Jump to content

Kavango (1)


Guest mauritz

Recommended Posts

Guest mauritz

Ek is nog nat agter die ore - ons bly in Windhoek. My stiefpa is omtrent twee keer my ma se ouderdom - hy versamel aalwyne. Die hele tuin is vol aalwyne en rots - rotstuine waar jy kyk.

Hy werk vir die Taalburo in Windhoek - ontwikkel die 5 swart tale van die Kavango - hy kan almal vlot praat. Sien die tale word gepraat maar het nog nooit die pad na 'n stukkie papier toe gevind nie. Dit is sy job - hy moet die fonetiek (spelling) doen en ook die eerste leesboeke skryf vir die kleintjies. Daar is nie onderwysers nie en daar is nie skole nie. Die onderwyser is 'n ouer swart man wat kan lees en skryf en die skool 'n boom iewers naby 'n kraal.

My stiefpa skryf leesboeke, werk aan 'n woordeboek - die 5 tale, Afrikaans en Engels. Windhoek is so 900km van die Kavango - so hy ry heen en weer - bly vir weke weg. Hy het 'n agter ryer - 'n swart man met die naam Florian. Florian kom saam Windhoek toe nou en dan - werk in die tuin vir geld - dan koop hy meel en materiaal vir sy vrou en kinders. Florian is 'n tolk, 'n spoorsnyer, 'n kok, 'n vriend en sommer alles. Hy is my eerste ware vriend.

Elke dag spandeer ek tyd saam met hom en ek droom van die Kavango - hy vertel vir my van die rivier - die krokkedille, die seekoeie - 'n kind se droom. My stiefpa is 'n harde man - hy praat nie veel met my nie - net wanneer ek nonsense aanjaag en wanneer ek 'n vet oor kry.

Hy besluit om my saam te vat Kavango toe - dink dit is meer te danke aan Florian. Ek is so 6 jaar oud. Ons ry met die groot Administrasie Ford - ek en Florian sit agter. Dit is 'n nuwe wêreld - vorige dag alles gepak - gewere skoongemaak, vistokke in - 'n groot potte kas - allerhande swart potte ens.

Eerste aand in die Kavango - paradys man. Hierdie groot stil rivier - geen witmens in sig vir 100e km's nie. Rustige krale orals - wato's op die rivier - hoor die visarende orals. Ek en my stiefpa loop om 'n duiker te gaan soek - my eerste jag. Ek is nie stil genoeg nie - so ek word oor die kole gehaal. Ek verloor 'n skoen, raak heeltemal bang omdat ek agter is en kry 'n vetoor vir my moeite. Stiefpa skiet 'n duiker - ek word gewys om keel af te sny en die binnegoed uit te haal. Die lewer word gehou.

Florian het klaar die kamp opgeslaan - die vuur brand hoog - die pap is klaar aan die kook. Vir die van julle wat nie weet nie - 'n duiker het nie 'n galblaas in die lewer nie. Sy gal sit in sy gesiggie - daai 2 strepies langs die wange - of dit is wat die ou mense glo. So, die dat duiker lewer so maklik en so lekker is. Die lewer word altyd met 'n lekker dik suursous gemaak - swart asyn, bruin suiker, bruin gemaakte uie ens. Die volgende oggend is daar niks lekkerder as koue lewer met suursous en stywe pap nie.

Die volgende oggend gaan wys my stiefpa vir my 'n baie eienaardige ding - 'n groot watergat in die rivier, met hoë rots formasies om. Dit is hier waar hulle mense wat dalk skuldig is aan iets ingooi, as hulle lewendig aan die anderkant uitkom, dan is hulle onskuldig. Sien daar het 'n groot krokkedil in die gat gebly en dit is soos die stam regstelsel daar gewerk het. Die magistraat het die bevel gegee om die krokkedil te skiet omdat dit 'barbaars' was om so iets te doen.

My stiefpa het 'n hele paar van die vonnise oor die jare gesien. Hy vertel die vir my. Eenkeer was daar 'n vrou wie se man dood is - sy word toe daarvan beskuldig dat sy hom vergiftig het. Sy word gevonnis en in die gat gegooi - sy kom die anderkant uit. Hulle vat haar toe sommer weer en gooi haar weer in - sy kom weer uit. Dit gebeur 3 keer - elke keer swem sy uit. Die vierde keer toe maak hulle haar hande en voete aan mekaar vas en gooi haar in - sy word toe deur die krokkedil gevat. Hy het dit met sy eie oê gesien.

Die volgende dag sit ons by een van die skooltjies onder 'n boom - ek speel met die klonkies. 'n Vrou kom aangehardloop - histeries - 'n krokkedil het haar kind gevang. My stiefpa praat met die mense - die volgende dag vat hy die 7 x 61 Schultz & Larson en ons gaan af rivier toe. So 'n km van die rivier af begin ons bekruip - my stiefpa verduidelik dat 'n krokkedil vreeslike goeie oê het. Ons beweeg stadig en laag - ek word goed gebliksem as ek net skeef trap.

Ons sien 'n sandbank aan die anderkant van die rivier so tussen die blare deur. Daar lê 'n krokkedil soos iets uit 'n Tarzan movie uit - 'n lelike groot reptiel. Stiefpa vat lekker dooie rus en skiet die reptiel deur die hart. Daai dag het ek iets gesien wat ek nooit weer in my lewe gesien het nie. Daai krokkedil veroer nie 'n spier nie, maar vlieg reguit die lug in vir so 2m, val plat op sy maag en gly morsdood so stadig die water in.

Ons bly daar in die omgewing vir nog 'n week - jag bosbokke en stiefpa doen die skool ding.

Een aand later in die week, speel daai Kavango dromme in die nag - stiefpa sê hulle het die krokkedil verder af gekry - sien, hy moes eers gas maak, voordat hy opkom. Ons gaan na die plek toe - daai krokkedil se maag word met 'n byl oopgekap. Die mense haal koper armbande en ander stukke yster uit sy maag uit. Geen teken van die kind nie.

Dit som my eerste kennismaking met die Kavango op - 'n groot liefde begin.

Link to comment
Share on other sites

Dit is soos 'n ander wonderlukke tyd daar in die ou dae, baie mense so wat gee vir jou eervaarings net jammer stiefpa het nie 'n sagter hand gehad nie, maar jy het goed geleer en miskien better gedoen so. Vandag kan mens nie eers vir kinder skeef kyk nie dan is jy in die trouble soos my kleinseun se. Grandma I'm in trouble. Hy's net vier jaar oud.

Groete Chester :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ek het diè een gemis - dit moes oor die naweek gewees het. Eers Kavango(2) gelees en gedink - daar moet 'n (1) wees.

Die lewens avontuur lei erens heen.......

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...