verby en jy begin wonder hoekom jy niks meer van niemand hoor nie. Onwetend (of doelbewus) begin jy glo dat hulle jou "vergeet" het en vervies jou vir die nikssegende "two-liner" afskeep emails wat jy so eenkeer in 'n "blue moon" kry. Later is jy oortuig dat die mense by die huis jou nie ondersteun nie en kwalik neem omdat jy emigreer het. Dit is die ANDER kant van die muntstuk.

Ons moet aanvaar dat die "agtergeblewenes" (en ek sê dit met 'n tong in die kies om hierdie swaar onderwerp bietjie ligter te probeer maak!) hartseer is omdat ons "weggaan". Vir hulle is dit die einde van die wêreld en vir baie die laaste sien van hulle gunsteling persoon - en hulle besef dit! Baie onbeantwoorde vrae draai in hulle koppe: Gaan julle oorleef? Doen julle die regte ding? Wat as julle 'n fout maak?! Hulle probeer jou ompraat om te bly en soos wat enige iemand wat seerkry sal doen, gaan hulle oor in "defence mode" as jy nie van plan verander nie. Die "weghôllers" (die tong is in die kies!!) ervaar ENIGE teken van teenkanting as 'n aanval en gebrek aan respek vir hulle keuse, en die naels kom uit! Skielik kan niemand niks meer sê sonder dat die ander persoon tussen die lyne lees nie! Dan is ons boertjies nog boonop sulke hardekoppe ook en niemand wil bes gee nie.

Die gevolg: baie trane, baie verwyte, baie misverstande en baie verhoudings daarmee heen! Die ergste van alles is dat mens dit alles kon verhoed as mens net kon leer om mekaar se gevoelens raak te sien en te respekteer. As albei kante van die doringdraad net minder selfgesentreerd en hardnekkig is, KAN mens sonder om mekaar te vermoor deur die hele proses beweeg en nog daar wees vir mekaar as die stof gaan lê het. Op die ou einde verloor albei partye iets kosbaar : jy verloor jou land en jou geliefdes, en die mense by die huis verloor vir jou en die toekoms wat hulle saam met jou sou gehad het. Mens beplan nie jou lewe met die gedagte dat die mense naby jou môre skielik nie meer daar gaan wees nie. Al daai drome oor saam dinge doen & deel is daarmee heen, en dit is vir almal 'n groot verlies! Almal van ons verwerk dit net op 'n ander manier: party huil, ander smeek, of word kwaad, of verwyt of maak asof niks gebeur nie.... Maar ALMAL kry SEER!! Daarby sal niemand verby kom nie!! En moenie dit vergeet nie!

Dit was nou omtrent 'n mondvol!! Ek dink nie ek het al ooit so 'n lang "post" geskryf nie - 'n persoonlike rekord vir my! (Jammer vir die wat dit moes LEES! :ilikeit: )

Wat my seuntjie in die verre betref: my hart sing want hy is "happy"!! Vanaand sal ek saggies op die kussing huil, maar hy hoef dit nie te weet nie.......

Link to comment
Share on other sites

Dis maar dieselfde ons kant. Familie dink nog steeds dis net tydelik en ons sal eendag terug kom. :ilikeit: Ek dink nie so nie.

Dan het ek ook opgemerk wat Riekie praat van die emails storie met vriende en familie. Ons is nog nie eers twee maande in oz nie en ek kry al klaar niks replies op my emails nie. Ek gaan maar nou ophou emails uitstuur dink ek, en dan kyk wie is die een wat gaan mail en vra 'jis jong hoe gaan dit nou met julle, lanklaas gehoor van julle'. Ja wel. Weet nie of dit sal werk nie maar sal darem probeer. Dis iets wat my bietjie onstel op die oomblik. Almal forward die crap emails & jokes vir jou, maar hulle knyp nie eers 'n tydtjie af om net hallo te sê of hoe gaan dit nie. :holy: Maak nie sense vir my nie, maar anyway. As jy tyd het om 10 emails te forward, sekerlik kan jy gou ietsie tik net om te sê dat jy lewe nog? Is ek reg of verkeerd?

Link to comment
Share on other sites

Hi daar,

"Let's rock this boat"....Dis weer-eens 'n interresante onderwerp die. Julle weet natuurlik julle open weer 'n "can of worms" met die onderwerp.

Laat ek dit so stel: Ons het onlangs "familie" aan Australie afgestaan en dis nie 'n lekker ervaring nie. Yes, omdat ons weet wat hulle beweeg rede(s) was, vir die besluit, bid ons elke aand dat hulle gelukkig sal wees daar en dat dit, waarvoor hulle gehoop het, bewaarheid sal word. Tog, bly dit 'n hartseer saak.

Dis reg, ek is een van die "agtergeblewenes", maar soos wat ek agter gebly het het my liefde vir die "familie" lede van my ook hier, saam met ons, agter gebly. My liefde vir die "mensies" is so diep gewortel dat ek nie kan sien hoe ek ooit verwyte na hulle kant toe kan gooi nie. En om kontak met hulle te verbreek het nog nooit by my opgekom nie.

OK, die afstand tussen Aus en RSA is wesenlik groter as die tussen Kaap en Gauteng, maar so was die afstand tussen laasgenoemde ook enorm so paar jaar gelede. Waar ons pynlik, een keer 'n jaar, Kaap toe gery het, 'n paar jaar gelede, vlieg ons nou so een keer per maand per vliegtuig daai kant toe. Tye, en kostes, verander en binnekort, vlieg ons vir 'n naweek Australie toe (dit beter gou so wees, want ek verlang verskriklik en ek is ook nie meer 16 nie) en dan is daar nog tegnologie (e-mail) waarmee fotos en dies meer gestuur kan word, sodat ons darem nie heeltemal vergeet hoe die gesiggies lyk nie.

Ek kan verstaan dat julle, wat emmigreer, verwyte kan kry, aangesien ons (as mens) redelik selfsugtig is en ons, wat agter bly, julle (wat ge-emmigreer het) tog maar vir onsself en hier naby wil he. Ek glo nie dis verwyte in die term wat ons dit ken nie, as julle verstaan wat ek bedoel?

Laat julle 'n bietjie kom kuier, by die wat julle "hard times" gee en kyk wat gebeur.....die ene snot en trane van blydskap...."guaranteed".

Raad: Moennie bande verbreek met die wat agterbly nie. Hou aan e-mails, en wat ook al stuur. Eendag sal ons tot ons sinne kom, besef wat ons mis en julle oorval met alles en nog wat.

Enjoy

Link to comment
Share on other sites

Ek het met ons groot trek 'n baie belangrike les geleer. Hou jou familie op die oop palm van jou hand. As hulle van jou weggevat word, dan is dit nie die helfte so seer as wanneer die liewe Vader ons vingers moet oopforseer wanneer ons hulle te styf probeer vashou nie.

Die wat agterbly, gaan ook deur 'n rouproses en ek besef nou eers na 7 jaar wat my arme ma moes beleef het. Dit vat 'n hele ruk om die drome wat hulle rondom hulle kinders gebou het, totsiens voor te sê. Nie almal beweeg teen dieselfde spoed deur die rouproses nie. Bid maar vir baie geduld en en medelye vir julle familie, maar hou julle oë op die doel wat julle vir julleself gestel het. As dit nie so sleg gegaan het in SA nie, het ons dalk nooit getrek nie, maar ek kan darem noual vir die Here dankie sê, want dit het ons geforseer om na nuwe horisonne te soek.

Ek kan jou darem bemoedig en sê dit kry een of ander tyd 'n einde. As hulle vrede gemaak het met julle omstandighede, dan eers begin 'n wonderlike verhouding met die familie. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Hier is ek alweer oor dieselfde onderwerp. Vandag voel ek so moedeloos dat ek die hele immigrasie na Oz :blink: sommer tot halt roep. Ek is die een wat dit van die begin af gedryf het en nog steeds doen. Net sodra my man finaal besluit het dat dit tog die beste is om Oz toe te gaan, speel sy ma weer op sy gevoel. Ek wil nie met haar baklei nie. EK besef dat sy al haar kinders om haar wil hê, dit is hoe sy is. Sy het alreeds een van haar kinders aan die dood afgestaan en dus is sy seker nog erger oor die 6 kinders wat oor is.

Sy praat net met hom wanneer ek nie daar is nie, nog steeds!!!! Sy het nou besluit om haar besig te hou met hospice werk. Sy sê die rede daarvoor is dat sy andersins die hele dag net by die huis gaan sit en huil. Nou is my man weer heeltemal omgekrap. Hoe meer ek hom vertel sy speel op sy gevoel hoe meer is hy tussen twee vure. Ek gaan nie op sy gevoel speel nie, aangesien hierdie 'n besluit is wat hy self moet neem sonder ENIGE invloed. Sy ma het 'n baie sterk wil en sy weet ALLES!! Ek is lief vir my skoonma maar ek bly nie stil vir haar nie (seker hoekom sy ook nie hierdie goed vir my sê nie). Ek wil nie onnodig kla op die forum nie, maar vandag is ek regtig BAIE MOEDELOOS!!!!

Ek bly sommer net hier en dan is ons al die familie drama gespaar.

Link to comment
Share on other sites

Ek bly sommer net hier en dan is ons al die familie drama gespaar.

Ek dink nie so nie. As julle bly as gevolg van jou skoonma se invloed, gaan dit voortaan net erger gaan. Sy gaan sien dat sy wel 'n sê het in julle lewens, en dit dalk al hoe meer in haar voordeel gebruik.

Ek besef dat jy jou skoonma respekteer, maar ook dat jy nie kan toelaat dat sy julle regeer nie. Jy is SO reg as jy sê dat jou man die besluit self moet neem, sonder enige invloed, en dus kan ek jou frustrasie verstaan oor die invloed wat nou wel plaasvind. Jy, wat sy lewensmaat is, respekteer hom genoeg om hom te los sodat hy vir homself kan besluit, maar sy ma vertrou hom nie genoeg om dit toe te laat nie. Dit laat mens woedend!

Ek probeer nie jou skoonma slegmaak nie, sy is 'n ma, en 'n ma weet mos altyd die beste vir haar kinders :blink:

Maar soos die ou spreekwoord sê, losweg aangehaal, is dat die grootste geskenk wat ons ons kinders kan gee, is vlerke...

Sterkte, ek dink aan jou.

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Mickey, ons is al 8 jaar in Australie en ons is elke dag dankbaar dat ons hier kan wees. My skoonma het ons erg ge"guilt-trip" oor die skuif. 6 weke na ons aankoms het hulle kom kuier (in ons 1-slaapkamer woonstelletjie) en vir 6 weke gebly! Dit was 'n nagmerrie. Voor my man was sy stroperig met my maar agter sy rug het sy vir my gese sy hoop ons skei sodat haar seun na haar toe kan terugkeer. Hy het my nie geglo toe ek hom dit vertel het nie, en jy kan jou voorstel hoeveel skade dit aan ons baie gelukkige huwelik gedoen het. Die ergste van alles was dat sy kon sien hoe veilig ons hier is, watter goeie werk my man het en hoe my seuntjie heerlik in die parkie met nuwe maatjies kon speel, sonder dat ek my hoef te bekommer or sy veiligheid. Ons kon saans lekker in die donker strate rondloop en naweke veilig in die Nasionale Park naby ons huis stap. Nogtans het sy slegs aan haarself gedink en ons nie 'n beter lewe gegun nie. Sy het gesweer dat sy nooit vir ons sal bel of skryf nie, en na 8 jaar hou sy steeds haar belofte. Intussen het ek en my man die hele storie mooi uitgepraat (ons huwelik is weer 100%) en nou bel hy maar so af en toe sy ma, want hy wil darem nie kontak met haar verloor nie. My skoonpa het darem bygekom; hy stuur nou en dan vir ons nuusberigte van misdaad of korrupsie en se elke keer hoe dankbaar hy is dat ons veilig is. My seun is al in die hoerskool; hy stap skool toe met sy maats (dit neem 20 minute) en in die middae speel hulle soms in die stukkie bos naby ons huis. Hy is 'n regte Ozzie; voel heeltemal tuis hier. Dit gaan per slot van sake oor die kwaliteit van 'n mens se kinders se lewens, nie waar nie?

Ek hoop julle gaan voort met julle planne en dat julle net so gelukkig is soos ons. Hou ons op hoogte, asseblief!

Link to comment
Share on other sites

Hello almal,

My familie (insluitende my 80-jarige ma) wil graag he ek en my twee kinders moet gaan - hulle ondersteun my besluit ten volle - so mens kry familie wie die 'groter' prentjie sien!

(Maar dis nie my probleem nie - ek is 'n 47-jarige (nie mediese-veld)proffie (vroulik) wat probeer werk kry in 'n land met 'n ooraanbod van PhD's!)

My familie staan agter my, koop selfs vir my boeke oor Oz etc. en is werklik ondersteunend.

Ek is regtig dankbaar daaroor aangesien dit die hele proses vir my vergemaklik.

Groete

New frontiers

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...