Jump to content

Hoek of kroek, Ons is oppad

sybie

Recommended Posts

Hi, Almal

Snaaks hoe mens elke dag meer rede vind om Ausies te word, as jy dit begin oorweeg. Skielik word die misdaad ens. sommer vir jou meer.

Ek en my vroutjie bly op 'n klein dorpie in Noord Transvaal, en ons seuntjie het pas 2 geword. Hoe, weet ek nie, maar ons is oppad. Ons is nie "ge-skill" nie, ek het my eie besigheid en vroulief help met die boekwerk.

Ek het bietjie boerdery en elektriese ondervinding maar lyk vir my 'n ou het regte pampiere nodig om oor te kom.

So, my vrou het nou besluit om onderwyseres te word deur Unisa, terwyl ek geldjies bymekaar maak (klink my mens het klomp van dit ok nodig). Hopelik staan ons dan 'n beter kans.

Dis mos ouers se plig om die beste vir hul kindertjies te doen.

Geniet dit

Groete

Link to comment
Share on other sites

Mooi...dank het ons darem naby familie hier.

Link to comment
Share on other sites

Sybie ek hoop van harte dat dinge vir jul reg uitwerk en die paadjie sal oopmaak na Oz se kant toe.As dit bedoel is om te wees sal niks in jul pad kom nie ;) Bly net positief en moenie moed verloor nie.Druk deur al vat dit bietjie langer op die ou end kan jul jul voet by die deur inkry en vir jul kabouter net die beste bied in Oz soos meeste van ons ouers gemaak het deur oor te kom en vir veiligheids redes.

Sterkte daar.

Albert.

Edited by Allie&Urs
Link to comment
Share on other sites

Sybie

Daar is BAIE mense wat die laaannnnggg pad vat om by emigrasie uit te kom. Moet net nie moed verloor nie en beplan deeglik. Ek het ons 'beplanning" op papier uitgewerk - al die stappe wat nodig is sodat mens sommer met een oogopslag kan sien waar is ons nou, en wat ons nou moet doen om vorentoe te beweeg. Elke klein stappie wat afgemerk word, maak jou nader aan jou droom.

En ek besef elke dag dat tyd eintlik so vinnig by mens verbygaan. Wat vandag soos 'n berg lyk, is more net 'n klein molshopie. Sterkte aan jou vrou vir haar studies. Op die ou einde is dit oor en oor die moeite werd.

Bienkie

Link to comment
Share on other sites

Hallo Sybie

Baie welkom by die forum, jy sal regtig baie hulp hier kry. Sterkte vorentoe en hou moed. :rolleyes:

Ek het vir jou 'n PM gestuur.

Robert & Telanie

Link to comment
Share on other sites

Hi Sybie

I don't know what business you have, but there are business skill Visas available, depending on your turnover level in SA. Look up the 160 and 163 Business Skills Visas on the DIAC website and see whether you qualify that way. :rolleyes:

You would have to start a business in Australia, and they are temporary Visas, not PR.

Regards, Bronwyn

Link to comment
Share on other sites

HI Sybie,

Byt vas. Moenie net na een opsie kyk nie. Ons het gesukkel om indie land te kan inkom. Ek het kwalifikasies, maar was nie deur Australia aanvaar nie. So het dit gelyk. Ons het gekyk na regional visas. Ons was wel gesponsor, maar al wat ek wil se is moet nie net dink dat die enigste manier is on "te aply vir skilled independent visas - oftewel te IMIGREER nie" Kyk mooi na hule website en vind maar alles uit. Op n regional visa tel die punte stelsel nie. As jy kwalifikasies het of kan bewys dat jy bevoeg is om die werk te kan doen kan daar dalk n manier wees. Ons het gekom op die infamous 457 business long stay temporary visa. Moet in regional AUS bly vir twee jaar. Ons het 3 maaande na ons hier was vir permanent apply en dit in 2-3 maande gekry. Ons is permannet en moet nog 11maande regional bly voordat ons kan gaaan waar ons wil.Wees vry om vrae te vra en ek sdal soveel informasie gee as wat ek kan. Ek het vir 5 jaar probeer en het uiteindelik gekom. Byt vas. Ek is seker as jy wil skuif vir die regte rede en joune is die regte rede, sal dinge uitwerk.

Groete

Martin Wolmarans

Hi, Martin

Baie dankie vir die raad,

Ek gaan defnitief na al die opsies kyk.

Maar lyk of dit die maklikste is om te begin soek vir 'n sponsor

Groete

Sybrand

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...