Jump to content

‘Is my ma oukei?’ en toe hoor hy sy’s dood


sue845

Recommended Posts

Boodskap: Maandag mense in Garsfontein, gister Lynnwood. Glo 3de klomp in Lynnwood. ‘Is my ma oukei?’ en toe hoor hy sy’s dood

Oct 16 2007 11:18:17:987PM ’n Vrou is in haar huis aangerand, beroof, verkrag en toe doodgeskiet – slegs ’n paar huise van waar ’n driejarige meisietjie in ’n huisrooftog in die rug geskiet is. Hilda Fourie ’n Vrou is gistermiddag in haar huis in Lynnwood Manor, Pretoria, aangerand, beroof, verkrag en toe doodgeskiet – slegs ’n paar huise van waar ’n driejarige meisietjie Saterdagaand in ’n huisrooftog in die rug geskiet is. Insp. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het gesê ’n onbekende aantal mans het dié huis in Farnhamstraat omstreeks 17:00 betree. Die vrou, in haar vroeë 40’s, is aangerand, van persoonlike items soos juweliersware en geld beroof, verkrag en daarna in die bolyf geskiet. Ramaloko kon nie bevestig hoe die rowers die erf binnegekom het nie. Beeld het verneem die vrou, wat glo vroeër by die Mediese Universiteit van Suid-Afrika (Medunsa) gewerk het, se huiswerker was besig om te stort ten tyde van die voorval. Die huiswerker het glo gille gehoor, maar haar nie daaraan gesteur nie. Toe die huiswerker by die huis instap, het sy die vrou in die waskamer gekry waar sy kaal op haar rug lê. Haar kop was glo bebloed. Die huiswerker het die polisie ontbied. Volgens mnr. Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, is die vrou op die toneel dood verklaar. Ramaloko het gesê twee verdagtes is ná die voorval naby die huis in hegtenis geneem. Die een verdagte het ’n vuurwapen gehad en die ander is in besit van die vrou se juweliersware betrap. Die vrou se blondekopseun het gisteraand omstreeks 20:00 op sy geel bromponie by sy ma se huis aangekom. Hy het nie geweet sy ma is dood nie. “Wat gaan hier aan? Is alles oukei? Is my ma oukei? Sê my, sê my,” het die woorde by sy mond uitgeborrel. Toe ’n polisieman vir hom sê dat sy ma dood is, het hy in trane uitgebars en in die polisieman se arms soos ’n kind gehuil. Beeld het verneem die vrou se man was in die Kaap en haar dogter in die Krugerwildtuin. Teen druktyd het die dogter nog nie van haar ma se dood geweet nie, maar die man het onmiddellik ’n vlug van die Kaap af Johannesburg toe gekry. Dollman het gesê gisteraand se voorval was die derde van sy soort sedert Saterdag. ’n Driejarige meisietjie is Saterdagaand, in dieselfde straat, deur gewapende rowers in die rug geskiet. Die polisie kon nie gisteraand al sê of daar ’n verband tussen dié voorvalle is nie. ’n Bejaarde man is ook Saterdag deur gewapende rowers in die kop geskiet in sy huis in Cameliastraat in Lynnwood.

------ End of Forwarded Message

Link to comment
Share on other sites

16/10/2007

Pietermaritzburg

Twee vroue in twee aparte voorvalle albei in mislukte kapings doodgeskiet.

Die een vrou is genader en is in die sy geskiet (sy is op die toneel dood), hulle het met haar kar weg gery en 'n verspering getref. Die skieters het toe glo by 'n wal afgehardloop waar hulle nog 'n vrou in die kop geskiet het, sy het beheer verloor oor haar voertuig en by 'n steil wal afgestort.

Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Link to comment
Share on other sites

Ek is self in die regte en ken al die teorie, maar kan iemand my vertel waarom mense "verdagtes" genoem word wanneer dit so klinkklaar en duidelik is dat hulle betrokke moes wees by die misdaad?????? Moreel maak dit my heeltemal mal! Hoe aaklig. Sulke goed laat my skoon koue rillings kry. :D

Link to comment
Share on other sites

Ek is self in die regte en ken al die teorie, maar kan iemand my vertel waarom mense "verdagtes" genoem word wanneer dit so klinkklaar en duidelik is dat hulle betrokke moes wees by die misdaad?????? Moreel maak dit my heeltemal mal! Hoe aaklig. Sulke goed laat my skoon koue rillings kry. ;)

Legalbuff: is it not just because legally they can't call them "murderers" instead of "suspects" until they've been convicted? (Not that they will be, with out 2% conviction rate and all...)

Link to comment
Share on other sites

Die reg (SA-reg) se jy is onskuldig tot jy skuldig bevind word deur 'n hof ;) Klink amper soos jy kan maar doen net wat jy wil, jy moet net nie gevang word nie??

Link to comment
Share on other sites

Hi Sue845

Baie dankie vir die stukkie. Ja, dit is verskriklik! Hoe kan 'n mens so iets aan iemand anders doen??? Dit gaan my verstand te bowe!! Ek het eers met oogklappe geloop, maar my oe het oopgegaan en ek sien nou wat my pa al 6 jaar terug gesien het, en hy is NZ toe. Ons het besluit om ons 175 visa te kry, dit gaan in elk geval nog so 1.5 tot 2 jaar neem, en dan is ons kleintjie al groter en dalk sal sy beter doen in 'n creche met maatjies waarmee sy kan speel. Ons gaan probeer om nie oorhaastig te wees, soos ons aan die begin wou wees van opgewondenheid nie, en wag vir 'n goeie werksaanbod voor ons kom. Selfs al moet ons oorkom net vir die validasie van die visa, dink ek is dit steeds 'n goeie opsie om te wag vir die regte werk as om oorhaastig te wees.

Dankie weereens!

Groete

Tania

Link to comment
Share on other sites

Hi

ONS WOON IN LYNNWOOD waar al die voorvalle plaasgevind het. Gelukkig is ons hopelik binne 3 maande weg....!!!

Frenchy

Link to comment
Share on other sites

Dis vir my baie erg om die goed te hoor en krap n mens behoorlik om.Lyk my n mens se lewe is niks meer werd nie.Hoe kan die :ilikeit: so onmenslik wees en ongevoeloos teenoor ander mense.n Mens het nie woorde nie regtig.

Ursula.

Edited by Allie&Urs
Link to comment
Share on other sites

Tania

Ek en my man is ook by daai punt wat ons maar rustig moet wees en wag vir die regte geleentheid. Ons was nes jul vreeslik opgewonde in die begin en wou net gaan!!

Maar besef ook nou ons moet wag vir die regte geleentheid en solank die wiel aan die rol sit vir 'n permanent visa :ilikeit:

My seun is nou in Gr 10 en ons hoop net dat ons sal kan gaan as hy klaar is met skool. Die les wat ek hieruit geleer het is natuurlik heel eerste geduld en nogmaals geduld... En dan om op my knieë te bly deur vir ons veiligheid te bid. Ons gaan hoeka saterdag Pretoria toe vir 'n uitstappie...

Link to comment
Share on other sites

Tania

Ek en my man is ook by daai punt wat ons maar rustig moet wees en wag vir die regte geleentheid. Ons was nes jul vreeslik opgewonde in die begin en wou net gaan!!

Maar besef ook nou ons moet wag vir die regte geleentheid en solank die wiel aan die rol sit vir 'n permanent visa :ilikeit:

My seun is nou in Gr 10 en ons hoop net dat ons sal kan gaan as hy klaar is met skool. Die les wat ek hieruit geleer het is natuurlik heel eerste geduld en nogmaals geduld... En dan om op my knieë te bly deur vir ons veiligheid te bid. Ons gaan hoeka saterdag Pretoria toe vir 'n uitstappie...

Hi Johnny

Ja nee, al wat mens kan doen is bid dat jy nie iets oorkom voor jy kan emigreer nie.

Sterkte met al julle reelings!

Tania

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...