Jump to content

Soek jy 'n hasie?


Blossom

Recommended Posts

Middel seun vertel my eendag 'n grappie. Hy se hoe vra jy 'n dowe ou of hy 'n hasie wil he?

Ek se toe nee, ek weet nie.

Hy blaas hom op tot sy volle 6vt 3 en skree met 'n bulderstem hier by my gesig..SOEK JY 'N HASIE!!!!!!Ek val amper van my stoel af van skrik en gee hom 'n taai klap teen die kop. Hoe kan hy sy Ma so laat skrik? Maar ek het agterna gelag en dit het soort van 'n familie grappie geword.

Vanoggend toe ek hier uit ry by die units se oprit, reg oorkant die pad sit daar die mooiste ou bruin hasie in die gras en vreet lustig. Ek het julle al vertel van die Magpie wat my so aangeval het, nou ja, die ding sit nog steeds op die telefoon paal en wag vir my. Vir my lyk dit of die voel die hasie dophou en ek wil uitklim om die hasie te vang. Maar daai voel se kraalogies hou my so dop dat ek dit liewer los. Nou wonder ek net of hulle ander diertjies ook so aanval? Ek sien die mense loop met afgebreekte takke in hulle hande hier verby op pad stasie toe om die ding te verwilder.

Ek het een goeie ding gedoen vandag hier in Adelaide...ek het by die Salvo's aangesluit as vrywillige werker hier in Hallet Cove. Die vrouens daar was so vriendelik en bly vir die aanbod, ek begin sommer al more daar werk. Nou doen ek ook my deel vir my gemeenskap en ek is seker daar sal baie vriendskappe daaruit kom.

As daar enige Saffers hier naby is wat iets het om te skenk vir die Salvo's.........kom se hallo, ek is die een met die aksent.

Groete,

Kannidood.

Link to comment
Share on other sites

Lol!

Het nou eers gou my significant other vertel van jou Magpie aanval. Sien al klaar hoe ek rond loop met takke en my arems swaai soos 'n mal vrou! :ilikeit:

Bly jy is opgewonde oor die volunteer werk, klink nice.

Hoop jy het 'n wonderlike week (sonder enige stalker Magpies!)

Groete,

Michele

Link to comment
Share on other sites

Hallo vriendin,

SOEK JY 'n HASIE!!!!!! LOL

Bly jy ga nou volunteer, dis baie lekker en nou het jy ok 'n mission!! Good on ya, sien eks al klaar 'n regte Ozzie.

See ya layda

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Enjoy the volunteering! I'm sure you're going to make lots and lots of friends. Now you've got even more reason to come and chat to us and tell us all the stories around the job.

I've also noticed people walking around with a branch in the hand, but I thought that was to wave the flies!

SAS

Edited by SASydneysider
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...