Jump to content

My land


die Mulders

Recommended Posts

My goeie vriendin het hierdie liedjie geskryf. Dis van haar eerste CD. Die woorde gee my hoendervleis en bring hope trane. As ek verlang na my land en my mense luister ek hierna. Ek glo nie sy sal omgee as ek die pragtige woorde met julle deel nie...

My Land

ek lees nie meer die koerant nie

kyk nie vir Riaan op die nuus nie

want ek word bang, ek word so bang

vir my land

Ek loop nie meer in die park nie

ry in die aande nie te laat nie

want ek is bang, ek is so bang

vir my land

nooit hoef jou kinders, trou is te vra, wat beteken jou vlag dan, Suid Afrika

moeder aarde weet so goed

hierdie Afrika grond sluk ons bloed

want ons is kwaad, ons is kwaad

vir die land

wanneer hou die onsinnigheid op

ek probeer die mooi raaksien met 'n geweer teen my kop

ek voel siek, ek voel so siek

oor ons land

nooit hoef jou kinders, trou is te vra, wat beteken jou vlag dan, Suid Afrika

uit die blou van onse hemel

uit die diepte van ons see

oor ons ewige gebergtes

waar die kranse antwoord gee

deur ons ver-verlate vlaktes

met die kreun van ossewa

ruis die stem van ons geliefde

van ons land Suid Afrika

ons sal antwoord op jou roepstem

ons sal offer wat jy vra

ons sal lewe

ons sal sterwe

ons vir jou Suid Afrika

maar as die Afrika son op my skyn

wil ek nie weggaan nie en die vrees verdwyn

want ek is lief, ek is so lief

vir my land

-Karen Wessels, Hoe durf jy?

Link to comment
Share on other sites

Guest mauritz

Dit is baie sad, maar baie waar. Aan die anderkant - ek kyk na daai klein pikkie met die kurkproppes wat so swaai. So 'n kindjie moet vry kan rond hardloop op 'n goue strand en nie agter staal soos 'n papegaatjie in 'n hokkie groot word nie.

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die deel Muldertjie. Ek stem saam met Mauritz, hier in Aussie hoef ons nie te vrees nie, nie vir ons self nie en ook nie vir ons kinders nie!! En dit is wonderlik!!!

Lovies

N

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...