Jump to content

Cost of having a Baby in Oz


hannesb

Recommended Posts

Hi all - We've been living in Canada for the past 5 years (previously in Bloemfontein), and my wife just received (and conditionally accepted) a very good job offer in Canberra - while simultaneously realizing that she's pregnant!! (Pause, to catch breath, and slow down pulse rate...) Now, I think she'll get one of those 457 visas, but not PR yet - which means we won't be on Medicare when the baby arrives. Also, after having checked around, there doesn't seem to be any Private Medical Insurance company in Astralia willing to accept the risk of such a "pre-existing condition". So, my question is (finally!, they all sighed), does anybody out there know what the approximate costs would be for a pregnancy in Aus? (E.g. hospitalization, midwife, ultrasounds etc.). We would appreciate any assistance.

Link to comment
Share on other sites

Hi Hannes,

Stuur vir my 'n PM met jou e-pos address!

Ek gaan hierdie e-pos aanstuur aan Nolan, hy werk saam met my en hulle is deur dieselfde. Hulle baba is 3 weke oud!

Dan kan julle met mekaar gesels!

Danie

Link to comment
Share on other sites

Danie

kan ek jou ook sommer iets vra...hoe maak mens as jou baba gebore is en jy is op 457 visa. baba is dan mos nie oz citizen nie. moet ons dan nou eers paspoort in SA kry (wat hulle nie het nie) en dan aansoek doen vir visa vir baba...ander is baba mos illegal immigrant.

en baie geluk aan jou vriende wat baba gehad het.

thanx baie hoor

Lindy-Lee

:)

Link to comment
Share on other sites

Hear hear *giggle* *sniff*

Link to comment
Share on other sites

Assuming you're a Canadian resident on Canada's Medicare scheme, and you're not a Permanent resident in Australia and under Australia's Medicare scheme, then you'd be covered under the Canadian / Australian reciprocal health agreement, whereby you get full access to Australia's public hospitals as a Medicare patient, being a "visiting" Canadian, just like Aussies would get if "visiting" in Canada.

Just check to see if Canada is one of those countries which have signed a two-way reciprocal health agreement with Australia.

I believe this is the case.

Poms coming to Australia on a temp visa get covered by Australia's Medicare scheme as a "visiting" Pom (and therefore being under Britain's National Health system).

Interestingly, your baby won't automatically be an Australian citizen, since you aren't a citizen or permanent resident.

You'll have to apply for Australian citizenship for your baby in due course, once you secure PR in Australia.

Edited by Bob
Link to comment
Share on other sites

Guest Larry

Bob,

What happens to the baby in the meanwhile? Does it remain stateless? Will the Canadians give it citizenship? .... If they have retained their South African citizenship, the South Africans will grant it citizenship by descent.... I think!?

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Hannes

Ons was so een maand in Australie (op 'n 457 visa) toe vroulief vir my se dat sy swanger is. Ons was op daardie stadium natuurlik nie geregtig op Medicare nie en die privaat medies het 'n 12 maande "uitsluit" periode gehad.

As ek reg onthou was die totale onkoste in die omgewing van AUD 10 000. As jy wil kan ek 'n bietjie in die argiewe gaan rondkrap om 'n meer akurate syfer vir jou te gee.

Die ander probleem was dat ons op daardie stadium besig was om vir PR aansoek te doen wat toe natuurlik so 'n bietjie vertaag was.

Nou ja, Francois het sowat drie weke gelede begin loop en al die drama is nou al geskiedenis.

Groetnis

Leon

Link to comment
Share on other sites

Leon, dankie vir die inligting - Sjoe, A$10,000 is darem 'n groot klomp geld...Kan jy my sê of julle net van privaat klinieke genruik gemaak het, of van 'n staats hospitaal (of is daar nie regtig 'n verskil in koste tussen die twee nie)?

Hannes

Link to comment
Share on other sites

Sodra mens aansoek doen vir PR, kan mens aansoek doen by Medicare in Australie. Jy kry dan 'n 1 jaar Interim Medicare Card - moet net die kwitansie van die DIMIA toon wanneer jy aansoek doen. Ons het dit op die manier gedoen om die kostes te sny vir Privaat Medies.

Ek weet nie wanneer jou vrou gekraam het nie, maar as dit nog in die belastingjaar is, is ek seker jy kan dit van jou belasting af eis. Die 1ste $1500 is die threshold waarop jy moet belasting betaal, die bedrag bo dit (out-of-pocket expense) is belasting aftrekbaar. Dit behoort jou so 30% terug te gee van die oorblywende $8500. Jy moet net al jou bewyse en rekeninge hou vir die volgende 5 jaar ten minste. Dis nou as hulle eendag besluit om dit dalk te edit. Jy kan ook nog die 30% eis van jou Privaat Medies wat jy jaarliks betaal, want dit val weer in 'n ander katogorie. Hoop dit help.

Groetnis

Madelein

Edited by Madelein
Link to comment
Share on other sites

Hi Madelein - Nee, sy het nog nie gekraam nie, en ons is ook nog nie in Aus nie (dis hoekom ek al die vrae het)...As die Aus kraam te veel gaan kos, sal ons moontlik nie meer gaan nie. Ons gaan op 'n 457 Visa, en sal dan (soos ek verstaan) eers na twee jaar in die land vir PR kan aansoek doen, maw ons sal eers oor twee jaar kan kwalifiseer vir Medicare.

Hannes

Link to comment
Share on other sites

Wow

As ek reg onthou was die totale onkoste in die omgewing van AUD 10 000

Ek moes my seun in Oz gehad het!!!

Link to comment
Share on other sites

Hallo Hannes

Jammer jong, die postuk is eintlik vir Perthboer bedoel. Ek het so bietjie diefstal gepleeg daar op jou "thread", maar die raad is vir jou:

Hulle se mens kan eers na 2 jaar aansoek doen vir PR, maar as een van julle op die lys is vir "skills on demand", kan julle begin met die aansoek proses sodra julle hier kom. Watter een ook al van julle gesponsor is, moet net die 2 jaar kontrak uitwerk. Hou net jou SA Police Clearance en die Canadese Police Clearance op datum - hier in Oz is dit net 9 maande geldig. Julle kan dit stuk-vir-stuk doen sodra julle hier aankom. Jy het die volgende nodig as julle vir die Skilled independant 136 visa aansoek doen:

1. Kry jou kwalifikasies "assessment" by die nodige instansie (gewoonlik vir 2 jaar geldig)

2. Federal Police Clearance van Oz (al is jy net 'n paar maande hier), SA Police Clearance en Canadese Police

Clearance

3. Medicals en X-strale (weereens)

4. Aansoek instuur.

Kyk eers na die opsies - daar is verskillende soorte visums.

Wat die Baba se geboorte ens aanbetref:

By alle Privaat mediese fondse is daar 'n jaar uitsluitsel vir ginekologie vir die vrou. Daar is die opsie om 'n verhoogde paaiement te betaal waar dit die 12 maande wagperiode sal wegdoen. Hier is ongelooflik baie soorte mediese fondse, maar dit ruk nogal 'n bietjie die sak. As julle wil begin met 'n gesin in jul eerste jaar, stel ek voor dat julle "full cover & ginecology" vat. Find eers al die dinge uit voor jy vir Privaat Medies aansoek doen as jy hier is. Die 2 grootste Mediese Fondse is Medibank - link:

http://www.medibank.com.au/productandservi...t.asp?path=main

dan ook IMAN: http://www.iman.com.au/

Bogenoemde fondse betaal 100% uit, maar jy moet eers betaal en dan terugeis. Dit sluit medikasie ook in.

Kostes vir 'n moeder om te kraam, kan tot $10 000 beloop. Dit hang af na watter hospitaal jy gaan. Ons Suid Afrikaners kies gewoonlik die Privaat, maar die Staatshospitale lewer net sulke goeie diens. Ek dink die grootste rede hoekom ons Privaat kies, is omdat ons nie veel vertroue het in Staatsdiens nie - die stigma kleef nog. As julle hier kom, kan julle eers so bietjie rondshop. Ek moet se, van die Staatshospitale lewer vir my soms beter diens as die Privaat. By Privaat hospitale vra hulle tot $400 vir die eerste besoek in 'n Ongevalle afdeling - wat jy van jou medies kan terugeis as jy eers betaal het.

'n Doktersbesoek kan van $35 tot $80 kos.

Bloedtoets vir swangerskap - $18 tot $35

Eerste groep bloedtoetse (rubella, bloedgroep, volbloedtelling ens) - $220

Ultrasound - $125

Maandelikse voorraad vitamien tablette vir die vrou - $30

Toelating tot Publiek: $80 vir eerste besoek, die rekening sal aangestuur word. $600 per dag.

Privaat: $400 vir eerste besoek, verlang 'n deposito van $2000 en dit kos $1300 per dag. Rekening ten volle betaalbaar met ontslag.

Rooming in vir baba: $100 per dag. (privaat)

Baba in nursery: $300 per dag. (privaat)

Die Privaathospitaal tariewe soos bo genoem, is afgerond en is die tariewe wat gevra word soos by Healthscope Privaat hospitaal groep.

Daar is verskriklik baie opsies en moenie dat bogenoemde bedrae jou afsit om oor te kom na Oz nie. Soos Lindy-Lee gese het: Priceless.

Hoop nie al die pryse sit jou af nie, Australie bied baie en ons is nie vir een oomblik spyt ons is hier nie. Ek kan ook vir jou noem dat as jy PR het, daar 'n baby-bonus is wat sal help met die versorging van jou kind vir die eerste paar maande. Dan ook, as jy so baie mediese onkostes het, dat jy dit terug kan eis van jou belasting jaar (soos in my vorige pos genoem).

Hoop dit help... en sterkte met jul besluit.

Groetnis

Madelein

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Ek het ook 'n vraag oor 'n baba in Australie. Miskien vra ek hierdie 'n bietjie vroeg, aangesien ons nog nie eers aansoek gedoen het vir PR nie, en ek ook nog nie swanger is nie. Ons beplan wel om binnekort aansoek te doen vir PR (136) en teen die einde van die jaar weer te probeer vir baba nommer 2. Dit kan ons moontlik in 'n situasie land waar

1) Baba gebore word terwyl hulle nog met ons visa aansoek besig is

2) Baba gebore word nadat ons goedgekeur is, maar voor ons oorgaan AUS to

3) Baba gebore word in AUS. Ons PR, maar ek reeds swanger wanneer ons gaan. Sal Medicare ons cover?

En nog net een ander vraag, aangaande citizenship ... sal baba dan automaties 'n AUS citizen wees? Ek neem so aan, aangesien ons PR sal wees. Maar wat van SA burgerskap? Sal baba ook 'n SA burger wees soos die res van ons? Jammer as dit dom vrae is. En as ons later aansoek doen vir AUS burgerskap, sal ons ons Suid Afrikaanse burgerskap moet renounce?

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...