Jump to content

Kavango (2)


Guest mauritz

Recommended Posts

Guest mauritz

In Windhoek sukkel ek lekker in Suiderhof Laerskool – ek is willer as ‘n rooikat en ek wil net Kavango toe. Gelukkig wag ek nie te lank nie – een aand om die tafel word die nuus gebreek – ons trek Kavango toe. Ek so happy, ek is soos een van daai ADHD kinnertjies – ek kan nie stilsit nie..

Die huis word verkoop en ons bly die laate paar maande in ons karavaan in Windhoek karavaanpark. Daar is ‘n droë rivierloop wat deur die karavaankamp loop – ek moet saans vuurmaak hout daar optel vir die vuur. Sien die volgende is belangrik om al die ander te verstaan. Ek mag nooit huil nie, as ek huil dan word ek gestreep tot ek ophou huil. Terwyl ek so in daai dik riversand loop, trap ek in ‘n kameeldoring doring – julle weet mos, daai lang en dik wittes. Dit steek dwarseur my voet – die punt kom bo uit. Ek dink dit gaan deur ‘n sening, my hele been is lam – ek kan nie beweeg nie. Ek gaan sit plat – ek mag nie huil nie.

Sien, later staan stiefpa op die wal van daai droë rivier en hy roep my – ek kyk hom net so – ek wil nie my mond oopmaak nie, want dan begin ek huil – ek sit net so. Die man raak omgekrap, spring op en af – ek sit. Hy kom aangehardloop – hy sien die probleem, maar ek kry nog steeds ‘n klap omdat ek nie antwoord nie. Nou word ek gedra karavaan toe – die draad tang word gehaal en uit kom die doring. Alles wat brand word in die gat gegooi – ek mag nie huil nie.

Ons kom later op Rundu, in die Kavango aan. Ons het nie ‘n huis nie, daar is nie genoeg nie. Ons bly vir ‘n tyd in die gastehuis. Die gastehuis word onderhou deur ‘n ouerige swartman – Josef Haware – hy het sulke grys peperkorrels, ‘n grys safaripak aan met wit sokkies en swart skoene – hy vat nie nonsense nie.

Dit is Desember vakansie en ek is vrek verveeld. Josef het ‘n seun Gabriël wat my ouderdom is – hy kom elke dag gastehuis toe en ons raak vriende. Julle moet verstaan ek het baie alleen grootgeword – geen wit vriende wat ek kan onthou nie. Eers ou Florian, nou Gabriël en die wêreld is reg. Hy vat my rivier toe – leer my om my eie vistok te maak, waar om erdwurms te kry en ons vang vis in sulke strepe. Die vissies word almal met daai biesiesgras deur die kiewe geruig en ons vang sulke trosse. Na ‘n dag se visvang word die vissies met ‘n klein stokkie gekrap sodat al die skubbe afkom en die kloaka oopgesteek met dieselfde stokke en die binnegoed uitgehaal. Die vissies word dan op ‘n klein vuurtjie gebraai. Ek is in die hemel, ek wil niks anders doen nie.

Gabriël is my hero – hy het nie skoene nie en hy loop kaal bolyf rond. Ek begin dieselfde doen – ek wil net soos hy wees. My voete raak kliphard, die son brand my bruin en my hare raak spierwit geblyk in die son. Daai hele vakansie is die beste in my lewe ooit. Ek het ‘n regte vriend en ons ry wato, vang vis, sien krokkedille en die lewe kan nie beter nie.

Ons bly in die gastehuis, want ons wag vir daai groot weermag karavane. Die weermag bou ‘n hele dorp. Die karavane het 3 slaapkamers, ‘n badkamer, ‘n sit/eetkamer en ‘n volle kombuis. Dit kom met alles – potte, panne, borde, die lot.

Ons trek in een van die karavane in en ek moet skooltoe gaan. Gabriël is die heeltyd by my en snags slaap hy partykeer in my kamer – op die vloer op ‘n matras, want daar is nie plek vir nog ‘n bed in die klein kamertjie nie. Teen die tyd het ek nog 2 van Gabriël se vriende ontmoet en ons gooi kleilat, vang vis en skiet voëls met ons ketties.

Elke oggend as ek skooltoe stap, wag hulle vir my. Ek stap by die skoolhek in, trek my hemp aan, ek dra nie skoene nie. Hulle wag buitekant die skool vir my. Die nuwe skool is hard – almal sien my vriende en julle moet onthou, ons is nou in die middel ‘70’s. Ek is 7 jaar oud en in Sub B. Ek word baie rof behandel omdat my vriende swart is. My oë is blou geslaan en my hemp se knope die heeltyd af, soos ek karnuffel word. Pouses gaan ek by die skoolhek uit en gaan spiëel met my pellies. Omdat ek nie in die skool is nie, hoor ek nie altyd die klok nie, skielik dink ek ooooo k@k – dan hardloop ek, kom vuil en laat by die klas in – word goed gem@er omdat ek weer met die k@ffers (sorry, dit is presies soos dit gesê was) speel. Die storie word later gestop en ek moet pouses op die speelgrond wees. Ek word deur groot ek klein gebliksem omdat ek ‘n ‘k@fferboetie’ is – weereens presies wat ek genoem was. Ek kry die bynaam ‘K@ffertjie’ waaroor ek baie trots is.

As ek by die skoolhek uitloop, wag die 3 musketeers vir my en ek trek my hemp uit. Ons kry baie moeilikheid oppad en ek baklei hard en die 3 musketeers moet net hardloop. Dit word later so erg, dit moet stop. Hulle wag vir my by die huis en naweke speel ons saam.

Ek word nog steeds elke dag warm gemaak en dit maak my klaar. My ouers sien my wonde en ek waag om die probleem eenkeer te noem – stiefpa sê baie vinnig, ‘moet nie jou probleme myne maak nie, sorteer dit self uit.’ Ek is woedend, ek kan nie meer nie, wat maak ek nou.

Sien daar was spesifiek 3 van die laatjies wat so hard was op my, die onderwysers kyk weg. Elke oggend wag hulle vir my en dan word ek goed gem@er. Die volgende oggend stap ek skooltoe met ‘n plan. Ek sit ‘n HAT woordeboek in my klein rugsak en daar gaan ek. Die 3 bliksems wag – die leier is al so groot soos ‘n pitbull op steroids en ek weet ek moet hom eerste kry. Sien, nou loop ek soos ‘n bang muis, my kop so onderstebo – hier kom die 3. Ek laat sak my kop en ek ram daai pitbull laat die wind altwee kante uitkom – ek kan dit hoor man. Hy is klaar, ek het goed gemik, hy lê en rondrol soos ‘n baba met koliek.

Die ander twee staan so, weet nie wat om te doen nie, ek swaai daai rugsakkie van my en haak die een teen die oor met daai HAT – hy drop soos ‘n sak perde str@nt. Sien nou is daar net een oor en hy hardloop – ek trip hom so vinnig en ek is op hom – ek skreeu en slaan en skreeu en slaan. Skielik kom ek agter ek skreeu na niks en hang innie lug – slaan na wind.

Sien ‘n onderwyser het ingery en die hele storie gesien – uit sy kar gespring – ‘n lekker lang lat van daai groot usivi boom voor Rundu skool afgepluk en hy voeter my goed man. Ek voel niks nie ek is nou gemaak uit harde testosteroon. Hy vat my reguit na my klas toe – dit is ‘n palawa man. Hy vertel die onderwyseres en daar word ek weer gestreep. Ek probeer verduidelik – hulle wil niks weet nie.

Sien, nou is ek die man – vetoor sit in die klas en ek gluur hom net so. Koliek baba voel nog maar bietjie suur. Die ander een lyk nie so goed nie – ek het nie ‘n merk nie man – net op my g@t. As ek opstaan innie klas en ek loop verby hulle, dan skouer ek hulle so. Later word ek geroep deur die skoolhoof – hy het so ‘n leer plak – sy naam is plat Jim. Plat Jim doen sy werk weereens – ek voel nog steeds niks nie – sien iets groots het vandag gebeur – niemand gaan my meer rol nie.

Ek gaan huistoe en ek kan nie wag om vir stiefpa te te vertel nie. Daai tyd het ons huiswerk boeke gehad wat ons ouers elke dag moes teken – die skoolhoof het sy Leviete daarin geskryf, maar ek is nie geworry nie – stiefpa gaan vandag trots wees op sy boerseun. Hy kom later by die huis, my ma wys vir hom die huiswerk boek – ek word studeer kamer toe geroep. Sien, teen sy mure het hy al hierde pyl en boë en spiese gehad. Hy gryp een van daai pyle en slaan my gat aan die brand. Ek is woedend, ek huil – ek worry nie meer – ek sê, ek het presies gedoen wat hy wou gehad het ek moet doen. Ek word weer gestreep omdat ek huil – ek huil nie meer nie.

Hy gaan sit by sy lessenaar, tussen al sy boeke en goed – hy sê vir my, ‘jy is reg, ek het vir jou gesê om jou eie probleme uit te sorteer – ek het nie gesê, jy moet gevang word nie.’ Sien, ek kan net nooit wen nie, maar les geleer. Doen wat jy moet, maar moet nooit gevang word nie.

Jare later oppie grens, loop ek vir Gabriël raak, hy is groot en ‘n groot man in Koevoet. Ek het hom eenkeer met ‘n kettie geweer (een van daai met die rekke en ‘n sneller) uit ‘n boom geskiet toe ons kinners was. Ek kyk hom so en sê vir hom – jy is groot man, ek sal jou nie weer met ‘n kettie uit ‘n boom skiet nie. Hy kyk my so – jy beter nie, want ek het nou ‘n AK47. Ons lag toe lekker. Vir die van julle wat nie weet nie – baie van Koevoet se lede het AK47 verkies.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Toe laat jy trane uit my oe kom. Die lewe is hard! Dit brei en dit druk! Op 7, not fair!

Ek sien wat jy bedoel van jou stiefpa! Ek verstaan!

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz,

Weet jou tyd is beperk - maar dis te kort man!!!

Jy is nou die een wat 'n storie KAN vertel! :ilikeit:

Ek was daar in Rundu vanaf Januarie tot April 1975 in die basis. As die flossie inkom uit die "States", dan gaan kyk almal watter flieks saamgekom het wat in die Jakkalsgat vertoon word. Lekker, harde tye!!

Soos ek genoem het in my PM, ek en Nilo sal 'n plan maak!!!

Groetnis

JJ

Link to comment
Share on other sites

Guest mauritz
dis te kort man!!!

Ek toets nog die water - weet nie hoe die stories sal afgaan nie - dit het nie veel met die migrasie proses te doen nie. Ek hoop dit sal iets te doen hê met die 'roots in Africa' - in my opinie, die duister area wat mense so laat terug verlang - dit wat so pla as alles stil word - dit wat so moeilik is om in woorde om te sit. Ek het baie gevra - waarna verlang mense?? Almal vind dit moeilik om in woorde om te sit. Onse mense van Afrika is vol 'contradictions' - baie kompleks - baie dink ek is 'n 'racist' - min weet hulle:)

Hopelik 'trigger' van die stories iets - hopelik verstaan mense hoe ek deurgedruk het - hopelik gee dit iemand 'n bietjie meer moed. Ons almal het 'n storie om te vertel - ons almal het die gene om te bou en vooruit te gaan. Ons kan nie in die donker sit en wonder nie - anners word ons 'n bietjie mal - dalk soos ek:)

Vir die mense wat Suidwes ken - ek ken die jakkalsgat baie goed, vir Sonja Herald (spelling) daar gaan kyk, baie daar gaan fliek - sal die stories langer maak:)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...