Jump to content

Sjokolade Koek & Oliebolle


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek herdenk vandag my geboortedag - die dag toe ek op my kop geval het, die helm aan my voet was ipv my kop en die naelstring 'n strik om my nek was.

Ek kry vandag 'n lekka sjokalade koek, 'n lekka boere koek. Ek is 39 maar ek eet nog steeds 'n chocolate koek dat daai icing tot agter my ore is. Ek lyk ge-camo soos daai Rekkie in die middel van Angola tydens Operasie Askari.

Ons het klaar in Aus getoer vir 'n jaar (so 11 jaar terug) en ons is in Toowoomba. Ons het nie 'n oond nie want ons bly nog in die Yellow Submarine (sien vorige skribbels). Ons het 'n Industrial Shed, 'n graaf en 'n kruiwa en ons werk, maar geen oond nie - so geen chocolate cake nie. Na 'n paar weke kry ek daai ontrekking simptome - iets jeuk, maar ek weet nie wat nie. Skielik slaan dit my tussen die oge - daai Afrikaanse Sjokolade Koek - ek moet nou op 'n trip gaan.

Ons ry in T'wmba rond en soek 'n Tuisnywerheid - een van daai met 'n lekker soustannie agter die counter - ons sien niks nie. Ek stop oral en vra vir die Aussies waar ek een van daai Home Industry Works kan kry wat chocolate cake verkoop - as ek nie nou op 'n trip gaanie, gaan ek 'n bank of 'n ou tannie beroof. Hulle skud net hulle koppe - these bloody tourists you know. Ek vra hulle - bak die soustannies hier dan niks nie - hulle verstaan weer nie.

Ek sê vir vroulief - ons sal nou 'n bakkery koek moet eet - die soustannies hier is te lui om koek te bak. Stap by die eerste bakkery in - daar lê 'n koek agter die counter - 'n lelike ding man, met nog 'n leliker naam - 'n MUD CAKE. Ag nee sies man, dink ek - die ding lyk asof iemand met 'n skopgraaf 'n stuk modder met buffelmis daar in die Kavango moerasse opgetel het en dit op 'n wit papierbordjie geplak het. Later sien ons hulle verkoop die mud cakes in Woolies, hulle is net gladder - lyk soos daai landmyne wat Swapo daar in suidwes rondgedra het.

Al die anner koeke lyk soos 'n klomp sad hippies uit die '60's - pienk en geel. Julle sal my nie glo nie, hulle vat 'n hotdog roll en plak pienk icing op dit en verkoop dit. Daar is sulke grillerige koeke met geel icing op - my kiewe trek toe en my agterent trek 'n punt van die suurheid, 'n lammetjie kan daaraan drink. Ek skud net my kop - hoe gaan ek in die land bly sonner sjokolade koek.

Ek vra vir daai meisekind agter die counter, waar die regte chocolate cake is - daardie wat so 'n dik laag gekookte kondensmelk in die middel het - lyk of 'n bricklayer se apprentice dit gelê het. Sy skud net haar kop - hulle hettie sulke koeke nie.

Later kry ons 'n oond en vroulief bak die koeke dat die stof so staan - en hierdie Aussies vreet jong - hulle is nie eers skaam nie. Hulle vra vir hierdie resep.

Vat julle terug op ons trip om Aus. Ons is in Geraldton in Wes Aus. Dit is Sondag en in Suid Afrika het ek elke Sondag oggend die koerante en appelkooskonfyt oliebolle gekoop - dan vreet ek daai oliebolle, lees crime en vee my hande aan daai crime papier af. Ek gaan koop koerante by die Newsagent en sien sommer daar is nie crime in daai koerant nie. Gelukkig kan ek my hande daaraan afvee. Gaan na 'n bakery toe en koop oliebolle. Nou kan ek nie wag nie - gaan sit daar buite op 'n bankie en ek gee daai oliebol 'n byt .............. en wag vir daai appelkooskonfyt om te spyt ............................... NIKS NIE MAN!!!! Daar val so iets teen my wangbeen af - dog ek het 'n tand verloor teen daai week oue stuk deeg wat hulle 'n oliebol noem. Toe tref daai smaak en reuk my - ROOIBEKRUIP!!!!. Ek spoeg daai oliebol en rooibekruip soos een van daai tabakkouers in Mississipi. Ek gooi daai oliebol in daai publieke drommetjie wat so 25m weg staan - dead center. Oppie ander bankie sit 2 vet Aborigine kinnertjies - kyk my aan asof ek nou heeltemal mal is. Ek spring op: 'As sies man, bleddy @@$%^&!!!!! Daai vet kinnertjies is nou heeltemal ongemaklik - daar is mos niks leliker as 'n biltongboer wat so rooi om die kiewe is soos 'n ophitte bosvark en nog daarby in Afrikaans vloek nie.

Vir julle wat nie weet wat rooibekruip is nie. Dit is daai 'konfyt' wat hulle in die Suidwes koshuise en army gebruik het om die rogbrood toe te plak. Hulle het ons ewe vertel dit is 'vrugte konfyt' - maar ek het geweet dit is 'n mengsel van long, tong, poepol en tamatieslaai - met poepol as die hoof bestandeel. Ag nee man, watter nasie sal nou rooibekruip in oliebolle sit. Ek dog toe, dalk was die bakker dronk - ek stap terug na daai bakery toe en vra vir die bakker of hy gesuip is, geen nugter bakker sal rooibekruip in 'n oliebol druk nie. Nee sê hy, hy issie gesuip nie en dit is hoe die doughnuts of 'jamballs' soos hulle dit noem lyk - 'Take it or leave it' sê hy vir my.

Nou kan 'n mens daai rooibkruip jamballs by McDonalds koop vir 99c - koop met baie koffie om die ding af te sluk.

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

ek het nou op jou stuk afgekom en gele soos ek gelag het. Dit was ons pudding in RSA die rapport en jam doughnuts. toe ons hier land toe was ek vreeslik opgewonde want net waar ek kyk sien ek die doughnut counters. Die volgende sondag stop by die newsagent koop die Engelse Rapport (probeer my baie tuis laat voel hier) en sommer 'n boks vol doughnuts 12 van hulle.........gaan huis toe koffie aan die go, bordjies uit, wel wat kan ek se, dit was die eerste en die laaste shop van doughnuts. Die koffie het maar "droog" afgegaan sonder die gebruiklik jam doughnut. Probeer die mudcake kom nog nie by die choclate koek met die kondensmelk in nie maar ons kan dit 60% geen en die doughnuts wel hulle het nie dit glad nie gemaak nie.

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

en nou het ek 'n bakkery ontdek wat jam doughnuts maak he he he daar was net een oor op die rak hy het saam my huis toe gekom self geeet met niemand geshare ook nie !

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...