Jump to content

Sodom & Gomorra en perd se slingel


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek is sommer bekommerd man. My oudste meisiekind (9) moet vir die eerste keer weg van die huis afgaan en nee, nie sommer enige plek heen nie - reguit Sodom & Gomorra (Gold Coast) toe vir 5 dae. Ek is so trots op haar - vroeg in die oggende, onder vriespunt, werk sy haar perde. Sy het haar eie klein besigheid - verkoop sakke perdemis - ek het die naweek 20 afgelewer. Eerste in haar klas met alles, het tot 'n International Iets gewen in Ingels nogal.

Wanneer ek so worry dan ry ek daai perd hard hier in die bos. Soek dan 'n lekker GROOT boom uit - een wat soos 'n Kameeldoring lyk en my aan die hemele kan verbind. Dan gaan park ek daai perd onner daai boom en ek gooi my een been oor die saalhoring. Dan staan ons so. Die perd slaan sy een been op en drop daai slingel tussen hom se bene. Vir julle wat 'n perd ken - beteken die perd is nou so rustig jy kan met hom toor. Sien, nou is ek verbind deur die perd se 3 pote en slingel, deur takke en blare aan die bloue hemele - nou kan ek mos dink man - soos daai Siener van ouds.

Van slingel gepraat - vat julle terug toe ek 'n laaitjie was. Ry met my familie deur Etosha Panne in Suidwes - kyk die diere so. Ek sien daai zebra's, maar vir die eerste keer sien ek 'n helse klomp vannie goed is gebreklik, hulle het 5 bene. My stiefpa is 'n harde man - ek kan nie stupid vrae vra nie, dan kry ek 'n backhand teen die kop. Ek kan nie meer nie - sien hulle dan niks nie? So ek vra daai vraag - hoekom het van daai zebra's 5 bene. Ek sien my ma en stiefpa loer so vir mekaar en ek verwag daai backhand enige oomblik.

Stiefpa vertel die vir my. Die klein klongetjies daar in Etosha speel so lekker buite, hulle dwaal weg van hulle strooise af. Omdat hulle so klein is, sien daai zebras hulle nie en as hulle so lekker vreet dan sluk hy daai klein katot sommer heeltemal in. Daai katot sit dan daar in daai zebra se pens en raak honger - hy wil gaan mieliepap vreet. Dit is baie donker in daai pens so hy voel so rond en hy kry daai klein gaatjie wat voorheen 'n naelstring was. Die katot is slim man, hy weet sy enigste manier uit is om die zebra vrek te maak. Sien, nou steek hy sy arm deur daai zebra se pens en hy soek na 'n lekker groot klip om daai zebra oor die kop te slaan. Dit is wat ek nou sien - 'n klongetjie se arm wat onner daai pens hang en 'n klip soek.

Nou ja, ek sit op daai perd met daai klong wat nou vinnig 'n klip soek, want hy wil gaan mieliepap vreet - hy is honger. Ek probeer rationaal dink - ek hou nie van die Goldcoast toe ganery nie. Dit is mos nie meer soos toe ek kind was nie - vandag kan jy mos nie meer dominees en onderwysers vertrou nie - kyk net na die nuus.

Ek dink terug toe ek 9 was - ek het in Rundu gebly en Grootfontein was presies 265km van ons af en Tsumeb verder. As ons wou gaan rugby speel of atletiek doen, dan moes ons in 'n bus die lang pad vat en vir 2 dae daar in die koshuis bly. Daar was geen teerpad nie en Swapo het myne soos mielies geplant. Ons moes eers wag totdat die mynsweepers die hele 265km gedoen het. Dan het 'n paar buffels voor gery met 'n helse klomp troepe in en innie bus was daar 'n hele klomp met R1's en handgranate en dinge. Dit was normaal, ons het nie eers daaroor geworry nie - net gehoop dat daai dom Swapo's gaan aanval sodat ons kan kyk hoe hulle op hulle m@er kry. Sal eendag daaroor skrywe.

Sien, nou worry ek nie meer nie - die slingel meditasie help rerrig - skryf dit voor vir enige iemand wat worry. Die land is mos 'n veilige plek - enige iets kan gebeur, maar daar is nie landmyne of hayenas met AK47's oppie pad nie. Daar is nie van daai taxi's met 'n 100 mense in nie, waarvan 50 vreeslik vet is nie. So waaroor worry ek. Al probeer ek, ek kannie Aus met Afrika vergelyk wat veiligheid betref nie.

Link to comment
Share on other sites

Jaaaa Mauritz, nou het ek eers lekker gelag!

As jy die Kuruman omgewing ken, sal jy ook weet die plek is van donkies aanmekaargesit, en mens het altyd leker gelag oor die langore se vyfde bene!

Nou wonder ek of jy dalk al hierdie storie gehoor het oor perde en hulle “gepotenteerdhede”

Daar was mos twee ou vrinne, kom ons noem hulle ou Maaik en ou Kallie. Toevallig was altwee met redelike jong vroumense getroud ons ons twee vrinne was nou nog nie stok oud nie, maar hulle was ok nie meer vandag se manne nie. 'n Mens noem dit nou nie hardop nie, maar altwee het al begin bekommerd raak oor hulle vermoens omtrent, ahhh, ahhh, jy weet mos wat ek bedoel…

Eendag ry ou Maaik so op sy perd en skielik verskyn daar ‘n tokkelossie aan hom. Die tokkelossie se vir ou Maaik: “Wens een wens en ek laat dit waar kom.” Sonder om basies te dink se Maaik” Ek wil gepotenteerd wees soos hierdie perd. “Jy het jou wens” se die tokkelossie, en sowaar, ou Maaik is weer sommer pure perd!

Toe hy weer vir Kallie sien, vertel hy hom wat gebeur het. Ou Kallie wil dadelik ook dieselfde ding vir homself he en hy storm in die stalle in, saal op en jaag in die rigting wat Maaik gese het hy die tokkelossie gekry het. Kallie kry toe ook die tokkelossie en onmiddelik vertel hy van sy dilemma en vra hy dat die tokkelossie vir hom wat Kallie is, ook so gepotenteerd soos sy perd sal maak. Die tokkelossie lig ‘n wenkbrou, en vra “Is jy seker?” “Jaaa!” skrou Kallie.

“Oukei.” se die tokkelossie. en ou Kallie jaag daar weg. En net voordat hy by sy plaashek injaag kom Maaik ook daar verby, en Kallie vertel dat hy ook ‘n gelukkie op die lyf geloop het. En Maaik se: “Jy moet daai tokkelossie gaan soek en se hy moet jou wens terugvat.”

“Vir wat de duiwel moet ek DIT doen?” vra Kallie.

Maaik sug, haal sy skouers op en se: “Jy was so haastig dat jy seker nie gesien het dat jy ‘n merrie opsaal nie.”

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Ek ry gelukkig nog nie 'n mêrrie nie.

Mense wonder seker nou lekker oor hoe die onderwerp nou so ewe in goeie Afrikaans op die blad uitgeval het. Toe maar, ek skud ook maar net my kop.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...