Jump to content

Die skaal


Blossom

Recommended Posts

Daar is niks so sad as al die negatives wat ek lees oor Suid Aftrika nie. Ek is daar gebore en dis my land, dis in my bloed....so hard as wat ek probeer sal geen ander land ooit in my bloed wees nie.

Ek het nou wel 3 uur vanmore buite in die tuin gesit en tee drink sonder enige vrese, maar terwyl ek daar gesit het, het 'n verlange oor my gekom. Na my land, my mense en die dinge wat ek daar agter gelaat het. Ek het 'n denkbeeldige skaal voor my gesien...OZ eenkant, S.A anderkant, en opgeweeg.

Sal ek ooit weer daar gaan kuier? Ja, o ja, want ek wil en ek kan. Het al.

Daai gevoel wat jy kry as jy oor jou land vlieg is onbeskryflik, jy voel skoon lus om die Stem te sing. Die opgewondenheid wat jy ervaar omdat jy weer jou mense gaan sien, gaan vashou!

Jy weet jy moet oor jou skouer kyk so ver as jy gaan, jy moet jou bagasie met jou lewe oppas, jy moet met jou rug teen die muur staan. Jy weet al daai dinge. Natuurlik is jy op jou hoede en beangs, maar die blydskap is net so groot om weer daar te wees. Stry?

Die skaal tiep gevaarlik.....

Sal ek ooit weer daar gaan bly? Nee! LM is vroeg werk toe, daarom is ek op en buite. Hy is hier uit sonder om eers te kyk of die alarms aan is en sonder om eers twee keer om die huis te ry. Hy is rustig en kalm. En as hy OK is, is ons OK. Mens kan 'n tweede liefde he...OZ is my tweede liefde. Ek voel 'n vreemde lojaliteit teenoor die land wat my so aanvaar. Die mense is gaaf en daar is hier net soveel memories om te maak as die wat daar agtergelaat is. My hart is groot, daar is plek vir nog en nog, al bly die bloed in my are Suid Afrikaans.

Die skaal is terug in die middel.

My seuns praat van hierheen kom, my beker loop oor. Maar hulle het goeie werk, goeie inkomstes en bly in goeie omstandighede. Dit sal hulle 'n rukkie vat voordat hulle gaan laat los daar. Ek glo hulle sal, die saad is geplant.

Sal ek hier pad gee? Never! Ons is deur al die emigrasie dinge en alles wat daaran verbonde is, dit was 'n uitmergelende proses en op ons ouderdom dit te doen en heel anderkant uit te kom vat aan 'n mens. Ek dink dis 'n sekere tipe mens wat so iets kan doen...emigreer.....jy moet amper soos 'n bul net vorentoe storm en nie omkyk nie. En as mens eers hier is moet jy positief wees en die nuwe lewe omhels.....en bere dan maar al die negatiewe dinge oor S.A. Mens lewe tog nie in die verlede nie so wat help dit om daaroor te praat en baklei.

Ek was 'n getroue Huisgenoot leser en het gedink ek sal dit mis hier. Nee wat. LS wou vir 'n geskenk vir my die tydskrif kry vir 'n jaar, afgelewer by ons nuwe tuiste. ek het gese nee dankie, ek wil nie in die verlede leef nie, ek ken daai mense glad nie meer nie. Ek lees liewer van almal hier. Ek wil tog nie lees van watter dominee is nou weer in die sop oor sy liefdeslewe nie en ook nie wie het nou weer vir wie gebyt nie.

Ek lees liewer van Bert Newton of Eddie Mcguire en Delta Goodrem. Selfs van Howard en Rudd.

Die skaal in OZ se guns le op die grond!!!!!!!!

Kuier in S.A.......ja

Negatief oor S.A.....nee

Bly in OZ.....ja

Positief in die lewe......ja.

Groete,

Kannidood.

Link to comment
Share on other sites

Nou ja wat kan ek se ... KD jy het maar net altyd die gawe om mens beter te laat voel!

Jy het die gawe om mens te laat dink aan die positiewe dinge in jou eie lewe in plaas van om net op die negatiewe te konsentreer.

As ek inlog dan kyk ek altyd of daar ietsie van jou en Jan Stoof is.

Click altyd eerste daarop :ilikeit:

3 Hoeras vir KD ;):lol::ilikeit:

Groete

Melanie

Link to comment
Share on other sites

Daar is niks wat die liefde vir jou land en jou mense sal vervang nie....

dit sal altyd deel wees van ons.

Link to comment
Share on other sites

En daar dink ek dis die kilo skaal, die een wat ons onder die bed wegsteek, sodat ons nie hoof skuldige te voel oor daardie poedings nie :blink:

groete Chester

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...