Jump to content

Sondag middag in Glenelg


Blossom

Recommended Posts

Ons besluit om te gaan rondloop in Glenelg en sommer fish en chips te eet daar erens. Die wind waai jou klere van jou lyf af en sommer reg deur my ore en ons besluit om liewer in een van die baie kosplekkies

te gaan eet. Kan nie op die strand eet nie want as die wind die kos nie weg waai nie gaan een van die meeue jou chips steel.

Ons gaan toe in by Cafe Primo, die een wat hulle so adverteer op tv waar "Mark" se alles kos $9.90. Kry toe 'n tafeltjie in die hoek in die son en bestel ons spyse.

LS en ek bestel pasta marinara en LM fish en chips met elk 'n koeldrank daarby. Die atmosfeer is lekker, die meeste mense drink wyn of bier en hulle kuier lekker. Meeste mense ons ouderdom. Ons kos arriveer, groot borde vol gepak en ons val weg. Die volgende oomblik klink daar 'n gelag op, nie normale lag nie, maar so sny deur die been, hoe oktaaf, soprano blaf geluide. Ek skrik so groot, mors my fanta oor my pasta en loer rond wie lag so. Sien niemand nie maar 2 tafels weg van ons sit daar 'n man en 2 vroue en heerlik gesels. Jy kan sien die man gedy in die vroue geselskap, sy ogies is sommer so toe soos hy praat en beduie.

'n Rukkie later terwyl LS in die verte staar met sy vurk op pad na sy mond toe, gebeur dieselfde....daai gelag wat kan glase bars. Hy gooi sy vurk dat hy daar trek en jy sien net tamatie sous pasta oral. Dis op sy ken, op sy klere en op my. Sy oe is rond en verskrik en hy is bitter verlee oor die gemors. Intussen het LM sy chip te diep in sy keel afgedruk en is besig om te verstik. Ek vlieg op, reg om die Heimlich (sp) metode toe te pas op hom. alles is chaos, ons tafel lyk soos 'n orkaan en ek is besig om my te vererg.

Wie op aarde is so orig? Regtig, dis die woord wat by my opgekom het. Ek kyk nou openlik rond, die ander mense ook.

Alles kom tot rus en ons eet verder...die vrou wat met haar rug na my toe gesit staan op maar dit gaan sukkel, sukkel. Sy moet op die tafel leun om regop te bly, jy sien net glase wyn mors oral, sy draai om en wiggel, waggel binne toe. Seker ladies toe, dink ek. Sy moet die 2 trappies 3 keer bestyg voor sy bo is.

Toe sy terug kom sien ek dis 'n ouerige dame (?) met blonde hare en swaar make up. So halfpad op pad na haar sitplek toe vang sy die man by hulle se oog en hy knik vir haar......sy maak haar mond oop en daai onaardse geluid bars oor haar lippe. Alhoewel ek reguit vir haar kyk, skrik ek al weer my stert af. Ek ruk my reeds seer rug uit lit uit en toe is dit tickets! Ek kan dit nie meer vat nie en wil opstaan en vir haar se om nou dadelik stil te bly en nooit weer in haar lewe te lag nie want dis gevaarlik. Sy kan iemand beseer!

Lm en LS hou my terug, wil nie 'n scene he nie. Ek sak terug in my stoel, by hierdie tyd is ons hele ou huisgesinnetjie wrakke, ons besluit om liewer rustig tuis te gaan koffie drink.

Wonder hoe het sy gevoel Maandag more?

Dis hoe ons Sondag in Adelaide was.....

Groete,

Kannidood.

Edited by Kannidood
Link to comment
Share on other sites

Hey Kannidood,

I haven't laughed so loud for a very long time!!!! You definitely have a way with words and that coupled with the expressiveness of the Afrikaans language is just too much! As I'm typing this, I'm still laughing with tears streaming down my face.

I can't recall when last I heard the word 'orig'!

You are an absolute treat!! You made my day!

SAS

Edited by SASydneysider
Link to comment
Share on other sites

Kanniedood,

Jy weet, ek het so deur daai puik storie van jou gelees en so stadig het ek 'n teorie oor daai vroumens opgebou. Ek is amper seker sy is 'n perde eienaar. Die ding is, ons mense tree mos op en lyk na 'n rukkie mos soos ons troeteldiere, en andersom, of dis wat sommige kenners se.

Ek het eenkeer na 'n foto van my een broers en sy Rhodesian Ridgeback brak gestaan en kyk, en toe se ek vir my ma: "Ma, WIE is nou eintlik WIE op hierdie kiekie?" En toe klap my ma my so hard dat ek net sterre sien, plus so 'n paar galaxies for good measure. (Daai broer van my was haar witbroodjie.) :D

Maar dit bring my nou by my punt. Ek dink daai vroumens is die eienaar van 'n perd (of miskien 'n donkie), want dit klink vir my asof sy soos haar troeteldier lag, veral wanneer sy so 'n bietjie deur die wingerd gewandel het. Of dink jy sy het miskien 'n kalkoen vir 'n troeteldier? Of 'n Hiena? Of 'n Kookaburra?

Nee wraggies, hierdie pos van jou was puik, en vir die res van die dag gaan ek in giggel-mode wees. :D

Cheers,

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Runnik, lag, blaf, bler,...ek weet nie Dax, maar ek het gegaap soos 'n vis sonder water van skok. Ek is mal oor byvoeglike naamwoorde in Afrikaans. :holy: Wat se die onnie?

Groete, Kd.

Link to comment
Share on other sites

Runnik, lag, blaf, bler,...ek weet nie Dax, maar ek het gegaap soos 'n vis sonder water van skok. Ek is mal oor byvoeglike naamwoorde in Afrikaans. :blush: Wat se die onnie?

Groete, Kd.

Janee, hoe HET daai vroumens gelag…. :D:D

Eintlik wens ek, ek was daar. Soos jy dit beskryf kon van die volgende dalk van toepasing gewees het:

Onnie? :blink: Party is nou nie SO geskik vir 'n klaskamer dat jy dit sal agterkom nie...

Haar lag laat my dink aan die brul van ‘n Leeumanetjie met ‘n maagseer.

Jislaaik, maar sy klink soos ‘n verliefde Hiena met laryngitis!

As aambeie kon sing, sou dit soos daai Antie geklink het.

Ai, haar gelag klink soos my Oom Tienie se maag na teveel boontjiesop.

Jirder! Ons mannetjies-kat klink beter wanneer hy dronk is in die maanlig.

Jip! Sy klink soos ‘n hoenderhaan sonder mediese versekering wat ‘n jakkals sien aankom.

Daar was so ‘n paar ander waaraan ek ook so vlugtig gedink het, maar as ek dit hier pos, blaas Hendie my met ‘n haelgeweer van die forum af! :blush::ph34r::D

Groete,

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Haai Kd,

Ek wil nie "over the top" wees nie, maar is hierdie prentjie 'n naastenbye beskrywing van daai wilde Antie?

post-964-1192014914.gif

Link to comment
Share on other sites

Jig! Genoeg om enige een van pampoen af te sit. Bietjie rooi lipstick, nog rooier blush, wynglas in die prentjie en jy is amper daar.

Ek like over the top! :ilikeit:

Die lewe is ernstig genoeg en die arme ouens wat nog besig is met die proses van emigreer het bietjie afleiding nodig. Hulle moet kan sien dat hier tyd is vir bietjie 'over the top' en dat jy nie hoef te worry of die Coke uit jou glas uit gesteel gaan word sonder dat jy dit sien nie.

Regtig, dit het gebeur in die Dros...omgedraai en gesels, terug gedraai en my glas was leeg. Was nie ek wat dit gedrink het nie, weet ook nie wie nie, dit was net weg in die oorvol plek. Help ook nie jy kyk rond om te sien wie was dit nie, almal lyk ewe skuldig..of onskuldig. Shame, hulle het seker gedink dis iets sterkers as Coke...surprise!

Groete,

Kd.

Link to comment
Share on other sites

Ek het n foto van daai vrou geneem.

post-1909-1192063667.jpg

(sorry Dax)

Link to comment
Share on other sites

Goed gedoen Fred! :ilikeit:

Volgende keer as ons daar in Glenelg rondloop sal ons maar ons oe en ore oophou.

OF

Ons sal ons bure vra of ons hulle Spaniel brak kan leen en saamvat Glenelg toe, want as ou Daisy spontaan begin tjank (Spaniels het mos 'n fyn gehoor), dan weet ons om te hardloop daai vreeslike Antie is naby.

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...