Jump to content

Hoe nou gemaak????


basson familie

Recommended Posts

Ek het na al die visa's gekyk en wat die vereistes is.

Alles tel teen ons.

Agent probeer ... (die was nie geregistreer soos julle weet) DIT WAS 'N DUUR GROOT FOUT!

Hy het net ons tyd gemors.

VISA 160 / 163 = ons kwalifiseer nie

PM Frans is te oud en ek het nie diplomas of grade nie.

475 = daar kom nie 'n sponsor nie...

Ek weet nie meer watter kant toe nie.

Hoe weet ek wanneer is dit ons teken dat Oz nie vir ons bedoel is nie.

Ek sê gisteraand vir Frans as ons nou regtig sien ons kan nie oor gaan nie. Sal

hy vir my net gaan wys hoe ;yk dit daar (Perth - hy was Mei Maand daar)...

Toe sê hy nee sorry ....dit gaan hom te hartseer maak. Hy het regtig gedink

hy kom net gou gou terug om dinge te kom finaliseer en ons te kom haal....

Vir diegene wat kan gaan ..... meskien gaan dit soms moeilik hou net moet

want as dit vir mens lyk dat daar geen kans is dat jy kan gaan nie....

dis groot teleurstelling. Maybe is dit nie vir almal bedoel nie.

Ek los alles nou in die Here se hande.....maybe in SY tyd sal hy dit doen nie

in my tyd nie.

Groetenis

Die Basson Familie

Link to comment
Share on other sites

Hoe oud is jou man en wat is sy kwalifikasies?

My broer was 49 of 50 en was n boilermaker en hy het a regional sponsorship visa gekry.

Hy het Australia toe gekom en n werkgewer gesoek wat hom gesponser het. Hy moet nou 2 jaar of soe iets in regional Australia woon (Kalgoorlie) maar hy is te minste in. Dit is wel die moite werd vir jou man hier to kom en te probeer.

Beste

Des

Link to comment
Share on other sites

Hallo "Basson familie"

Ag, ek kan sommer uit jou post sien jy is hartseer, en deurmekaar, en sommer net niks lekker nie. Ek weet nie wanneer is dit God se teken dat jul moet bly nie maar as jul nie vrede het met bly nie, sou ek sê hou aan probeer. Vir my is dit altyd 'n teken, watse kant toe ookal met iets wat ek doen, dat as ek vrede het daarmee, is dit God se wil.

Iets wat by my opkom terwyl ek so sit en tik aan die post, is dat ons moet wag op God. Dalk dink ek net daaraan omdat dit ons situasie is tans, maar ons timing en God se timing werk nie aldag op dieselfde skedule nie. Moenie moed opgee nie, ek glo steeds daar sal erens 'n sponsor uit die kas klim om jul te sponsor en dat julle sal kan gaan - maar wag op God, wag op sy antwoord terwyl julle aanhou probeer - wanneer hy antwoord is dit gewoonlik helder, duidelik en sonder dubbelsin - julle sal WEET watse kant toe. En onthou: Alles werk ten goede mee....

Ek sal saam met julle bid - hou ons op hoogte.....

Link to comment
Share on other sites

Hi!

Ek stem saam dat jul maar alles moet probeer! Dinge in SA begin vir ons kommerwekkend lyk... MAAR... aan die ander kant, as die Here jul daar wil he, het Hy perfekte tyd beplan daarvoor. Wag en bid en doen nogsteeds als van jul kant af om 'n voet in die deur te kry..

Sterkte, ons dink aan julle.

Elize

Link to comment
Share on other sites

Hi daar.

Jul moet asb nie moed verloor nie.Ons was ook daar gewees.Die goed wat met ons gebeur het was vir my en my man n teken deur te wys die tyd was nie reg om oor te kom nie.Dis hoe ons dinge gewerk het.In einde 2002 het ons probeer kom en die deure het maar moeilik oopgemaak en toe hoor ons nog ek verwag en het dinge nogsteeds probeer aan die gang kry en op 4maande verloor ek my baba en ons los toe alles net so met die oorsee gaanery.Drie maande later verwag ek toe weer en besluit ons gaan nog n bietjie wag tot my dogtertjie ouers is.Wou by my familie wees en kon my help met ons baba wat 10 maande erg colic gehad het.Ons het altyd weer na n jaar of so gepraat van kom maar het dit dan daar gelaat.Ek het n goeie besigheid gehad en my man het vir sy maatskapy van die huis af gewerk en ons was regtig gelukkig in Gordons baai en het nie weer gedink om te probeer nie tot op n dag kom my man en se kom ons probeer weer en kyk of dinge die keer gaan goed en vlot verloop sonder komplikasies en ek het gese ag wat is die kanse die keer.Ek se toe ok kom ons kyk maar.My man werk vir CSC en het met sy baas gepraat.Sy baas se toe jong dis een van die base in Oz wat hy mee moet probeer kontak maak en sal hom van jou vertel en wat jy wil doen.Na n email of 2 het Albert uiteindelik met die groot baas in Perth op Skype n onderhoud gehad en ek het gedink ja hier slaan weer n deur toe dat dit klap.Wat gaan die keer gebeur.Na die oproep kom my man in en se onthou in my en jou lewe saam werk dit so as ons sukkel met n ding los dit en as n ding sommer net in plek val sonder deure wat weer toe klap weet ons go 4 it.Ek se toe ja en hy se wel hul soek my daar en kan oor 2maande begin werk.Ek het gelag en gese dit is onmoontlik en te gou.Dit was bedoel om te wees.Wys jou as n ding moet gebeur gebeur dit flippen gou.Dis hoe die Here in my en my man se lewe met ons werk en praat op n manier.Partykeer sukkel ons ons dinges af om n ding te maak werk en dan werk dit nie so nie en waneer die tyd reg is slaan dit jou voete gou onder jou uit.AS dit jul tyd is gaan niks in die pad staan nie en die deure gaan oopslaan rondom julle.Vertrou op die Here en moenie moed verloor nie dis dalk n toets.Ek is seker daar sal iets opduik wat vir jul n deur kan oopmaak.Moenie ophou probeer nie. Wees geduldig en gee dit vir die een daar bo dat hy met dit op sy tyd mee werk .Sterkte ek kan hoor jou moed en spoed is gebreek.Wees positief en vat dit dag vir dag.Ons het net so gesukkel voor ons kon kom en danksy die Here is ons nou hier en dit was regtig die gesukkel werd aan die einde van die dag.Baie gaan dieselfde deur en ek wens ek kon dinge vir jou beter maak en se sim salebim maar dis nie so maklik nie ne.Onthou net jul is nie alleen nie.Dink aan julle.

Groete Ursula x

Edited by Allie&Urs
Link to comment
Share on other sites

Ek stem saam met Des V.

Het julle gekyk na die sponsorship Visa's wat sekere van die state aanbied? Jy moet nou wel in die area bly vir 'n sekere tyd, maar dis 'n manier in en baie van daardie plekke is eintlik stunning. Baie Saffers is dood gelukkig in van die plekke. Dink julle moet so bietjie daarna kyk en wie weet, meskien help dit.

Ons aansoek Oz toe is nou met 'n jaar uitgestel. Dink nie dit gaan altyd maklik vir almal nie, die storie is maar 'n lang pad, maar hou moed...is seker dinge sal uitwerk!

Sterkte!

Michele

Link to comment
Share on other sites

Hoe oud is Frans?

Wat van die State Sponsored Business Visa?

Cutt off ouderdom is 55.

www.sbdc.com.au

Link to comment
Share on other sites

Aan die Basson familie,

Kyk na n RSMS 457 visa. Dit is n regional visa wat jou in regionl Australia laat bly vir twee jaar. As jou man of jy n kwalifikasie het en n werk offer kan ry kan dit dalk uitwerk. Die RSMS vat ouderdom, engelse toets. kwalifikasie assessments en belangrikste die punte stelsel uit die prentjie. Basies is dit dat as n werkgewer jou n vlotydse werk kan aanbied en jy die kwalifikasies het om die werk te doen dit goed gekeur kan word. Ons het so oor gekom. As jy regional visa is lyk dit ook of alles vinniger goedgekeur word. Stel voor dat julle goeie immigration lawyer gebruik. As jou man dalk n ambags man is is daar ook op die oomblik baie werk op die myne. Hulle werk n hele ander sisteem hier waar die mense vlieg na die myne toe en op roosters wer, maar ook dan goed vergoed word daarvoor. Meeste van die werk in regional Australia is met myne of minerale te doen. Terwyl julle op 457 is sal julle private medical moet he wat so tusen $250 -350 vir familie van vier kos.Dit is nie te bad as jy normale salaris verdien nie. Ek is seker dat julle nou vir private medies in elk geval betaal.Sodra jy permanent is sal julle nog seker besluit om die private medical te hou of net op die staat sisteem gaan. Ons het nog steedsprivate medies en jy raak gewoond om dit te betaal.

DAy care is redelik duur as jy nie permannet is nie.Vra maar vrae en ek sal jou probeer soveel informasie gee as ek kan.

Groet en vasbyt

Link to comment
Share on other sites

Ek stem saam met martinwolmarans hierbo oor Regional Visas, kyk ook veral na South Australia.

Ek sel ook voor dat jy die volgende link besoek (Employment South Australia) en by hulle registreer. Hulle se dat hulle mense ook in kontak bring met moontlike werkgewers.

Soek 'n bietjie rond op daardie webwerf, dit lyk my daar mag dalk handige kontakte wees.

Dit sal dalk ook help indien julle noem dat julle bereid is om in Regional Locations (bv. Olympic Dam in South Oz) te werk.

South Australia Biz Move (Adelaide Make The Move Website)

Hoop dit help,

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Hi

Weet nie of die volgende inligting nog geldig is nie, maar mag dalk die moeite werd wees om te ondersoek.

Ek onthou so 'n paar jaar terug kon jy makliker na New Zeeland immigreer, daar 2 jaar bly en dan oor kom na Australia.

Hoop julle kom reg

ottg

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...