Jump to content

Sommer net nonsense op 9 September 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 9 September 2007

Nou nou gesien hoe die Crows uit die final gehaal word deur die Hawks. My span, Port Power het darem gisteraand deurgedring. Nou wag ek dat die rugby wêreld beker moet begin wys. Toe dag ek so. Mauritz se staaltjies is grand en ek dink toe aan iets om dit te match. Moelik, baie moelik want die man kan nonsense met hoofletters skryf. Hy lieg natuurlik soos ‘n tandetrekker, soos alle Duitswesters betaam. Want sy naam is nie Mauritz nie maar ‘n kombinasie van Pieter Pieterse en Jan Spies. Ek merk so ‘n trekseltjie van Tolla ook in sy stories. Hulle moet hom inspireer en as ek dit lees dan dink ek. Ja’k eks reg daar kom Tolla ook nou uit. Komplimente ou maat, hou so aan.

So ‘n paar jaar gelede wen ek ‘n Karavaan sleep kompetisie. Op daai stadium het ek geaspireer om ook ‘n Rallye perd te word. Ek geniet ‘n drankie saam met die jaers en ek Marshall en ek tel tips op. Ek koop vir my ‘n XR6, toor hom ‘n bietjie deur ‘n chroom x-haust op te sit. Leer handbriek draaie doen en mors my vrou se geld. Met my nuut gevonde skills pak ek toe die kompetisie aan en wen loshande. Die prys is ‘n maand lange oorsese trippie vir my en my vrou. Ek gaan leer nog skills aan op Silverstone, Holland en Duitsland.

Op daai stadium was Andre Stander besig om die polisie aan hulle neus rond te lei in Pretoria en Johannesburg, in ‘n XR6. Nou my gewoonte was, slegs die dae as my posterior gejeuk het, om ‘n hand briek draai by my huis se hek in te maak. Ek het gewoontlik in die straat afgejaag gekom en dan met ‘n moerse gejuig by my hek ingedraai. My bure het geweet dit was ek en het dit maar verduur want hulle het my gelaaik en geweet my posterior jeuk weer. Op ‘n dag na so ‘n jaery, is daar ‘n klop aan die deur. Dit was die polisie. ‘n Nuwe intrekker het hulle gebel en gesê sy sweer Andre Stander het nou net by daai adres ingejaag. Toe stop ek maar die gejaag.

Maar my storie gaan eintlik oor die toer in Europa. Toe ons in LONDON aankom word ek geissue, soos in die Army, met ‘n XR4. Dit was ‘n 4 liter Ford wat ‘n hond uit bos uit, kon loop. Met hom het ek die hele wêreld vol gejaag. Aai dit was ‘n fees. Ons instrukteur het die ropes geken en ons gewys waar ons kon jaag sonder om gevang te word. Ek dink Ford het maar die fines betaal en stil gebly. Die vrouens was op museum toere en ons het van pub tot pub gejaag. Daai jare was ek nie bang vir drink en bestuur nie. Nou, hier in Oz, as ek ‘n wyntjie agter die blad het, voel ek skuldig. Waar is daai Suidwes paaie wat myle reguit strek en geen speedcops nie? Ek hoor by my skoonseun hier is so ‘n pad in die Outback. Iets soos 100 myl pylreguit en jy kan maar kole gooi. Jy moet net ‘n Animal Whistle hê om die Roos te verjaag. Ek het al die fluitjies, moet net weer ‘n 4 liter kry.

In elk geval, so land ons in Amsterdam. ‘n Delmnes en nie juis skoon nie. Na ‘n paar biere in die pub besluit ons groep dat ons wil gaan kyk hoe lyk “De Walle” Tot op daai stadium het al wat leef vir jou vertel dat jy ‘n draai in Walletjies straat moet gaan maak, anders was jy nie in Amsterdam nie. Ons klim toe op ‘n trem en betaal. Die operateur sê julle wil seker Walle toe gaan. Ons is verbaas en vra hoe hy dit weet. Hy sê, maklik. Net toeriste betaal vir die tremrit en almal gaan altyd Walle toe. Die groep besluit toe dat ek en ‘n polisieman voor sal loop en hulle sal ons so op ‘n afstand volg. Hulle wil sien wie nader ons vir besigheid en ons altwee was nie onaansienlik nie. Ek het soos Robert Redford gelyk en hy soos Kallie Knoetze. (vandag lyk ek soos Homer)

Mans, waar was julle. Binne die eerste halfuur was ons deur Anneline Kriel, Charlese Theron, ens, ens se “lookalikes” genader. Dit doen ‘n man se ego goed. Al probleem is, hulle soek nie die pitte in jou broek nie, maar die pitte in jou sak. Nadat die tweede Anneline by my kom aanlê het, het my vrou wat agter geloop het, my hand styf kom vashou. Was seker bang ek los haar en loop saam met Anneline se tjommie weg. Wat ‘n belewenis. Ek word nou nog baie keer nat gesweet wakker soos wat die katte my deur Amsterdam se strate rondjaag. Daai aand in die pub het ons baie stories te vertelle gehad. Dit was ook seker om daai rede wat daar ‘n paar ouens weg geraak het.

Laat my dink. Ons staan in die moltrein in London. Voor my, naby, baie naby, staan daar ‘n tannie wat jy met die hand kan groet. Sy wil hê ek moet haar in die oë kyk. Ek kyk bo-oor haar, my vrou staan langs my. Sy kan dit nie meer hou nie en begin met my vrou te praat. In suiwer Afrikaans wil sy weet waar bly ons in Pretoria. Sy is al 3 jaar daar en kom van Groenkloof af. Uit ons gepratery kon sy aflei waar ons vandaan kom. Wys jou. Moenie sommer in ‘n stad van 10 miljoen mense skinner nie, daar gaan altyd iemand wees wat jou verstaan.

Loop gister weer in ‘n perd vas wat van Zim af kom. Ek het op hom afgekom deur ‘n referral vir werk in my nuwe besigheid. Toe ek hoor hy is van Zim af dag ek, hier is defnitiewe besigheid. Ek meen ons is altwee van Afrika en was bure. Watwou. Die ou haat alles uit Afrika en wil net weet of ek die job kan doen. Nadat ons so ‘n halfuur gesels het, begin hy so ‘n bietjie los raak en ons gesels gemakliker. Mugabe en sy trawante het die ou ‘n groot onreg aangedoen en hy haat alles en almal uit Afrika. Die Ozzies het agtergekom dat dit sy Achilles hiel is en spot hom aanmekaar. Hoe meer hy moan en complain, hoe meer hou hulle aan. Ek hoop ek kry die werk by hom want ek dink ek kan hom genees. Nou, na 16 maande skrou ek net so hard saam by die Footy en ek ondersteun die Wallebies en vir Ricky Ponting. Hulle hoef nie te weet dat ek altyd ‘n sagte plekkie vir die bokke sal hê nie. “My favourite words” as iemand met ‘n storie uit Afrika by my kom is: “F… them mate, I’m Australian now” Dit help natuurlik dat my nuwe aangenome spanne op die wenpad is en politiek nie ‘n groot sê in die situasie het nie. Toe John Howard die krieket toer na Zim kanseleer het dit die mense nie lank gevat om daaroor te kom nie.

Ek en Annatjie is nou weer soos ‘n jong paartjie. Nou nie met alles nie, julle weet, die ouderdom. Maar, ons “give it a go” Soek nou weer huis om te koop of te bou. Ons het besluit om af te skaal en ons age te act. Gaan toe na ‘n aftree village. Die eerste een is ‘n 2 slaapkamer. Te klein. Toe na die 3 slaapkamer. Die agent kan dit nie glo toe ons sê dit is te klein vir ons meubels nie. Ooo sê sy, julle soek eintlik ‘n huis vir julle meubels. Ons het dit nie besef nie, maar dit is so. Ons paar rand, nadat dit deur 6 gedeel is, kan nooit weer ons huis in RSA vervang nie. Maar, dit gaan nog ‘n ruk vat voordat ons van ons egte hout goeters ontslae gaan raak en by IKEA tamatiekas plankie meubels gaan koop. Nou soek ons maar ‘n plek waar ek tenminste vir my ‘n stoor kan opsit. Probleem is net, groterige grond (1000 vierkante meter) kos ‘n plaas se prys daar in Suidwes en Griekwaland Wes. Nou gaan ons maar weer voorlopig huur totdat ek die LOTTO gevang het. Die kinders het ons mos kennis gegee. Uit. Die wiel draai. Pa word nou mos as oupa gereken en kan nie meer vir homself dink nie. Ek het ‘n verrassing vir hulle. Hier loop nou ‘n TV advertensie van ‘n ou en sy vrou (ons jare) wat op ‘n Harley rondjaag en die kinders se erfgeld uitgee. My plan ook. Groetnis totdat ek die LOTTO gewen het.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Lekker gelees en lekker gelag. Ek is so lank al uit die LAND uit ek het so baie al vergeet. Ek kan nog vir Jan Spies onthou vanuit my kinnerdae. Tolla - nie so seker nie - ek sien so vaagweg iemand wat relatief gesuip lyk met 'n lang jas aan - dalk het ek die kat aan die g@t beet.

'n Vinnige vraag - 'n hele paar mense vergelyk my geroggel met 'n Pieterse en 'n Stoof - ek het teruggeky op al die vorige posts en op 'n Stoof afgekom en wie natuurlik nou terug is. Wie is die Pieterse? Ek sien niks van sy posts nie - sal graag wil lees.

Link to comment
Share on other sites

Lekker gelees en lekker gelag. Ek is so lank al uit die LAND uit ek het so baie al vergeet. Ek kan nog vir Jan Spies onthou vanuit my kinnerdae. Tolla - nie so seker nie - ek sien so vaagweg iemand wat relatief gesuip lyk met 'n lang jas aan - dalk het ek die kat aan die g@t beet.

'n Vinnige vraag - 'n hele paar mense vergelyk my geroggel met 'n Pieterse en 'n Stoof - ek het teruggeky op al die vorige posts en op 'n Stoof afgekom en wie natuurlik nou terug is. Wie is die Pieterse? Ek sien niks van sy posts nie - sal graag wil lees.

Hallo Mauritz, Springbok.

Ek moet nou ongelukkig die pad vat na 'n Braai. Moet die familie gaan vermaak. Sal later vanand vir julle altwee skryf

Link to comment
Share on other sites

My maggies, Oom Jan Stoof, is dit regtig jy? Se nou net vir Henry( Strachan) daar by die City of Tswane... Ek sweer Ewoudt se pa is op die net! Nou ja, toe is dit Oom.

Wel, uiteindelik het ek en manlief ok tot ons sinne gekom en hopelik sien ons julle binnekort daar in Oz!

Groetnis,

Henry en Elize

Link to comment
Share on other sites

My maggies, Oom Jan Stoof, is dit regtig jy? Se nou net vir Henry( Strachan) daar by die City of Tswane... Ek sweer Ewoudt se pa is op die net! Nou ja, toe is dit Oom.

Wel, uiteindelik het ek en manlief ok tot ons sinne gekom en hopelik sien ons julle binnekort daar in Oz!

Groetnis,

Henry en Elize

O hel. My verlede is besig om my hier in Oz in te haal. Sal van nou af nie meer moet vloek nie en minder lieg. Welkom Elize. Ons bly lekker. Met julle kwalifikwasies en ouderdom sal julle vinnig hier uit kom. Het toevallig vandag ons permanente verblyf reg gekry. Sal nou hier rustig mag doodgaan. Het ok gister gehoor ek gaan oupa word. Sal die perd in Afrikaans en Zulu leer vloek. Ek kan nie wag nie. Groete vir die blaaspyp kampioen.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...