Jump to content

Mother of All Braais


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Sien - die Aussies maak nie eintlik vuur nie - die hout hier is hopeloos. Daai tamatiekas plankies van SA is meer werd. Dit het my lank gevat, maar ek het uiteindelik een van daai Aussie gasbraaiers gemaak. Ek het onlangs begin om tipe van Life Style Areas ton ontwerp en is besig met 'n paar baie interessante projekte.

Ek sluit 'n pic in van vorige projek. Die area is 10m x 4m met 'n groot pit vir 'n lekker groot vuur aan die een kant. Aan die annerkant is 'n koolstoof en 'n ander braai blek met 'n stoof onder, met metaal deure. Die cementblokke is nou ook gedek deur graniet. Aan die anner kant is plek vir potjies. Die metaal screens kan swiwwel en oopmaak - die een helfte gaan binnekort 'n dak opkry - die dat die skoorsteen daar is. Die groot metaalhekke kan oopmaak om nog plek te maak vir mense ommie vuur.

Ek het die hele plek uit soliede graniet blokke gebou - die metaalwerk is meesal stainless steel. Die plek het 'n wasbak met warmwater - volle krag - nou 'n barfridge in ens. Die graniet vloer moet nog in.

Ek is tans besig om 'n bar en braaiplek met 'n pizza oond uit graniet uit te bou - die waterfeature is alreeds klaar - sal pics stuur.

Ek is ook besig om 'n ander braai area te ontwerp uit graniet uit - maar met perse en blou kussing en dinge - decks op 3 verskillende levels - waterfeatures so groot soos die Zambezi ens. Sal pics aanstuur soos dit vorder. Julle weet waar om my te kry as julle almal oorskuif en miljoenêrs raak - dan kom bou ek vir julle 'n lekker Zulu boma vir 'n braai area. Maak net baie geld wat ek is nie 'n goedkoop biltongboer nie.

post-4082-1188948956.jpg

Link to comment
Share on other sites

Mauritz!!

Happy Birthday, mate!! Hoop jy braai vanaand lekker tjoppies op jou barbie en drink 'n paar dosyn XXXX's en vertel ons môre hoe jou verjaardag was. Ons almal geniet jou stories vreeslik.

Ek wonder altyd as die Suidwesters ( gebore en in getroudes ) bymekaar kom en uitvra wie ken vir wie sal daar baie algmene kennise wees.

Groete en Lekker laaste dirty- thirty verjaardag.

Suidwes

Edited by Suidwes
Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Dankie baie, dit is vroegoggend en reen al vir 2 dae 'n hond uit 'n bos uit - sommer weer winter. Sal die braai maar los en 'n boks dooswyn oopmaak.

Weet nie altyd of ek moet aanhou skryf nie - ek loop sommer oor van stories wat ek die laaste 12 opgekrop het. Kry baie positiewe terugvoering - so sal maar aanhou.

Lekker dag/nag vir almal.

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz

Jy moet aanhou skryf, ons almal stress so oor visas en emigrasie goed hier in Suid Afrika, dit is lekker om nou en dan een van jou stories te lees en net lekker te lag. :D

Vertel, vertel, vertel.....

Groete Wilna :D

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz,

Eerstens - baie geluk. Klink my jy gaan volgende jaar groot word - die groot VIER!! :D

Hoop jy het 'n wonderlike dag (ge)had en voorspoed vir die jaar wat voorlê!!

En asb tog, moet net nie ophou skryf nie!

Groetnis

JJ

Link to comment
Share on other sites

Mauritz, dis jammer jy bly so ver, want my man, Marius, stel baie belang in jou entertainment areas .... hy begin al 'n goeie kliente basis opbou as argitek en het 'n paar kliente wat baie definitief sal hou van een van jou konstruksies. Hy is juis self besig om bietjie ontwerpwerk te doen aan die perfekte "designer barbie"...

PS: Happy Birthday, mede Virgo ( my verjaardag is Saterdag) - g'n wonder jy's so 'n agtermekaar outjie nie!

PPS: My man is Grootfontein gebore en getoee - 3 maande ouer as jy!

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

PS: Happy Birthday, mede Virgo ( my verjaardag is Saterdag) - g'n wonder jy's so 'n agtermekaar outjie nie!

Hey Mauritz ... moet net nie lat daai Duitser met pink G-string dit sien nie!! :ilikeit:;)

Sw

Link to comment
Share on other sites

Hey Mauritz ... moet net nie lat daai Duitser met pink G-string dit sien nie!! ;);)

Sw

:o nee man! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ek dink jy het dalk jou eerste assignment daar op my plasie, as jy belangstel. Het so 'n mooi kliphuis gesien oppad gister naby julle, die ommie (hy is 'n interstate trukkie) bou met klippe en bridge timber, het ook sommer myself voorgestel en 'n paar fotos geneem, hulle bou al 13 jaar en bly in die shed, maar die is amper klaar 10/10. Ons will graag die kagel en onder gedeelte van die huis in klip bou en dan die boonste met cedar cladding bou. PM as jy belangstel.

Die huis is in Tenterfield as jy so deur ry na die Armidale pad

Edited by chester
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...