Jump to content

Nog 'n dag Down Under


Guest mauritz

Recommended Posts

Guest mauritz

Net 'n vinnige een - kan dit net nie help nie. Soos baie van julle weet - ons is al vir so om 12 jaar hier en ek kan net nie oor daai 'wonderful feeling' kom nie - daai een wat jou voetjies maak dans en dronk skoenlappers laat paar in jou maag.

Dit is 'n absolute wonderlike dag - die galahs (dom pienk papaegaaie) hang onderstebo en kukkaburra's gesels hard van voor dagbreek. My perde wei buite, my dogtertjies is al lankal aan die werk - dit is skool vakansie - hulle krap perdemis bymekaar en maak reg om te begin ry.

Ek is happy en ek is so happy want ek kan gaan bou vandag - soos elke dag. Ek is vrek arm - kinners, honne, perde en 'n mooi vroue - wie kan nou ryk word - maar ek is happy. Ek is nog net wie ek was, ek sê wat ek wil en ek werk buite in die son, met die grond, water, bome en allie plante.

Waar ek ookal werk, gesels almal met my en ek praat nonsense man - te lekker. Ek kyk na hierdie tradesmen wat so alleen werk - alleen huise bou - alleen elektriese bedrading en plumbing doen - en dit is die mooiste gesig vir my - al hierdie mense wat so bou en 'n lewe maak in die 'lucky country.'

Vandag gaan ek met 'n cattle rail fence stoei - in 'n graniet koppie - ek gaan sweis die heeldag in die son. Die einde van die dag is ek gecharge soos 'n Duracell battery - ek is nie eers moeg nie. Ek het my harige hond werk - hy lê in die skaduwee en kyk dat ek nie slapgat raak nie.

Man, die lewe is reg, die lewe is lekka - kan nie waggie. Môre gaan ek 'n graniet kroeg/braai bou, langs my waterfeature wat soos die Kanvango klink. Sien, my hart lê nog innie Kavango, wat nie meer is nie - hier is nie een nie, nou bou ek hulle maar.

Die land het geleenthede man - daar is nie terugkyk nie - as alles vir julle flop, dan gaan pluk jy appels met die backpackers - jy praat nonsense, jy maak genoeg geld. Jy kan dit doen, want die Aussies wil dit nie doen nie - so daar is altyd werk. Dit is amper die laagste werk, maar die Aussies wat dit doen, ry almal fancy karre, die mammies se kinners is in 'childcare' - almal gaan aan. 'n Anner land, 'n nuwe land, met splinternuwe geleenthede. As jy bereid is om dit wat jy ken, nou en dan weg te steek - dan kan jy nooit ondergaan nie.

Kom mense - die wat kan. Die wat nie kan nie - moet nooit ophou probeer nie - wonderwerke gebeur elke dag. Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg. 'n Boer maak 'n plan en 'n Ingels man ook.

Lekker dag vir julle almal. Ek gaan bou.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz

Ek beaam! Dit is 'n WONDERLIKE dag! Lekker warm gewees gister, maar hier teen 5 uur begin afkoel, ons het lekker geslaap, met die skuifdeur oop en die joke van 'n security hek, wat eintlik net die vlie en mozzies sal uithou toe maar nie gesluit nie!! Ek was nie eers bang nie!!

Ons bou elke dag! As dit nie Fisies is nie is dit geestelik ! Ek maak elke week ten minste 20 kilos van die lekkerste fudge wat ek aan 'n girly verkoop wat dit op die vlooimark verkwansel. Ek kry lekker sakgeld, spaargeld, doen wat ek wil geld! Ek werk by die huis en ek maak skoon en was wasgoed en kuier en bederf my man, want hy laaik dit as ek hom bederf. Ons bou al 25 jaar saam!

Ons jongste het nou 'n voltydse joppie en hy het nie geleerdheid nie. Gaan eers volgnde jaar leer! Maar hy werk en kry $700 per week. Nou waar in SA gaan hy daai pay kry al is dit dan R700 per week. Hy doen werk wat in SA deur 'n swartman gedoen sou word! Hy "fit" tyres! Hy kom by die huis en hy is vuil, maar hy's happy en leef soos 'n koning, in hierdie wonderlike aangenoome land van ons!

Die voeltjies sing! My hart ook!

God is goed!

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Hi julle

Groot dag vandag vir ons. Ons oudste is vandag 19! Hy neem nou n "gap" jaar en wil volgende jaar gaan leer.

Hy werk as n Arbeider elke dag. Hy werk fisies elke dag van 6:30 en ek is soooo trots op hom. Hy dra staal, sweis, ry die forklift, en laai trokke op en af. Hy verdien n oordentlike salaris.

En om te beaam wat Mauritz se- hy bou.... aan homself as n mens, en hy weet dat werk, enige werk nie benede hom is nie- en hy het n nuwe respek vir mense wat fisiese arbeid doen, en die wete dat in die land sal hy nooit hongerly nie- solank hy weet dat hy is vir geen werk "te goed" nie

Link to comment
Share on other sites

Amen! Queenslandgirl!

Ek voel skoon aangedaan van dankbaarheid!!!!!!

Ek's hoendervleis en het daai happy huil gevoel!

My beker loop oor!

Link to comment
Share on other sites

When my husband sold his shares in his company to the remaining partners, the one partner said to him "You do realise that in Australia, you do everything yourself!" Hubby replied "Thats the whole point".

I have moments that I still can't beleive we are really here, building a new life for ourselves and our boys. <_<

I'm lovin' it....

Link to comment
Share on other sites

Hubby replied "Thats the whole point".

Hope to shout your hubby beer for that one, one day Polyanna! Excellent!

Dax

Mauritz,

Goeie pos! Lekker werk vandag.

Gister het ek hier by my huis weer 'n slag die tuin reggeruk, groentetuin, gras gesny, hengse klipe uitge-koevoet om 'n groeigat vir 'n kersie boom te grou, guete skoongemaak, alles myself.

Bekalwe sweet het dit my niks gekos nie, en dit hou mens fiks ook.

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Hope to shout your hubby beer for that one, one day Polyanna! Excellent!

Dax

Hi Dax, glad you enjoyed it!

Link to comment
Share on other sites

Julle mense klink en is so happy...

Juller moet dit maar vir nou alleen geniet - ons kom!!!

Lekker werk julle - o heng - julle werksure is amper verby - anyway, geniet!!!!

Groete

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal

Mauritz, wat 'n inspireerende post. Dankie ek sien al die prentjie met die perde en honde en kids wat die perdemis bymekaar maak.

Julle moet lekker bou en jissie ek wens ek is al daar om ook saam te kan bou.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Dankie Mauritz, jy maak ons sommer lus om net op te pak en te kom! Sien so uit daarna om te bou! Hou vir ons duime vas, ons aanbod kom next week!

:ilikeit: Elize

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...