Jump to content

Goedkoop tydelike huurplek in Sidney?


kalahari_gal

Recommended Posts

Ek wonder of iemand my kan sê waar in Sidney mens GOEDKOOP blyplek kan kry vir 'n paar weke? Aangesien die salaris in dollars eers na die eerste maand gaan begin inkom, soek ons iets goedkoop vir 'n maand of twee. Enige idees sal waardeer word. Dit is vir 2 volwassenes en 'n 4-jarige seuntjie, Jayden.

Ek het iewers op die forum gelees van karavaanparke wat chalet's vir goedkoop uitverhuur. Weet iemand van so iets in Sidney? As mens dan nou gemeenskaplike badkamers vir 'n paar weke moet verduur, is dit 'n kleinigheid.

Of ander idees? Dit hoef nie in 'n wafferse area te wees nie, budget is 'n groot issue. Buitendien, dis net tydelik, so dit maak nie saak of dit nie te great is nie. Dis net om aan die begin te kom tot die dollars begin inkom. So moenie huiwer om enige idees te noem nie.

Dit sal selfs beter wees as dit so na as moontlik aan Silverwater is, waar die nuwe werk gaan wees. Ons gaan ook nie vervoer hê vir die eerste ruk nie, so naby openbare vervoer is 'n moet.

Baie dankie by voorbaat vir enige idees.

Link to comment
Share on other sites

Ek is opsoek na dieselfde tipe informasie - potentieel sal my werkplek in Chatswood wees. Op www.realestate.com.au word alle huurplekke in weke adverteer, beteken dit mens huur week tot week of is daar 'n standaard minimum tydperk?

Enige idee vir meubel winkels, ons wik en weeg of ons als daar moet koop of moet ons saamvat van hier af? Ek hoop iemand help <_<

Link to comment
Share on other sites

Alle huur word op 'n weeklikse basis geadverteer, maar jy teken 'n huurkontrak vir 6 maande of 'n jaar. En gewoonlik betaal jy op 'n 2-weeklikse basis. So as die huur bv. $300 p/w is, dan betaal jy $600 elke 2de week. Baie werkgewers betaal ook jou salaris elke 2de week.

Vir huishoudelike goed soos yskaste, wasmasjien, ens. kan jy by The Good Guys kyk, asook Bing Lee, Harvey Norman, ens. Jy kan verseker "bargain" met hulle as jy 'n hele paar items koop en dikwels onderhandel vir 'n afslag van 20 - 30%. Kry 'n prys by een winkel en dan hoor jy of die volgende een beter kan doen. Moenie die geadverteerde prys sommer netso aanvaar nie. Ek het die naweek vir my 'n TV en home theatre system gekoop en onderhandel om 30% minder te betaal as die Recommended Retail Price (RRP).

Link to comment
Share on other sites

Ek het iewers op die forum gelees van karavaanparke wat chalet's vir goedkoop uitverhuur. Weet iemand van so iets in Sidney? As mens dan nou gemeenskaplike badkamers vir 'n paar weke moet verduur, is dit 'n kleinigheid.
Hi Kalahari_Gal,

Here is some information on a previous post regarding caravan parks and accommodation. Many of the cabins in caravan parks have ensuite bathrooms.

SAS

Link to comment
Share on other sites

Hi Kalahari_Gal,

Here is some information on a previous post regarding caravan parks and accommodation. Many of the cabins in caravan parks have ensuite bathrooms.

SAS

Thank you for these links, they were very helpful! Thanks for taking the time to answer :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...