Jump to content

Oppad na Oz

Guest Vermeulens

Recommended Posts

Guest Vermeulens

Hallo,

Ek is nuut by die forum, gister aangesluit, maar ons is reeds sedert Maart 2007 in die proses om te emigreer. Manlief is besig met onderhandelinge met moontlike werkgewers sodat ons dalk Januarie 2008 gaan op 'n 457. Die Skilled 136 neem net te lank en ons wil gouer ons nuwe lewe begin.

Nou, ja, ek hoop die lede van die forum kan my help om uit te vind of daar enige Suid-Afrikaners in Biloela, Queensland is. Een van die moontlike werkgewers, Siemens, wil vir manlief daar plaas vir 'n projek op 'n kragstasie in die omgewing. Ons is tans Pretorianers, ek wil graag met "locals" in die dorpie gesels.

Groete

Emmarentia Vermeulen

Link to comment
Share on other sites

Hello Emmarentia

Biloela, is 'n baie klein plattelandse dorpie. Ek is nie bewus van enige Suid Afrikaners daar nie, moontlik by die kragstasie, wat nie baie ver van daar is nie.

My man het 'n tydjie daar gebly, en gewerk op die nuwe steenkool myn in Moura. Die kragstasie in Calide is ook aan hom bekend. Die naaste groot plek aan Biloela, is Gladstone of Rockhampton. Hulle is omtrent ewe ver van mekaar.

Ek was juis laas week in daai omgewing, het gaan kyk hoe dit lyk waar hy gewerk het.

Groete

L'mari

Link to comment
Share on other sites

Guest Vermeulens

Dankie LMari,

Ons het taamlik opgelees oor Biloela, dankie tog vir Internet! Net 5000 mense en die breedste deel van die dorp is 2.4km!

Dit kan vir Pretorianers 'n aanpassing wees of 'n verligting. Weet nog nie. Die ander werk wat manlief kan kry is in Perth. Ons moet nou kies.

Ek sien daar is 'n afset winkel vir die Sabona tydskrif in Biloela, so daar moet seker Suid-Afrikaners wees?

Link to comment
Share on other sites

Baie welkom op die forum.Sterkte met jul planne vorentoe.

Groete Ursula.

Link to comment
Share on other sites

Hi

Welkom hier by ons. Ek hoop jy sal antwoorde op jou vrae kry.

My opienie is om eers Perth te probeer en dan n klein dorpie. Vir iemand wat uit n stad kom kan 2.4km dalk heeltemal te klein wees.

Wendy

Link to comment
Share on other sites

Sjoe Emmerentia

Alhoewel ek geen twyfel het dat Biloela n oulike plattelandse dorp is nie , is my "gut" gevoel dat julle ernstig die Perth opsie moet bekyk.

Na n nuwe land trek is moeilik, maar ek dink van stad platteland toe is ook moeilk. Sal dit nie makliker wees om van n stad na n stad te trek nie?

Net my "two cents worth"

Queensland Girl, ek is geneig om heeltemal met jou saam te stem. Ek was al in Biloela, weet hoe dit daar lyk, invergelyking met 'n stad soos Pretoria. Ek dink ook dit sal 'n baie beter keuse vir hulle wees om Perth te oorweeg. Ek het self vir vier jaar hier op 'n plattelandse dorpie gebly.. en dit was nie grappies nie.

Emmerentia baie sterkte met julle besluit. Ons weet dit is nie maklik nie. Ek sal kyk of ek vir jou kan uit

vind of daar enige Saffers is in Biloela.

Luv

L'mari

Link to comment
Share on other sites

Queensland Girl en 'Lmari

Ek stem saam met julle 2.Ek wou dit ook terug reply maar jul het sommer geantwoord wat ek ook gedink het.

Vermeulens sterkte met jul besluit wat jul gaan maak.Laat weet wat is jul planne.

Groete Ursula.

Edited by Allie&Urs
Link to comment
Share on other sites

Emmarentia.

Sterkte sal aan jul dink met jul besluit.

Ursula.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...