Jump to content

Harry the Hacker, die Mafia & Rufus


Guest Mauritz

Recommended Posts

Vandag is haarsny dag, 'n wonderlike dag en ek kannie waggie. Vandag gaan ek weer Harry the Hacker se vinnige hande bewonder en vandag is die dag waar ek die staring game gaan wen met die Mafia.

Om die storie te verstaan - 'n bietjie agtergrond. Stanthorpe is op die aardbol vandag as gevolg van die Italianers. Hulle kan werk - hulle is bouers en julle weet mos ek hou van bouers en haat brekers. Die Italianers het om een of ander rede hier begin - seker omdat die plek na te veel werk vir die Aussies gelyk het. Dit is harde wêreld, graniet wêreld - dit hael en donnerweer vreeslik. Dit is geen probleem vir die Italianer nie - in die ou dae, met sy Clydesdale perde, het hy die graniet boulders geskuif en die grond gewerk. Hulle groei stone fruit hier - appelkose so groot soos spanspek en perskes so groot soos waatlemoene.

As jy in Stanthorpe rondloop, sien jy nog die ou Italianers - die ou ooms en tannies wat die land gewerk het - hulle kan nog steeds nie lekker Engels praat nie. Jy sien die ou Don's, die van Sicily, die met die swart leer baadjies en die keppies oppie kop. Jy kan sien, op een of ander stadium was hulle hitman's virrie Mafia.

Aan die anderkant is die haarsny besighied - nie 'n maklike ding vir my nie. Ek is baie vol str@nt - ek vertrou nie die haarkappertjies nie. My oupa het op 70 'n haarsalon in Verwoerdburgstad begin - sy dogter was 'n haarkapster. Ek was lank oppie grens en land op Waterkloof - gaan reguit salon toe. Ek stap met my verweerde uniform daar in en daar is die mooiste meisiekind, met die naam Chantelle, agter die toonbank. Ek begin sommer lekker gesels, want my hormone bokspring al vir 'n jaar rond. Ek is nou ge-organise, ek kan die hormone bedaar vanaand. Ek het sommer onmiddelik 'n date. My tannie roep my eenkant toe. "Sien vir Chantelle" sê sy vir my - haar naam was Dirk. Ek verstaan nie lekker nie - hoe kan so 'n mooi mens nou 'n naam van Dirk gehad het. Neeeeee, sê sy vir my - sy was eers 'n hy, sy is nog half 'n hy - sy is bo 'n Chantelle en onner 'n Dirk. Ek luister so - verstaan nog nie lekker nie. Sy verduidelik nog en daar het ek dit. Ek sou vir Chantelle bo vry en vir Dirk onner - man ek is omgekrap. Ek is pas vannie Grens af - ek wil daai Chantelle vermoor - my tannie keer net. Daai gesiggie van Chantelle is so mooi daarbo ek kan dit nie oor my hart kry nie. Nou moet ek vir Dirk bykom onner die belt - 'n lelike storie, glo vir my.

Sien, nou vertrou ek nie meer die haarkapper besigheid nie.

Net-nou sny 'n Chantelle my hare daar bo en Dirk raak opgewonde daar onner - wat dan??????? Daai drukkie teen jou nek is dalk 'n DRUK en daai vee oor jou hare is dalk 'n VEE en Dirk raak al hoe meer opgewonne - ag nee, sies man.

Dit is nie net dit nie - jy kry hierdie jong haarkapstertjies met die ringe orals en die kaal pensies - en hulle word geleer om 'conversation' te maak - hulle gesels met my oor 'Big Brother' en 'Home & Away.' Hulle wil ook my hare in 'n 'Bob' en 'Steps' sny - net-nou lyk ek soos Boknes se opskopsaal op Nuwejaars oggend. Ek is 'n Boer - ek het nie tyd vir die goed nie, man. Dan moet ek nog wonder of hulle 'n Dirk is daar onner.

Nou verstaan julle hoe moeilik dit vir my is om hare te gaan sny. Ek kon nie my luck glo hier in Stanthorpe nie - ek loop eendag verby die Plaza en daar is die klein winkeltjie en ek sien die wonderlikste ding ooit.

'n Harige man met 'n woes baard en butterfly hands. Man hy sny 'n man se hare dat die stof so staan en hy is definitief nie 'n Chantelle daar onner nie. Sien die winkeltjie is klein - verkoop tabak en dobbelkaartjies en sny hare. Daar is nie eers al daai botteltjies in die winkel nie - julle weet mos - 'n pienk bottel vir stywe hare, 'n geel bottel vir min hare - almal met die fyn skrif, "Val jou hare een-een uit, gebruik Dice, dan val almal gelyk uit."

Man ek is so gelukkig ek stap sommer in en gaan sit. Langs my sit al hierdie ou Don's - die ware Mafia en die harige man sny hare man - ongelooflik. Ek gaan sit en hy ruk so 'n lang lem uit - weet mos - die waarmee hulle in daai Mafia flieks keel afsny. Hy slyp daai blade so vinnig oor 'n stuk leer of iets, ek kry sommer skeel hoofpyn. Hy druk daai lem teen my keel - die Don's loer my so - en hy vra, "howz business." My antwoord, "Business's good mate." Sien vir 3 jaar nou, is dit al wat ek praat met my haarkapper - ek is gelukkig man. Hy skeer my keel so 'n bietjie en ruk 'n skêr uit - ek het nog nooit so iets gesien nie - sy hande lyk soos twee lemoenskoenlappers in paar tyd. Die hare val so fyn, fyn om my - ongelooflik. Hy sê nie 'n woord nie. Die Don's staar na my.

My hare is gesny soos nooit tevore nie. Die Aussie blokes vra my die volgende dag wie my hare gesny het. Ek verduidelik vir hulle en hulle reaksie, "What!!!! Harry the Hacker!!!!!!! Sien hulle is nie man genoeg om daar in te gaan nie.

Aan die anderkant is Rufus - my ou jaghond - 'n lelike gesig man - hy lyk soos 'n hayena op Viagra. Hy is net 11 maande oud en so groot soos 'n kalf. Ek het hom gevang met geboorte en as ek so 'n paar agter die blad het en snags die donkies gaan water gee - en die ding kom om die hoek - dan skrik ek nog steeds my g@t af. Rufus is kort vir 'Rough as.'

Dan is daar Sasha - my nuwe rifrug tefie - sy is so oulik as wat daai hayna lelik is.

Sien ek ry nou na Stanthorpe toe, met die twee agter oppie Ute. Sasha het Rufus om die kop beet en hump hom dat die stof so staan. (Sien pic, vir Sasha in aksie) Julle weet mos, soos tannie Lettie se Pug hondjie wat jou been begin hump as jy daai teekoppie net so lekker teen jou lippe het. Die mense in die karre agter my lag hulle agternente af.

Ek weet, hier kom 'n ding vandag. Ek stop voor Harry the Hacker se Mafia winkeltjie, want ek wil my honne dop hou. Ek wag so 'n bietjie saam met die res vannie Mafia en lees 'n Tieties en Boude Tydskrif, terwyl ek my honne dophou.

My beurt - ek gaan sit. Daai kleedjie word om my nek gebind, maar lyk anners as by anner haarsalons. Die een lyk soos 'n regte bokseil - seker om die bloed op te vang as my keel gesny word en ook om my in toe te rol, agter in 'n boot te gooi en te gaan begrawe in Cavalaro se vineyard. Voor my oppie bankie sit Don Peppi Guiseppi - 'n ou hitman virrie Mafia. Hy gluur my so, wys nou en dan sy oogtanne. Ek gluur terug - my 1000 yard stare wat ek daar oppie grens gekry het. Vandag staar hierdie Boer hom stert tussen die bene.

Uit die hoek van my oog sien ek iemand loop om my Ute. 'n Snaakse kreatuur - groot vergrootglas brille en daai hare wat so hard probeer om 'n bles toe te maak. Julle weet mos - hare plat teen die bles met botter gekam. Ek is eers bekommerd dat hy my hond gaan steel - nee, hy sluit net sy kar oop.

Sien nou kom die ding. Daai hayena staan op van daai Ute se vloer af en daai Botterhaartjies voel daar is 'n gedierte agter hom. Dieselfde tyd wat hy so omkyk - lek daai hayna hom. Hy lek hom soos daai snotneus seuntjie op Swakopmund se strand 'n draairoomys lek. Lek hom dat die sop so spat. Daai pienk tong begin aan die kant waar die hare nie vas is op daai bles en krul reg rondom tot die anner kant. Hy trek daai tong deur daai hare en daai hare staan so regop en die sop drup.

Daai man skrik hom lam man - daai hayena is lelik en hy het nie die moed om sy hande optel nie. Terwyl hy in daai kar probeer kom - lek daai lelike bek daai botter hare.

Sien, nou gebeur daar 'n anner ding. Ek brake die rules - ek sê vir Harry the Hacker, "look there mate". Hy kyk en sy hande hou net aan sny. Ek raak bekommerd - ek is dalk môre hoofnuus: Harry the Hacker took Ears.

Harry the Hacker sê vir sy vrou, "Look there". Sy kyk, want jy praat nie terug as jy 'n Italiaanse vrou is nie. Sy kyk die storie so, en daai vrou begin lag man - jy het nog nooit so iets gehoor nie. Skielik begin Harry the Hacker lag - ek het nog nooit so iets gehoor nie. Daai man vou amper dubbel - ek koes net vir daai skêr. Gou het hulle 'n duet aan die gang - sy lag in soprano en hy in bas. Die Don staar net na my. Sien vandag het hy gewen - ek het die 'stare' gebreek.

post-4082-1189936462.jpg

post-4082-1189936565.jpg

post-4082-1189937060.jpg

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Ai Mauritz, ek het nou lekker gelag man! Jy beskryf so goed ek kan al daai prentjie sien van ou Rufus wat daai botterkuif lek..

Link to comment
Share on other sites

Bon Jorno Mauritz!!

Soos altyd - jy mors nie energie deur te skryf nie!!!

Glo my vry - as Rufus op my spoor is, hardloop ek ook my bene stompies!!!

Groete

Link to comment
Share on other sites

Great Mauritz, ek het lekker gelag ek weet darem nie Rufus lyk vir my na 'n spoggerige brak wat 'n prys of twee kan losslaan in 'n kompetisie - is dit nou mooi van lelikheid ???geen wonder sasha was so beindruk met hom nie !

Link to comment
Share on other sites

Uitstekende storie!!! Kan nie wag vir die volgende ene!

Groete van huis tot huis

Tania

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...