Jump to content

Grapjasse van RSA


Jan Stoof

Recommended Posts

Janee Mauritz jy is defnitief lank uit Afrika. Boonop was jy 'n Suidwester waar die TV programme mos altyd 'n dag of twee agter was.

Jy is reg. Tolla was 'n perd met 'n jas en het altyd half geswaai gelyk. Deel van sy show. Sy seun het nou die dag deur NZ getoer en van my vriende sê hy is goed. Tolla is mos tussen Middelburg en Witbank in die mis in 'n motor ongeluk oorlede.

Pieter Pieterse was 'n skrywer wat in 'n karavaan saam met sy Ingelse vrou gebly het. Hy het iets soos 50 kinder skoolboeke geskryf. Hy het lank in Tietiesbaai naby Paternoster gestaan. Toe is hy Suidwes toe, Ek dink Katima se omgewing. Malaria het hom weg gedryf Laeveld toe naby die Kruger Nasionale Park. Daar het 'n Ta hom vermoor en in sy swembad gegooi. Groot man gewees en een van sy stories oor POTBERG die os, is Afrikana.

Beide die perde het hulle naam gemaak op PG du Plesis se TV programme. Daar was 'n ander perd met naam van Danny Pretorius ook. Hy was bekend vir sy vertelling van die golfbal wat in 'n ou se dinges ingeslaan is. Hy het die storie in Afrikaans, Engels en Zulu gelyktydtig vertel.

Ek was op 'n komitee wat die lot een aand in Pretoria Noord se Stadsaal bemekaar gekry het. Dit was ter stywing van ons Hervormde Kerk se fondse. Hulle was deur 'n ander perd, wie se naam ek nou vergeet het, met sy orkes vergesel. Op 'n stadium het Danny ons predikant versoek om maar liewer huis toe te gaan want hulle kan nie lekker praat nie. Gelukkig het die predikant gewaai. Toe word daar stories uitgehaal wat menigde pastorie koek laat bloos het. Hulle het ook so een een gewaai. Ek was van die bittereinders. Jy ken daai gevoel dat jou maagspiere so verrek is as jy lank nie geoefen het nie. Ek moes uit die bed uit rol want my maagspiere was moertoe van al die lag. Ons komitee moes ook veg om nie onder sensuur geplaas te word nie. Ons moes plegtig belowe ons sal nooit weer so iets reel nie. Kannie. Hulle is nou almal dood. Dit is herhinneringe wat my nuwe Ozzie vriende nie kan verstaan nie want ons kulture en humor verskil te veel. Maar ek kom by. Ek leer elke nuwe dinge en dit is vir hulle onaardig as ek met my boere aksent vir hulle 'n storie vertel. Ek kom nou juis van so 'n familie geleentheid af waar my dogter ons ingelig het dat sy swanger is en dit my taak sal wees om hom of haar AFRIKAANS TE LEER. Kan nie wag om hulle 'n lekker paar egte Afrikaanse vloekwoorde te leer en dan my dinges af te lag as hulle dit in die Ingelse geselskap sal gebruik nie. EK KAN NIE WAG NIE. SAL SEKER SO 3 OF 4 JAAR WEES. Genoeg tyd om mooi voor te berei. Groetni

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Net voor ons weg is - moes iewers '96 gewees het, het ek een aand op TV 'n ou gesien wat stories in Zulu en Afrikaans vertel. Iets van 'n Zulu wat renosters jag - was vrek snaaks gewees. Pieterse was seker na my - kan hom glad nie onthou nie.

Snaaks hoe die Afrikaans by 'n mens bly. Ek het nooit geskryf nie - net 'n paar Afrikaanse boeke in my lewe gelees - al PJ Schoeman se boeke en 'n ander een - Moerbeibos of so iets - oor olifante in Knysna as ek reg onthou. Ek het vreeslik baie Engels gelees en in Windhoek Hoerskool (presies wat dit was), het mense my snaaks aangekyk - in die hele koshuis was ek die enigste een wat Engelse boeke gelees het. Glo dit of nie - ek het bitter min Afrikaanse movies of TV gekyk - een fliek - Boetie gaan grens toe of iets, toe ek 'n laaitjie was. Die ander was kinner programme op TV - Wielie Walie ens.

Hier in Aus was ek nog nooit by 'n Suid Afrikaanse byeenkoms nie - ek luister nie na Afrikaanse musiek nie. Een ding wat by my bly en nou uitkom as ek roggel is die mense saam met wie ek as kind om kampvure gesit het - groot geeste. Die stories was ongelooflik en ek weet nie of daar 'n ander taal is waarin 'n mens jouself so kan uitdruk nie. Ek het ook baie geleer van die swart mense - die saam met wie ek gejag het - hulle Afrikaans was ongelooflik. Dalk sal ek eendag van Elias skryf - 'n baie kwaai boesman van wie ek baie geleer het. Sy Afrikaans was baie goed - hy wou nooit sê waar hy dit geleer het nie. Ek kan onthou hoe ek as 'n klein kind vir hom gebid het, want elke ding was in die lyn: "Got man, waar het jy leer skiet - ek bliksem jou sommer." Hy was baie bed@nnerd en ek moes net raak vat, raak skiet, wakker wees die heel tyd. Op skool het hulle my geleer dat jy nie die Naam so mag uitspreek nie - so ek moes omtrent 'n miljoen keer 'n dag vir hom bid, want ek het hom baie gelaaik en wou nie hê hy moes Hel toe gaan nie.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...