Jump to content

weather


Blossom

Recommended Posts

Morning Adelaiders,

How about this weather!? Yesterday 32 degrees and hot, today 17 and raining! Never a dull moment hey?

I just love it here.

Have a nice day.

Greetings,

Kannidood. :)

Link to comment
Share on other sites

hi ja gister was n wonderlike dag...ek weet ons het die reen nodig maar ek kan nie wag vir die somer nie.... ek verlang te veel as dit so reen :)

Link to comment
Share on other sites

And they say Melbourne has the weather!!!!!

Link to comment
Share on other sites

'

Dit Reen vandag in Brissie, wel ten minste my kant van Brissie. Ek hou van reen dae, hulle is lekker snoesig.

Hoe gaan dit by die Salvo's?

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle,

Ek bly in Kaapstad en dis baie interessant hoe eenders Adelaide se weer met die Kaap vergelyk tans. My man is op die oomblik in Adelaide en ons beleef dieselfde weersomstandighede.

Ek wens ek kon 'n vlieg op sy skouer wees. Was verlede jaar in Aus, maar nooit Adelaide toe nie. Het oor die internet op die plek verlief geraak en nou beaam hy als wat ons elektronies ondervind het. Ek hoop ons is spoedig daar. :blush:

Stars(Wilna²)

Link to comment
Share on other sites

Hallo Stars,

Eerstens wil ek net se dat ek van jou naam hou.....Stars.......dis mooi. Net soos Adelaide vir my mooi is.

Dit was 'n vakansie dag hier gister met heerlike sonskyn weer, net reg vir braai. Ons is net drie en het 'n redelike medium size braai gaan koop. Dis die mooiste dingetjie, lyk soos 'n tuin ornament as jy hom nie gebruik nie. In die 8 maande wat ons hier is, het ons nog net een keer gebraai en ek soek 'n verskoning vir braai. Gister sou braai dag wees.

Ongelukkig wag ons tot 1 uur voor ons winkels toe gaan vir brikkette, vleis ens. Kom by Foodland en al wat oop is, is die apteek en Bakers Delight. Ry Coles toe...ook toe. :angry: Op die ou einde eet ons toe maar pizzas.

Maar wat my wel so opval en vir my baie eienaardig is, is dat al die Sip and Saves oop is, hulle is sommer sulke groot drive thru's, jy kan hulle nie mis nie. En dan bly sommige van hulle nog oop tot 10 uur in die aand EN daar is een bykans op elke hoek! Mens verduidelik hier vir iemand die pad van Sip and Save tot Sip and Save! :(

Ek stem heelhartig saam met die Ozzies se sienswyse oor die groot dwelm veldtog wat hulle het. Hier is die afgryslikste advertensies oor dwelms en die gevolge daarvan, sigarette voel 'n mens te skaam om te koop laat staan nog rook. Dis goed so. Maar wat van alkohol? En hoekom bly die drankwinkels so laat oop? Sodat die hoons gou nog enetjie kan gaan koop? :unsure:

Moet se hulle pizzas is lekker. Met hulle vleis pasteie (sommiges) moet jy vrek lus wees vir sooibrand as jy een gaan koop. Maar jy kry die wonderlikste vleis hier! :)

Hoop om julle gou in Adelaide te sien...ek geniet dit hier. :)

Groete,

Kannidood.

Link to comment
Share on other sites

Dankie Kannidood,

Die stars kom van wishing upon a star en thanking my lucky stars en toe sê my man ons verbintenis met Aus (die sterre van die vlag) is goed, want ek verjaar op Ansac day.

Lyk my Adelaide is beslis ons keuse. My man kon nou werk kry as sy visum net in plek was, maar vinniger as wat ons gemaak het daarmee kon ons nie. Ons doen die 15de ons medicals en hoop net die koerier is vinnig. Ek weet van niks wat met ons medies gesproke verkeerd is nie. Ek wonder net hoe vinnig hul dan ons visa sal prosesseer, want dis nog net die medicals wat kort.

So, die raad is, kry die visum, doen 'n geloofstrek sonder werk en vestig in Adelaide. Manlief behoort blykbaar vinnig werk te kry. :thumbdown:

Dalk, net dalk, sluit ons uiteindelik by julle aan gedurende Januarie 2008.

Stars

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...