Jump to content

Sommer net nonsense op 10 en 11 Oktober 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 10 Oktober 2007

Is nou net na 12 uur Woensdag oggend of te wel net na 12 Dinsdag nag. 00:00 in Army tyd. Het al net na 8 in die bed geklim. Moeg sien. Het die heel dag rond gejaag en niks gedoen nie. Net 1 tag gedoen. $5 ryker. Gaan more darem die ou se kantoor klaar maak. Maar hoekom is ek dan so moeg? Moeg van niks doen en ‘n gesukkel.

Maandag het ek die hele dag gespandeer om Murray se trailer se ligte reg te maak. $60 dollar se parte later en na ure se gespook was die sleepwa se ligte herbedraad. Annatjie kom so 5:30 daar aan met my bakkie en ons koppel op om te toets. Linker flicker is reg. Regter flicker is reg. Linker briek is reg. Linker hooflig is reg. Regter kant? Niks, zults, nikkies, bokkerol. Die hooflig brand waar die brieke moet wees. Die flicker brand as die hooflig aangaan en die briek getrap word. Ens ens ens. ‘n Royal F….p. Ek los die hele lot net so en ons gaan begin trek met my twee bakkies.

Laat ek net eers tussen in kom met ‘n klein storietjie oor my vrou van 33 jaar. As sy skoonmaak, maak ek gewoontlik dat ek weg kom. Alles moet geskuif en gedraai word en afgestof word ens, ens, ens. Onplesierig sê ek vir julle. Met die getrekkery is sy 10 maal erger. Ek kan nie weg hardloop nie want ek moet help.

Woensdag oggend is ek saam met Travis stad toe om die elektriese kontrakteur wat die bedrading van “Tasting Australia” (sal nog verduidelik) doen, te ontmoet. Die ou is onder andere ook verantwoordelik om alle uit stallers se elektriese apparate te Test & Tag. ‘n Joppie wat ek nou gaan doen na die onderhandelinge. Ek sien al my naweke is van nou af moer toe. Gelukkig is dit pragtig om daai printer te sien “money” aag ek bedoel “tags” druk.

Van 12 uur Woensdag middag af, is ek by Gary wat vir my toets trollie groter wiele aansit om op die grasperke van Elder Park te loop waar die Event gaan plaasvind. 4 Uur was ons klaar en ek draf toe om die een Tag te gaan doen. 5 uur is ek weer by Murray. Ons haak die sleepwa aan sy kar en begin weer toets. Linker flicker, niks. Regter flicker werk. Linker briek, niks. Regter hooflig is waar die briek moet wees. Waar gister ‘n Royal F….p was is dit vandag ene kwadraad. ‘n ROYAL F…..P. Ek skop daai ligte dat hulle daar trek. Murray vra nog “what you doing? Toe trek die ander lig ok. Man toe soek een van my gewese Suid Afrikaanse vriende om te bliksem. Hy sien ek is moer toe en besluit toe wyslik om nie aan te gaan nie. Baie slim van hom om te sê “I always thought those lights were shitty. We will have toe buy new ones tomorrow”

Raai wat? Toe wil Annatjie nog trek ok.

Ek stuur haar ook moer toe. Eet. Stort. Gaan slaap.

Dit is die dat ek nou tyd kry om te skryf. Het alreeds 4 ure slaap agter die blad.

Al ligpuntjie was. Terwyl ek vir Annatjie wag by Murray se huis, sy antwoord mos toe nie haar sel nie en ek het haar vroeër gesê sy moet soontoe kom. Lui my mobile. Ja hier het ons nie selle nie, maar “mobiles” “Jim’s Test & Tag, Jhann speaking” in my besigheids stem.

“Hallo Jan” Ek ken mos daai Afrikaanse stem. Jy kon my met ‘n veer om moer. Dit was Tinus Badenhorst van Tzaneen se wêreld af. Ek het meer as 18 maande laas met hom gepraat. Die laaste keer toe Annatjie in Phalaborwa gaan hol het. Ons was op ‘n vinnge trippie en toe ons by sy huis verby ry in Haneartsburg (spelling), toe bel ek hom. Daar was nie tyd vir kuier nie en ek het maar net hallo oppie sel gesê. Ek was so bly om weer ‘n bekende stem te hoor dat al my gesukkel met die sleepwa vergete was. Lekker vinnig gesels want dit is so 10 000km vêr en duur. Darem wonderlik die moderne mobiles. ‘n Slegte dag word toe weer goed. Die bliksem kry darem my briewe maar is glo te besig om terug te antwoord. Ek kon darem ‘n belofte uit hom kry. Sal sien of dit al is. ‘n Slegte dag eindig goed.

Dit is nou totdat Annatjie weer wil begin trek.

Dit is die dat ek nou hier skryf.

“Tasting Australia” is ‘n jaarlikse gebeurtenis hier in Adelaide. Ons is mos naby die wyn Mekka van Oz, die Barossa. Al wat ‘n wynplaas kom stal hulle wyne uit en daar word gedrink en geet. Hulle verwag so 10 000 mense per dag. Saterdag en Sondag. Elke persoon koop ‘n bottle wyn om te drink en eet ietsie. Ek kan getuig van vorige, soort gelyke feeste, dat jy omtrent $50 lag lag spandeer. 20 000 x $50 = $1milj of te wel R6,19miljoen vir twee dae se wyn proe. Nie sleg nie. Die mense gedra hulle en jy sal wragtig nie een sien wat gesuip is nie. Korreksie. As hulle daar is, is dit gewoontlik een of twee van my inheemse vriende. Maar hulle drink nie eintlik goeie wyn nie, hulle suip spirits. Die Officers vat hulle ook gou weg. As jy huis toe ry kan jy seker wees jy gaan deur ‘n padblokkade wat jou sal laat blaas. Ek is gister deur een op pad soontoe. Dit is die Officers se way om te laat weet ons is hier en ons slaaap nie.

Man ek laaik die land. Dit is net hulle rugby wat ‘n bietjie agteruit gegaan het. Seker vandat hier so baie Suid Afrikaners hier heen kom. Ha ha. Ek het julle al vertel dat die motor diefstal in Melbourne toe geneem het en dat van my Suid Afrikaanse vriende hiervoor verantwoordelik is.

Van paartie gepraat. Ek hoor een van Jan Henning se dogters is toe onlangs getroud. Geluk. Wees moerse bly dat sy onder jou vlerk uit is. Moet net nooit daaraan dink om daar te gaan bly nie. Vat ‘n tip van ‘n fool. Maar nou ja. “Beggars can’t be choosers” Dit is hopelik by die naweek se kant verby.

Groetnis van die huidige krieket wêreld beker kampioene en ook van die 20/20 en rugby in 2011.

Ek hoor dit is in NZ daai tyd. Ek sal daar wees, daai keer.

Is nou 11 Oktober en ek gaan aan met my vervolg verhaal oor my trek sage.

Ek huur toe vanoggend ‘n trok. Ek en daai sleepwa sal seker nooit reg kom nie. Kos my $85 en dan ook seker ‘n hele klomp bier, later, vir die perde wat my gaan help trek.

Begin toe mos laasnag reën. Net my geluk. Ek bel eers almal om te hoor of hulle nog sal help.

Positief en ons begin laai.

Ons goed het in ‘n 20 vt houer hier aangekom, 16 maande gelede. Ek het ‘n 40 voeter gehuur en alles was daar gestoor. Die Ozzies kan nie glo dat ek al daai goeters saam gebring het nie. Hulle is mos IKEA perde en koop elke jaar of wat nuwe rubbish. Van ons meubelstukke is 100 jaar oud en erf stukke. Sal die een tannie nie vir my sê “Jhan, you have to much stuff. Get rid of it at a garage sale” Die lotte verstaan nie. Ek het haar natuurlik moer toe gestuur, stilletjies. Wat weet sy van Afrika kultuur. My ma draai in haar graf om as ek daai goeters op ‘n garage sale verkoop.

Ons werk ons toe oor ‘n mik. Ek suip net Red Bull en bid vir krag. My brandkas weeg seker 200kg. Ons kan hom nie uitpak nie want die sleutel is weg. Annatjie se medaljes en trofees is daarin. Sy is liewer vir daai Comrades medaljes as vir my. 6 Ure later is ons klaar. Die huis staan vol meubels en ek weet nie waar gaan ons vir alles staan plek kry nie.

3 Uur is ek by die huis en gooi ‘n swaar verdiende whisky en rus ‘n salige rus. Nie vir lank nie. Annatjie kom huis toe van die werk af en wil net gaan uitpak. Ek weier volstrek. Ek het rus nodig en stuur haar moer toe. Uit kom die skei briewe. Ek sal more aangaan. Vanaand rus ek en skryf nonsense. Sy is weg en sal seker baie laat terug kom. Sy het darem al gebel om te hoor of “LIEFIE” al kos gemaak het. Ek het en daar is darem vir haar ok, sonder gif.

Dit, my liewe vriende was twee dae in Oz. As ek weer trek, oor ‘n jaar as ons huis klaar gebou is, kry ek ‘n “removelist” of so iets. Sela.

Groetnis uit Adelaide, ‘n misdaad vrye stad, gemeet aan Pretoria standaarde.

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan

Such a long time since i've gotten to read one of your posts! All i can say is - you have a wonderful way with words!! It is so interesting to read your posts and i get a fair few chuckles out of them as well.

Thank you and keep it up!!!

Link to comment
Share on other sites

Lekker storie Jan !! Ek en my man het net een keer in ons lewe self getrek en dit was die eerste trek daarna nee wat maak leeg die bank en die beursie dat die wat weet hoe vir jou trek !

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...