Jump to content

2de week in Brisbane


die Mulders

Recommended Posts

Vandag is ons 2de week hier. Die eerste week was baie deurmekaar en emosioneel. Ons moes al ons basiese dinge uitsort soos Medicare ens. Binne 3 dae het ons al die belangrikste goed klaar gedoen - praat van "efficiency"!!! Dit was ongelooflik om op plekke te kom en die mense weet wat hulle doen. Hulle was almal behulpsaam en dinge het glad verloop. Goeie diens is iets waaraan ek nie meer gewoond is nie.

Die 2de week het ons meer met die tydzone aangepas en die omgewing het meer bekend begin voel. Dinge is skoon en mooi. Die eerste keer toe ek dogtertjie se doek gaan ruil in 'n winkelsentrum het my mond oopgeval. Daar is ordentlike plekke om die kinders skoon te maak, 'n watercooler/heater vir bottels, borsvoeding plek met ordentlike skoon geriewe, 'n mikrogolfoond, skoon toilette..ens ens. Ek kon dit nie glo nie! :huh:;) Ek onthou hoeveel keer ek my arme kind eerder in haar stroler moes doek aansit omdat die geriewe OF nie bestaan het nie OF so walglik vuils was.

Ons ry nou al met gemak rond, en om hier te bestuur is glad nie so erg soos wat ek gedink het nie. Ek is nou nog nie heeltmaal reg om ver op my eie te ry nie...maar ek sal daar kom. Die kontstante bekommernis en vrees is weg. Mens kan asem haal en ontspan, en dit is wonderlik. Ek kan sien hoe my kind hier kan "kind" wees. Hier is ongelooflik baie geleenthede en ek dink ons gaan oor die algemeen baie beter af wees hier.

Maklik, nee dit is nie. Ek weet God gee my krag om op te staan en weer vorentoe te beur. Daar is 'n survival mechanism in ons as mense. Ek mis my mense en ons pragtige land. Ek word hartseer as ek dink dat gesinne uitmekaar geskeur moet word vir blote veiligheid en 'n beter toekoms.

Op 'n ander noot - soek ons huis. Daar is pragtige nuwe woongebiede wat ontwikkel is - met winkels, dokters, skole..sommer als. Ons kyk in die Springfield Lakes area..pragtig en boomryk. Parkies vir die kinders, braaiplekke en allerhande dinge wat in die community aangebied word. Ons behoort binne die volgende week 'n huisie te he en ek kan nie wag om my meubels te sien nie! Mens besef nie hoe jy jou bed mis nie.

Overall hou ek baie van hoe dinge hier werk en ek weet ons gaan okay wees. My man kan hier amper dubbel die salaris kry en ek glo dat ons lewenskwaliteit oor die algemeen baie anders gaan wees.

Ek is ook reeds genooi deur van die dames hier in die omgewing en glo dat ons lekker gaan kuier sodra ons dinge uitgesorteer is.

Tot volgende keer...

groete

die Mulders

ps. Ons lag baie vir wat die Aussies as nuuswaardig beskou. Daar was jong seuns wat 'n trok bestuurder se trok met klippe gegooi het - net die windskerm was gesmash. Die verslaggewer het gese: "The truck driver was extremely traumatised"... Ons het verwag dat hy gaan se die ou is dood of beseer...tipies Suid Afrikaans...verwag ALTYD die ergste.

Link to comment
Share on other sites

Hi

Dit klink wonderlik daar!! :unsure: vir die baba/moederskamers!! Sal hoop my kind kry 'n vuil doek so nice klink dit.

Sterkte met die aanpassing.

Groete

Frenchy

Link to comment
Share on other sites

B) Ag dit klink so lekker! Ons kan nie wag nie... Hopelik vroeg volgende jaar is ons daar!

Dankie vir die inligting, bless julle daar anderkant...

Elize

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle.

Dankie vir die post. Ek lees graag oor die nuwelinge in Brisbane, want my beurt kom. Waar bly julle nou?

Weet jy of daar goeie staat skole in Springfield Lake area is.

Geniet dit.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Guest Casimir

Hi,

Vriende van ons het drie weke terug huis gekoop in Springfield Lakes. Hulle bly al die afgelope 2 jaar daar en hulle is al 5jaar in Oz. Hulle dink SL is 'n baie nice omgewing.

Casper

Link to comment
Share on other sites

Hopefully by the time we get to oz my daughter is potty trained but it sounds wonderful.

Everyone I've spoken to says that your standard of living drops when you move (but the standard that I am interested in has nothing to do with money so we'll be okay)

Hang in there and trust me - I'm jealous of everyone that is already there. Have fun!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...