Jump to content

More is die groot dag


PieterH

Recommended Posts

Hierdie is 'n groot hello aan almal hier. Ek lees nou al 'n rukkie lank die posts hier en dit het baie gehelp.

Ek vertrek more aand 4 Oktober Melbourne toe. Ek gaan vir eers alleen maar ek hoop dat my meisie sommer vinnig by my sal aansluit. Ek reken ek gaan soos 'n girl huil op die lughawe maar dit is seker maar so. Hoop maar die tawwe vriende sal verstaan...

Ek gaan met 'n 457 visa oor met die plan om so gou as moontlik vir my PR aansoek te doen. My paadjie tot dusver was verstommend maklik - voor ek geweet het wat aangaan was die onderhoude gedoen, die kontrakte geteken en die visa in ons boekies geplak. Die nuwe werkgewer lyk sover baie goed. Hulle reel my eerste maand se verblyf in 'n self-catering inn in die Doncaster omgewing, en 'n vriend tel my Vrydag aan by die lughawe op so ek het relatief min om oor bekommerd te wees. Ek het darem die naweek om oor my jetlag te kom voor ek Maandag begin werk.

Ek is nie vreemd as dit kom by weke lank weg wees van die huis af nie, maar hierdie is iets anders en ek dink nie dit het al by my geregistreer wat nou eintlik more gaan gebeur nie. Sal maar sien hoe gaan dinge.

Ek gaan net met klere en 'n paar persoonlike goedjies oor - soveel soos ek in 40kg kan inprop. Ek sien nogal uit daarna om van voor af huis op te sit, nuwe goed te koop ens. Moet maar net pasop dat ek nie te vinnig deur die spaargeld brand nie! Hoef darem net tot die 15de te hou voor ek $$$ begin verdien. Met die wonderlike eiendoms mark en die sterk 2de handse motorbedryf (dankie Trevor) hier in SA sit ek nog met 3 eiendomme en 'n kar wat nog nie verkoop is nie. Sal maar die belt bietjie styf moet trek tot dit alles opgelos is.

Ek weet nie wanneer ek weer aanlyn sal wees nie, maar hopelik gaan dit goed as ons weer praat. As ek eers gesettle het sal ek beslis bietjie met van julle in Melbourne wil gesels.

Tot later!

Pieter

Link to comment
Share on other sites

Hallo Pieter

Baie welkom by die forum. Baie geluk met die 457 en sterkte met die baai se en die nuwe werk. Sterkte vorentoe. Laat weet as jy daar is en vertel alles wat jy kan.

Robert & Telanie

Link to comment
Share on other sites

Baie sterkte Pieter! Hoop alles werk baie goed vir jou uit. Vasbyt, en laat weet hoe dit gaan...

Link to comment
Share on other sites

Sterkte Pieter!!

As 'n man wil huil, moet hy huil!!

Laat weet later hoe dit gaan!!

Groete

JJ

Link to comment
Share on other sites

Good luck Pieter and a soft landing to you in Melbourne. Hope we will see you on 4th November at our day out in Albert Park!

If there is anything we can assist with, just shout!

Link to comment
Share on other sites

Ai Pieter sterkte ou maat en welkom op die forum :)

Hoop als werk vir jou volgens plan uit en dat jul sommer gou sal settle.

Als van die beste vir jou.

Groete Albert.

Link to comment
Share on other sites

Hello almal.

Ek het veilig in Melbourne aangekom. Bly op die oomblik in Box Hill op die werk se onkostes, maar ek gaan sommer more al begin kyk na 'n paar plekke in die Doncaster omgewing. Ek weet nie of ek lus is om nader aan die stad te wees nie.

Alles lyk nog goed sover - ek het binne 20 minute my bank rekening laat aktiveer, 'n spaar rekening oopgemaak en aansoek gedoen vir 'n krediet kaart, en dit alles na die bank toegemaak het! Ek is sover baie impressed.

Sal nuwe posts begin oor my ondervindings.

Groete!

Link to comment
Share on other sites

Welkom en alles van die beste! Die eerste rukkie kan dinge maar nogal halsoorkop gaan. Hoop jy kry gou PR en dat jou meisie ook gou by jou kan aansluit!

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...