Jump to content

Vir die stoute ...... net 'n bietjie stout.


Guest Mauritz

Recommended Posts

Ek is 'n Veldwagter op Waterberg - 'n plato êrens in Suidwes, innie middel van nêrens. Ek is net 'n paar weke daar en hulle gee my 'n m@erse olifant geweer - ek moet 'elite' groepies mense vir 4 dae stappies vat op Waterberg - hulle betaal baie geld om renosters te sien.

Ek kry die job omdat ek in die Kavango groot geword het met die Boesmans. Ek kan spoorsny, ek kan raakskiet, ek ken al die plante en grasse op daai 40 000 ha plato. Daai ou Natuurbewaarder daar - die baas, vat my vir 'n test. Eerste moet ek skiet met die m@erse geweer - hy is bekommerd want ek is links - dalk is ek nie vinnig genoeg nie. Hy weet niks van my nie - niks man. Hy dink hy lyk wild. Hy het nog nie my stiefpa gesien nie. As ek mis - toe ek 6 was - dan is ek kniediep in die st@nt. As ek nie binne 4 sekondes skiet nie - dan het ek 'n lekka vet oor. Die ou Natuurverwaarde sit 'n teiken op omtrent 15 meter - blykbaar is dit waar die renoster nou sal storm - ek moet nou vinnig skiet - 'n klomp skote so na mekaar. Ek kyk die storie so - is die ou nou heeltemal mal - ek kan daai teiken elke keer 'bulls eye' raak spoeg op daai afstand. Ek het nie gemis met 'n pea shooter in Sub A op daai afstand nie. Ek kyk hom so en laat waai met daai moerse (sorry) geweer en skiet daai teiken dat daar net een gat is. Hy kyk my so ...... watse boom is dit daai - ek gee vir hom die Afrikaanse naam en die Kwangali naam en waarvoor dit gebruik kan word. Hy loer my so ..... wat is die scientific naam - "ek is nie 'n scientist nie" sê ek vir hom - ek is vannie Kavango af - scientists vra gewoonlik vir my waar is so en so. Hy sê as jy die scientific name van allie grassie en bome in 2 weke kan leer, dan het jy die job.

Ek gaan die volgende dag Otjiwarongo toe - koop 'n Smithers Mammalian boek en 'n voëlboek en 'n grasboek. Die voêlboek ken ek uit my kop, want my stiefpa het die Kavango tale daarin vertaal - julle kan maar kyk - Hein Kloppers. Ek gaan eers bar toe - raak lekker gesuip en floor daai Hilux terug Waterberg toe - raak weer gesuip en die volgende oggend leer ek gou al die onkruid se name.

Binne 'n week gaan ek terug - "ek ken nou allie name" - hy gee my nog 'n test daar buite - binne 'n paar minute het ek die job. Al die anner veldwagters daar is nou m@erse jealous - ek is nog nat agter die ore en ek het die lekkerste job - vat al hierde nice oorsese meisies en geskeide vrouens wat hulself wil vind innie natuur op hierdie nice stappies.

Daar gaat ons nou - my eerste trip - 'n klomp Duitsers van Duitsland - die dames is so mooi - my hormone weet nie watter kant toe nie. Ek het 'n ou man - kan nie eers sy naam onthou nie - hy kyk na die kamp - maak die vuur en hou die bobbejane weg. Dan is daar Willipard, 'n regte Herero - my getroue spoorsnyer - ek wil niemand anners hê nie. Hy het my baas genoem - ek word nie baas genoem nie - so nou noem hy my op my naam.

Almal agter oppie Hilux, ek bestuur en daar gaan ons. Kameelperde oppie pad, 'n trop buffels en wild orals. Kom by die kamp aan - klim na die UITKYK - net langs die kamp - ek wys vir die mense waarheen ons gaan stap. Daarbo kan jy tot in Eden sien - so almal het verkykers en ons perv die wild.

Ons stap 'n vinnige stappie ommie kamp en ek wys hulle allerhande spore, veral renoster spore. Maak dit duidelik dat die m@erse geweer daar is om 'n skoot in die lug te skiet, of iemand wat stupid is - ek gaan nie 'n renoster skiet nie.

Voor dit donker word - gaan stort die mense - sien die hele plek is tussen sandsteen formasies. Daar is 'n tenk met koue water en 'n regter bos stort. Die Duitsers trek sommer daar tussen die hutjies uit - gooi 'n handoek oor die skouer en daar gaan hulle. Ek sluk amper my vuis in en die hormone het nou 'n vinnige rodeo. Die ou man en Willipard kyk weg en hou hulle self besig.

Nou settle ons almal - die vuur brand - daar is sulke klein hutjies met 2 single bedjies. Ek het een vir myself - Willipard en die ou man het een. Die toeriste deel die ander. Sien ons het 'n luiperd daar wat kom kuier snags - dit is die ou man se job om die toeriste skrik te maak met die spore die volgende oggend.

Nou die stoute storie. Sien my hormone bokspring nou al vir lank man. Twee jaar innie 'weermag', nou hier op Waterberg - die bobbejane begin interessant lyk - sien wat ek bedoel. Sommer die eerste uur het ek nou al my oog ingestel - en ek is vinnig man. Ek is 'n boer en 'n boer maak 'n plan. Een van die Duitse dames is so mooi ek kry skeel hoofpyn en ek kruis my bene onmiddellik as ek na haar kyk. Sy glimlag so 'skaam', 'skaam' vir my. Ek is ge-organise.

Almal het geëet, ek niks nie - ek kannie meer dink nie - die hormone dink vir my. So ek en die Duitse gymnast smile vir mekaar en die maanlig skyn net op ons. Ek gaan krap die kole en vra of sy nie die melkweg wil sien vanaf die UITKYK nie. So ons verdwyn en die anner Duitsers gaan 'slaap'. Ek is half teen die uitkyk uit en die Duitse gymnas wil skielik begin gymnastiek doen - die maan skyn net op ons.

Die volgende oggend vroeg kom maak Willipard my wakker. "Hau baas"

"Willipard, ek is nie 'n baas nie."

"Moreeez wat het jy met daai miesies gadoen?"

Ek is nou wawyd wakker - ek kan nou dink - my hormone bokspring nie meer nie - hulle wei nou. Ek het nie 'n idee waarvan hy praat nie - die aand was bietjie oes - baie wyn - gymnaste ens.

"Jy moet daai miesies stil hou baas - ek kannie verstaan nie, maar die anner kan."

Nou het ek 'n idee. "Wat het sy gesê Willipard". "Niks nie baas, syt net garaas."

Ok Willipard, as enige iemand jou vra vanoggend, sê net die bobbejane is baie gepla deur daai luiperd - die mense sallie weet nie - hulle is van oor die see."

"Wat van die boude baas." Nou is ek verlore. "Watse boude??????? "Julle boude blenk in die maan baas - julle kan dit nie doen nie - as die grootbaas dit hoor - dan moet jy gaan baas."

Van toe af is ek versigtig op daai uitkyk - geen garaas en geen blenk boude meer innie maanlig nie.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz

Great storie, pragtig vertel!

Ja (sug!) daar nou niks wat mens aan die boude kan doen nie is daar? Wel tensy mens gewoond is om by Beau Brummel of op Clifton te kuier en die wangetjies bietjie son kry! LOL!

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...