Jump to content

Aussie Resep vir 'n Galah Potjie


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Vir julle mense daar in Afrika wat nie weet wat 'n Galah is nie - ek het gou my kop by die voordeur uitgesteek en 'n pic met die Digitalis vir julle geneem. Dit is daai dom pienk papegaaie wat jy oral hier in Aus kry. Toe ek hulle vir die eerste keer in Aus sien, toe vertel 'n Aussie oom die vir my. Hulle is baie lekker om te eet, maar hulle is redelik taai en daar is net een manier om hulle gaar te maak. Die resep:

6 Galahs - allie vere uitgetrek en die derms ook

Paar tamaties in klein blokkies gesny.

Een groot ui in klein repies gesny.

Een huisie knoffel - baie fyn gesny.

Knippie sout.

2 koppies rooiwyn.

Baie belangrik - 'n ronde klip so groot soos 'n Galah vir elke Galah - maw 6.

Nou, jy sit die klippe onder in jou camp oven (dit is nou wat hulle 'n swart platboom pot hier noem) dan gooi jy al die ander goed in en jy kook daai pot die heeldag. Vanaand voel jy met 'n stomp vurk of daai klippe sag is - as hulle sag is, dan is daai Galahs reg.

Sien die ou bl@ksem het my 'n lekker pampoen gerol en ek het dit nie eers sien kom nie.

Die pienk papegaaie laat my dink aan 'n anner storie later op ons trippie - kyk uit vir Die Bul en Pienk Papegaaie.

O ja, as 'n Aussie jou ooit 'n Galah noem - dan weet jy, hy dink jy is sommer baie stupid.

post-4082-1188882435.jpg

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...