Jump to content

Ons eerste true blue aussie troue


Dedrei

Recommended Posts

Van die dames sal onthou dat ek in die begin van die jaar 'n baby shower gereël het vir girly by my werk. Wel gister was ons baie bevoorreg om hulle troue te kon bywoon.

Mense, shoe, was dit darem iets anders. Ek het nie geweet wat om te expect nie.

Dit was 'n catholic troue en bruid was so 35 min laat, wat sy entitled is toe. Dit was die gewon catholic diens wat ek al bygewoon het in SA, so geen major verskille nie. Na alles klaar is en hulle die register geteken het toe stap hulle eerste uit die kerk uit. Gewoonlik by ons dan verlaat die gaste die kerk en dan kom die bruid & bruidegom uit en mense blaas dan bubbles of gooi roosblare ens. Nie hierdie een nie. Toe staan hulle by die deur van die kerk en al die gaste loop toe uit en so gaan sê almal dan geluk vir hulle Heeltemal vreemd vir my.

Nog 'n ding, op die invite sê dit dat die kerkdiens begin 3pm en die onthaal 6pm. Dis glo hoe hulle dit doen. Dan gaan neem hulle foto's ens. en die gaste hoef nie te wag nie.

Nou ja die onthaal :D;) Kyk né niemand kan party soos ons Saffers op 'n troue nie. Ek het al my fair share van troues bygewoon omdat ek troufoto's gedoen so ek het so bietjie iets van als al gehad. Mense, ek kan nie vir julle beskryf hoe dood die onthaal was nie. Die dans baan was eers 9.30pm oopgemaak, ja so laat, en dan dans so handtjie vol mense los en die res kuier by die tafels. :D Ek het nie verwag dat hulle gaan kan sokkie soos ons kan nie, maar jinne weet die aussies nie hoe om te party nie. Liewe land. Ek was later so bored jy kon met my toor. Was baie hoopvol dat die DJ 'n nice nommertjie speel dat ek en liefie darem bietjie kan skoffel, maar nee wat. Moet seker by sê dat die couple is nie "clubbers" nie. Hulle is vroeë dertigs en heel rustige mense.

Ek moet seker ook sê dat die troue by die larnie golf club gehou is hier by ons.Vreeslik fancy & grand.

Nog 'n ding wat my opgeval het was dat daar geen bottels champers op die tafels was nie :ilikeit: Toe die speeches kom, as jy die speeches wil noem, moes almal maar net die glas lig wat hy ookal ingehad het? Meeste was natuurlik bier :D Asook dat die bedankings was vir my vreemd. Daar was een persoon van haar familie wat ietsie gesê het en dan een van sy familie wat iets gesê het en dan het hulle twee ietsie gesê. Meeste van die toasts was op die couple. Niemand het op die ouer pare getoast nie, en was nogal bietjie skok daaroor. Verder was die MC maar crap, glad nie soos wat ons ken nie. Sê net wat hy moet en dan is hy klaar. so jy sit basies heel aand en praat met die mense aan jou tafel, en conversation kan net so ver gaan. ;)

So ek sal verseker sê dat 'n Saffer troue is beslis 100% beter as 'n aussie een. By verre. Ons weet net hoe om te party en te relax.

As daar ander is wat al 'n aussie troue beleef het, deel seblief ook jou ervaring. Ek was nog net by een en hoop nie dis hoe dit hierso gedoen word nie.

Groete

D

Link to comment
Share on other sites

Hi Dedrei,

Ek stem 100%. Was nog self nie by 'n ausie troue nie maar ek dink nie daar is 'n ander nasie wat meer kan party as ons nie, engels & afrikaans ingesluit. Ek dink ok nie dat ander nasies so 'n kombinasie soos ons mense kan drink nie. Begin met die bier, dan move hulle oor na klippies en coke of rum of ietsie hards en dan as die ore warm word dan word die shooters uitgehaal en dan drink ons mos sprinbokkies. Onse mans het mos die gewoonte om met Os te begin en dan met Persy te eindig en dis dan wanneer ons vrou-liefies die kar sleutels so stilletjies uit hulle sakke haal en in ons handsakke sit. Ek moet bylas dat ons vroue maar net so lekker die shooters kan gooi!

Hoop die volgende wedding is beter!

Cheers vir nou

Tanja

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...