Jump to content

Ook amper daar!


Teresa

Recommended Posts

Hi almal!!

Ons is ook sterk oppad.. Het die PR visas 13 September gekry. Sjoe, die 2 jaar is verby... of verbeel ek my en is ons nou eintlik eers halfpad??

Besig om huis en besigheid te verkoop en hopelik middel Januarie voor skole begin, sal ons daar wees.

Ek's 'n binnehuis versierder, my man 'n elektrisien en ons het 'n seun (word more 6 julle! amper groot skool toe!)

Daar is so baie dinge om te doen, dis om van dronk te voel. Ons beplan om Brisbane toe te gaan, sonder werk of huis... enige iemand wat die ding ook so aangepak het, met raad en idees sal welkom wees! (Ons vertel onsself dit gaan 'n avontuur/ vakansie wees...ha ha... sonder om weer huis toe te kom!)

nou ja, is bly om by julle aan te sluit, dis baie lekker om almal se stories te lees !

Groete

Teresa

Link to comment
Share on other sites

Welcome, this is a great country to live in. As I live in Melbourne, I cannot help with advise in Brisbane, but there are so many SA's there, that you will be receiving a lot of replies, of that I am positive!

Link to comment
Share on other sites

Hi Teresa,

Toemaar, hier is dierbare mense op die Forum. Ons is nou al amper 'n maand in Brisbane en het al baie invites gekry van die mense hier (ander forum lede). Dinge was maar nog effe deurmekaar en sodra my lewe bietjie sin maak gaan ek beslis in skakel.

Julle sal van Brisbane hou. Daar is ook ongelooflik baie dinge vir die kinders om te doen.

Ek gaan nie vir jou jok nie, dit is 'n skok vir die brein. Mens weet jy kom hiernatoe en dink jy is ok, maar dit is baie overwhelming. Dan tref alles 'n mens eintlik. Elke dag voel dit tog 'n bietjie beter en ek kan sien hoe 'n mens goed kan lewe. Daar is op die oomblik 'n skaarste van huur plekke in Australie en ons was lam gesoek na 'n huis. Het uiteindelik reggekom. So, ek hoop die huur skaarste sal uitgesorteer wees as julle kom.

Enige iets anders waarmee ek kan help, laat weet maar. Sterkte vir die laaste stretch. Kuier by almal en drink al daardie dingetjies op in jou gedagtes want dit is dit wat jy gaan aan dink as jy hier kom. Doen alles in SA wat jy nog wil!

Sterkte

Baie groete

Annelize

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...