Jump to content

Kavango (4)


Guest mauritz

Recommended Posts

Guest mauritz

Ons is nog steeds in die m@erse karavaan. Al daai aalwyne van Windhoek het met 2 groot oop trokke gekom. Hulle word orals om die karavaan geplant - want ons wag vir 'n ordentlike huis - dit is besig om gebou te word.

Oorkant ons in 'n ander karavaan bly 'n Duitser - sy van is Fokkenrighter (nie seker van die spelling nie) - hy is 'n loodgieter en werk vir die regering. Hy het 'n vrou - ons sien haar min, want sy is groot man - ek het daardie tyd nog nooit so 'n vet mens gesien nie. Ons hoor haar net as sy loop in daai karavaan en dan skud die ding so. Ek is bang man - ek en Gabriël probeer kyk hoe sy lyk - nou en dan sien ons net iets beweeg deur 'n venster. Sien die Kavangos is vreeslik bang vir vet mense - daar is nie so iets in die Kavango nie - jy kry nie 'n oorgewig Kavango nie. Hulle dink vet mense is vreeslik sterk en hardloop sommer as hulle een sien.

Eendag speel ek en Gabriël buite en ons hoor hierdie m@erse slag in daai karavaan - ons hardloop om te gaan kyk - ons sien 'n lelike, lelike ding man. Onder daai karavaan lê 'n toilet en daar hang sulke groot lobbe onderuit die bodem van daai karavaan. Sien die Fokkenrighter vrou het op daai toilet gaan sit en dwarsdeur die karavaan geval - toilet oppie grond en gat hang innie lug. Nou staan ek en Gabriël die ding so en kyk - Gabriël reken ons moet gaan stoot - die arme miesies. Ek sê - nee sies man - ek gaan nie aan daai boude vat nie.

Nou hardloop ek na my ma toe, "Ma, ma kom gou, die Fokkenrighter antie se gat hang uit die karavaan uit!!!" So, my ma kom kyk - wat doen ons nou. Sien die vrou skreeu benoud - sy kan nie beweeg nie - haar kniëe teen haar ore en haar gat hang swaar. Wie bel ons nou - dit is die Kavango - ons het daai slinger telefone en ons moet met iemand praat - die sentrale luister in. Ma maak 'n oproep en binne 10 sekondes weet almal innie dorp van die freak show. Die army kom in met 'n m@erse jack - die troepies proes soos hulle lag. Nou jack hulle daai antie se vet boude op en ander troepe trek van bo af - wat 'n gesig moes dit nie gewees het nie. Ons almal staan en kyk die storie so - Gabrië kyk net die storie so - arme miesies sê hy vir my.

Langs die karavaan het ons 'n groot ou doringboom - onder die boom braai ons. Ons het hierdie helse beneukte hoenerhaan. As ons kinners naby die ding kom dan begin hy so skop, skop na die grond - as die stof so lekker begin staan, dan kom hy vir ons. Hy spring op jou rug en krap die velle van jou lyf af. Ek loop met 'n stok in die erf rond - die ding is slim man - hy wag agter 'n bos vir jou en blits vinnig slag hy jou.

Die haan bly in die doringboom. Sien as ons braai, dan klim hy uit daai boom uit en hy loop so tussen die vuur en die mense deur. Hy is nou stroop soet en hy skop niemand nie. Vinnig is hy 'n alkoholis - hy drink 'n bietjie van almal se dop - dan word hy so getrek, hy weet nie waar hy is nie. Hy staan so op een been en begin wild kraai - steek sy nek so lank uit en dan bliksem hy om. Die mense lag man - hulle het nog nooit so iets aanskou nie. Stiefpa doop peanuts in sy whisky en voer dit vir die gedierte.

Hy raak gesuip nes 'n mens - hardloop in sirkels en nou en dan moet 'n mens hom uit die vuur uit help. Die ding spring op en af - kraai en alles - dan raak hy moeg en wil in daai doringboom inklim. Julle ken mos daai gevoel - jy tel jou voet op om in die kar te klim, dan val jy om. Sien, die haan probeer alles - hy kan nie in daai boom klim nie - dan steek hy sy kop onder sy vlerk om net daar te slaap. Hy steier dan so en val om - dan spring hy op en hardloop weer so rond, drink nog 'n dop en begin van voor af. Later snags word hy so dronk, kop onner die vlerk in die mik van die doringboom gesit om te gaan slaap. Die volgende dag moet ons kinners net wakker wees - die rooi gedierte is babalas en extra mean.

Die boesmans vang nagapies (bush babies) - sit hulle in sulke klein draad hokkies en verkoop hulle aan die troepe en ander wit mense. Ek kry die goed jammer - dan koop ek hulle en laat hulle gaan. Hulle is van nature mak en glad nie mens sku nie. Die eerste een wat ek koop hou ons in die huis. Die dingetjie slaap in die dag in enige gat wat hy kry en snags word hy wakker - die eerste ding wat hy doen - hy pee op sy pootjies en begin dan spring - spiderman se m@er. Julle het nog nooit so iets gesien nie - hy plak hom vas teen die muur, sit met sulke groot oge en dan spring hy - split sekonde later sit hy reg teen 'n ander muur so 5m weg. Hy jaag snags net nonsens aan - ons kan nie slaap nie. Hy maak 'n klein gaatjie in 'n appel of piesang en hol die hele ding uit - vreet die hele binnekant uit. As jy die volgende oggend aan die appel vat, dan is dit net so 'n pap skil in jou hand. Sodra dit lig begin word, dan spring hy op my ma se bors, krul op en gaan slaap. Sy moet hom dan later met piepie pootjies en al iewers in 'n donker kas druk, sodat hy kan gaan slaap.

Link to comment
Share on other sites

Nou was dit my beurt om amper van die stoel af te val van die lag - imagine daai vet selluliet boude wat opgejack moet word!! :blush::ilikeit::whome:<_<

Glo nie julle het OOIT daai tannie se gesig gesien nie!! :)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...