Jump to content

Oorlog


Blossom

Recommended Posts

Ek kry myself alweer hier by die forum in Journals....die enigste plek waar ek kan gesels vanmore. Dit voel of ek hier my stoom kan afblaas en daar is erens iemand wat sal luister........ek hoop.

Vanoggend toe ek opstaan voel ek so bedonkerd soos kan kom en ek wonder hoekom. Dis eers toe ek buite my tee drink dat dit my tref.......

Gisteraand was alles in die gewone roetine, kos gee, kombuis skoon maak en toe voor die tv gaan sit saam met my mense.

Ons flip deur die kanale van foxtel en kom af op CI, criminal investigation, 'n program oor misdaad en moord. 'n Regte mansmens program en eers wil ek opstaan om iets anders te gaan doen maar LM roep my om te kom kyk. 'n Program oor die Amerikaanse soldate in Irak is op en aan die een kant is ek bly ek het dit gekyk...aan die anderkant is ek so spyt want ek is ontsteld. Rerig diep ongelukkig en hartseer en ek het finaal besef dat Bush 'n onnosel moroon is.

So iets moet seker gewys word aan die wereld sodat ons kan sien wat daar aangaan, sodat ons kan besef hoe wreed oorlog is en hoe dit die mensdom raak.

Drie soldate is deur 'n bom getref, die drywer vermink en dood en die twee ander word per helikopter na die veld hospitaal geneem. Die een is nie ernstig nie en die ander een is sleg gewond. Hulle le op die beddens vol bloed, word behandel deur dokters met ou, ou oe. Mans wat net so oud soos my seuns is maar wat lewensmoeg en gedaan lyk. Die twee gewonde soldate hou hande vas en die trane stroom uit hulle oe uit. Hulle huil vir hulle vriend wat dood is, vir die feit dat hulle gelukkig nog lewe en nie ernstig vermink is nie.

Nie so vermink is soos die wat arms en bene verloor het nie, of wat blind is nie.....

Dokters sny deur vel en been om vernielde ledemate af te sit en hulle wys alles! Bloed drup uit die een arme man se lyf uit, die vloer is besaai met stukkies vel en bloed.

Ek sit op die punt van die bank, wil, wil net wegloop maar ek is verstar. Sowat leed, smart, nee, nee, nee!

Die een soldaat le op die bed, 'n gapende wond in sy skouer, oe wat star na die dak staar, bloed oral en die dooies reg rondom hom wat toegezip word in bodybags. Hy is verslae, dit kan jy sien.

Die beste van alles is, is dat die kaptein of majoor of whatever, langs sy bed kom staan en die Purple Hart op sy stukkende bors neerle en vir hom se dat hy die toekenning kry vir dapperheid en omdat hy gewond is in die oorlog.

'n Ander jong man le en huil soos 'n baba......

Liewe hel man, kry mens dan 'n reward omdat jy geskiet is?

Wat gaan aan....hoekom kan die man wat nie eers kan APEC se nie, ( Hy se OPEC!) hoekom kan hy nie sien wat aangaan nie? Hoeveel jong lewens moet nog verloor word voordat die swaap se oe oopgaan?

Ek wil nie politiek praat nie, ek wil net he dat die soldate terug moet gaan na hulle geliefdes toe...waar hulle hoort.

Ek het nie veel geslaap gisteraand nie.

Sorry julle maar ek moes die ding van my hart afkry,

Al my liefde aan almal en gee julle geliefdes sommer 'n groot drukkie, sommer net vir die lekker.

Kannidood.

PS.

Dear Mr. President,

Come take a walk with me.

Let's pretend we're just two people and

You're not better than me.

I'd like to ask you some questions if we can speak honestly.

What do you feel when you see all the homeless on the street?

Who do you pray for at night before you go to sleep?

What do you feel when you look in the mirror?

Are you proud?

How do you sleep while the rest of us cry?

How do you dream when a mother has no chance to say goodbye?

How do you walk with your head held high?

Can you even look me in the eye

And tell me why?

Dear Mr. President,

Were you a lonely boy?

Are you a lonely boy?

Are you a lonely boy?

How can you say

No child is left behind?

We're not dumb and we're not blind.

They're all sitting in your cells

While you pave the road to hell.

What kind of father would take his own daughter's rights away?

And what kind of father might hate his own daughter if she were gay?

I can only imagine what the first lady has to say

You've come a long way from whiskey and cocaine.

How do you sleep while the rest of us cry?

How do you dream when a mother has no chance to say goodbye?

How do you walk with your head held high?

Can you even look me in the eye?

Let me tell you 'bout hard work

Minimum wage with a baby on the way

Let me tell you 'bout hard work

Rebuilding your house after the bombs took them away

Let me tell you 'bout hard work

Building a bed out of a cardboard box

Let me tell you 'bout hard work

Hard work

Hard work

You don't know nothing 'bout hard work

Hard work

Hard work

Oh

How do you sleep at night?

How do you walk with your head held high?

Dear Mr. President,

You'd never take a walk with me.

Would you?

Edited by Kannidood
Link to comment
Share on other sites

Wil net se dat die laaste PS gedeelte 'n liedjie van Pink is. Haar woorde, my sentimente.

Kd

Link to comment
Share on other sites

Ek stem saam met jou Kd.

Oorlog kan ek net nie verstaan nie, maak nie saak hoe mense dit vir my verduidelik nie.

Wens mense wil so bietjie by kom.

Ek is dieselfde as ek Special Assignment gekyk het hier, kan ook nie slaap nie want mense ontstel my, partykeer maak die wereld net nie sin nie.

Wat vir my erg was, ek het my matriek jaar in die VSA gedoen en een van my vriendinne daar was baie ontstelt dat haar ou sy naam vir die army gegee het. Iemand anders draai toe om en probeer haar troos en se sy moet nie so bekommerd wees nie, die kanse dat hulle betrokke in 'n oorlog gaan wees is skraal. Dit was 2000. Dink baie aan haar en die ou...en van my ander skool vriende wat Iraq toe is. Maak my sommer hartseer.

Drukkies,

Michele

Link to comment
Share on other sites

Dankie Michele V,

dat jy geantwoord het op my post. Ek het gedink dat ek dalk bietjie te kras was en dat my mede forumiete my gaan afslag of die koue skouer gee.

Ek is so bly dat daar darrem een is wat saam met my stem.

My sus se dogter se man is daar in Iraq, hy kom elke nou en dan huis toe vir 'n rus. Elke keer as hy terug gaan is sy rasend van bekommernis, hy het tot self die geboorte van sy dogtertjie gemis. Hoe jammer.

Hy praat ook nie oor die dinge daar nie, mag blykbaar nie, die lyne op sy gesig word net al hoe dieper.

'n Jongman verander voor ons oe in 'n siniese ou mens.

Groete,

Kd.

Link to comment
Share on other sites

Ons lees en ons verstaan hoe jy voel, ons voel dieselfde. Why not make love not war, in my geval make compost not war. Ons steek maar ons koppe in die sand weg, wil niks weet wat daar aangaan, wil nie sien hoe vermink die jong manne lyk nie dis nou dit wat nie in bodybags huis toegaan nie. :holy: Mr Bush en Maatjies het baie om te verduidelik.

Link to comment
Share on other sites

Oorlog is oorlog, maak nie saak wie dit begin en wie dit eindig en waaroor dit eintlik gegaan het nie…

Daar is altyd in die oë van die “man in die straat” ‘n “vark” in die verhaal, en ongelukkig is die oorlog in Irak deur Bush geinisieër, maar hy het baie bondgenote gehad wat hom gesteun het, en steeds steun, want dit gaan oor die “groter prentjie”, wat ons gewone mens nie altyd verstaan en die rasioneel daarin kan sien nie. Dat mense sterf en beseer word is gewis, maar onthou die meeste mense wat in hierdie “oorlog” veg is nie lotelinge of dienspligtiges nie, hulle is profesionele soldate, wat opgeteken het om dood te maak of te sterf, want dit is waaroor oorlog gaan, maak dood of word dood gemaak….Nie ‘n lekker gedagte nie, veral as jou eie familie/vriende betrokke is. Daar is egter net soveel vrywillige “veiligheids beamptes” as soldate in Irak….uit vrye wil, want die betaling is goed, niemand het hulle opgeroep nie, maar hulle het gekies om daarheen te gaan, na ‘n plek waar hulle vinnig hope geld kan maak….dus moet hulle en hulle families ook verlief neem met die risiko wat gepaard gaan met die “job”

Wat van ons wat uit die era van diensplig gekom het? Op 16 is jy opgeroep, maar die wat op skool wou bly kon uitstel tot na matriek gekry het, en sou jy wou dan kon mens ook uitstel gevra het tot na jou studies…Nie net was ons twee jaar agter in die arbeidsveld nie, maar ons moes ook vir jare nadat ons uitgeklaar het kampe doen, wat ons ‘n verdere agterstand in die arbeidsmag en familie-lewe gegee het. Meeste van ons het dit gedoen, omdat ons nie net “gedwing” was nie, maar ons ook geglo het, ons maak ‘n bydrae…

Die algemene uitroep nou is dat dit verniet was en mense hulle lewens verloor het vir niks, en kyk waar is Suid Afrika nou!!!….maar indien ons al in die begin 70’s “oorgegee” het, waar sou SA nou gestaan het? Sou die van ons wat gelukkig is om nou in die Buiteland te bly, hier gewees het? Ek glo nie. Wat gebeur het, was dat ons het tyd gekoop vir die oorgangsperiode…nie goedkoop nie, want hoeveel van ons het nie ons makers verniel in jou Ratel gelaai, of vir dae met hulle in ‘n body-bag rondgery tot ons weer in “vriendelike” gebied was om hulle te laat afvoer nie.

Hoeveel van ons loop nie vermink rond, fisies sowel as sigies nie? Maar as ons letsels deur die “algemene” publiek gesien word as nutteloos, waar laat dit ons dan, wat nie ‘n keuse gehad het om die taak uit te voer nie? Ek wil egter glo dat ons ‘n bydrae gelewer het, tyd gekoop het, vir infrastrukture om daargestel te word en sodoende verseker het dat meer inwoners ‘n gemakliker lewenstyl kon bewerkstellig en nou in hul gemakstoelle kan sit en na “gedramatiseerde” TV programme kan sit en kyk…….nie alles wat deur die media aan Jan Publiek opgedis word, kan ten volle geglo word en vir soetkoek opgeëet word nie, ons kom mos uit ‘n meleë waar ons so geindoktrineerd was deur die media,…. dat ons mos van beter moet weet…? Dis die media wat SA aan die wêreld voorgehou het as die “swart skaap” van Afrika, dieselle media wat Mugabe as die goue seun van Afrika voorgehou het….die meeste van die “makkers” wat anti-Bush programme maak, leef lekker van die vette van die land in redelike sekuriteit, wat Amerika se buitelandse beleid en sekuriteit daarstel…

So glo ek dat daardie soldate wat in Irak, Afganistan, of waar ook al veg, glo dat hulle vir die regte “cause” daar is en alles nie verniet is nie. Was dit nie vir Amerika en sy bondgenote nie, waar sou die westerse wêreld nie gewees het nie? In meeste van die gevalle volunteer die die soldate om transgrens operasies te doen, want dit beteken vir hulle meer geld…so moes ‘n oud kollega in SA dan ook onlangs met sy lewe betaal omdat een van sy “soldate” wat in geldelike moeilikheid was, hom geskiet het omdat hy nie vinnige genoeg ontplooi kon word nie…

Die persoon wat sonder sonde is gooi die eerste klip….die een wat terrorisme vreedsaam kan oplos, staan op!!!

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Ziggy, jy en my man moet bietjie saam om 'n vuur staan...... julle praat so dieselfde veral oor die diensplig wat julle MOES gedoen het en baie swak betaal was daarvoor. Hy het nog steeds skade en sal he vir die res van sy lewe.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...