Jump to content

Hengel in Aus - the Suidwes Way


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek het al 'n bietjie geroggel oor die bebaarde kabeljou ens. Julle moet onthou, alles het amper 12 jaar terug gebeur, so ek ruk nou vir die eerste keer daai dagboek - met die rooi dooswyn kolle en daai albums waar ek nooit klere aanhet nie - uit net om weer te onthou.

Die is nog embrio dae in Aus, maar ek vrek oor visvang - kannie wag om te kyk wat gaan oppie strande aan nie. Ek gaan kyk sommer die eerste dag - kyk eers na al daai lekker fris Aussie girls oppie strand sonner hulle toppies - toe na die visvang. Man ek is teleurgesteld (nie met die girls se toppies nie) - almal gebruik hierdie koffiemeul katrollies wat jy by Crazy Clarks koop en vistokkies wat soos 'n fairy se towerstokkie lyk. Ag nee sies man - geen biltongboer kan met so 'n ding gesien word nie. Ek sien tot vannie Aussie manne met die goed en ewe 'n G-string aan - nou kan ek nie meer nie.

Sien ek het al my 100 voet vistokke en katrolle verkoop - nou het ek niks nie - dit sou in elke geval nie innie backpack gepas het nie. Ek gaan kyk na die pryse van die goed - ek huil lang trane - my SA rande gaan sommer alles weg wees as ek een van regte Suidwes visserman gereedskap moet koop - ek los dit maar.

Ons begin rondtoer in die Yellow Submarine en ek sien geen ordentelike vissermanne nie. Julle weet mos soos daar in Suidwes - stink na 'n week se vis - skubbe in die hare - so vol vrot rooiaas - jy kannie saam met enige vrou slaapie. Nee, almal lyk soos roomkoeke met towerstokkies. Ek bly weg vannie visvang af.

Ons kom by Preston beach aan in WA die see lyk so mooi en die fris tannies sonner toppies of bottoms issie meer snaaks nie. Ek sluip in een van daai 'visserman shops' in soos 'n stoere Vrystaat boer in 'n Kaapse seksshop - niemand mag my sien nie. Ek koop 'n towerstok en 'n koffiemincer (ek vra vir 'n bruin papiersak om die leeeelike ding in weg te steek).

Ons slaan af beach toe - kyk eers rond of daar nie dalk regte vissermanne is nie - niks nie. Ek dink nou - hoe gaan ek daai groot pilchard met so 'n towerstokkie in daai water kry en wat gaan gebeur as daai m@erse kabeljou of steenbras byt? Gooi in en ek voel sommer onmiddellik sulke pikkies - ek issie gepla nie. Daar in Suidwes gebeur dit maar min, gewoonlik net daai baba vissies wat pla. As hulle so om 'n groot stuk aas pik, dan kom daai 6ft groot kabeljou en sluk jou aas met 'n paar van daai baba visse in. As jy dan nie reg is nie, is jy gelukkig as jou voete een keer grond vat - jy is dan so diep in daai see dat jou tieties se punte so stokstyf staan net bokant daai geel Suidwes branderskuim.

So ek wag vir daai 6ft kabeljou - niks nie. Nou raak ek geworry - ek doen wat hierdie romyne doen - sit daai groot stuk aas aan. Doen dit nog 'n paar keer, besluit dit is sommer nonsense. Sit 'n kleiner hoek aan en 'n stukkie aas so groot soos my duimnael. Ek gaan een van daai baba kabeljou vang - hom 'n m@erse pakslae gee 'n riller storie vertel, teruggooi sodat hy sy boeties en sussies kan bangmaak en my bleddy aas alleen los. Sit sommer twee hoeke aan en vang onmiddellik vir boetie en sussie. Nicolette is nie van Suidwes affie, so sy dink sy moet 'n foto neem. Ek kraam amper 10 stringe papierpoppe - nou is daar 'n pic van my wat dalk eendag op die Net gaan rondhardloop - dan gaan daai Suidwesters wat my ken hulle self tot 'n vanilla milkshake lag.

Ek gee die vissies 'n pakslae, vertel die storie, maar hulle wil nie ophou nie. Ek vang hulle op strepe en gooi hulle dan terug. 'n Klein Aussie laaitjie met 'n oorring kom vra vir my watse aas gebruik ek. Ek wil vir hom s^e om sy oorring te gebruik - die haaie laaik dit baie - maar dink dit is dalk te ongeskik vir net 'n week in Aus - sal dit volgende week doen. Ek vang en gooi terug - ek sien die laaitjie se pa met groter ringe en tattoos skud sy kop en die laaitjie stem saam - these bloody tourist you know. Nadat ek seker 'n 1000 teruggegooi het, kan Groot Oorring en Klein Oorring nie meer nie. Hulle kom aan gewals en ek dink - vandag voer ek al julle ore virrie haaie.

Groot Oorring wil weet hoekom ek die vis teruggooi - ek s^e die goed is te klein die strandpolisie sal my toesluit. Hy reken hy het nog nooit iemand gesien wat so baie vang in so 'n kort tyd nie. Dit is die vis wat hier is, wat almal vang. Ek skud my kop so sad, klik my tong soos 'n kwaai Boesman - het hulle nog NOOIT kleiner hoeke en kleiner aas probeer nie.

So ek hou maar die klein vissies - sal hulle vanaand met 'n tweezer en 'n milliliter tamatiesous probeer eet. Ek vang nog en voel 'n groter pik - slaan vas en daar trek ek nog 'n klein vissie uit - lyk soos 'n regte kabeljou. Kyk mooi na die pic - Klein Oorring kom aangehardloop in daai pic. Groot Oorring het amper 'n @rgasme - hulle het nog nooit so 'n groot vis op daai strand gesien nie. Ek is nou bekommerd - gelukkig raak dit later beter as julle my anner skribbels gelees het.

post-4082-1188860218.jpg

Link to comment
Share on other sites

:whome: Dit was nou lekker lees, hope die ander vissemanne geniet dit ook.

Het Jy al Dewfish gevang Mauritz? Ons het 'n invite gekry om te gaan vang, ek vra toe vir manlief of hy die man vertel sy vrou is eintlik die visserman. Ons sal maar sien hoe dit gaan. My Pa het maar al sy vis katrolle (Diawa) vir my gegee en ons het dit saamgebring, maar iemand met lang vingers het hom self in ons garage gehelp. dink nog sedes dis daardie Chinaman buurman van ons.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz, as jy 12 jaar al weg is uit SA, ken jy seker nie Weg magazine nie. Jy skryf vir my so baie soos daai ouens in Weg. As my ma kom kuier, bring sy altyd vir my 'n hoop. Ek verslind dit. Volgende keer stuur ek vir jou 'n paar ...

Jy moet vir hulle 'n paar van jou stukkies stuur. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Nog nooit gehoor van Weg nie (voel 'n bietjie Weg vanaand:). Glo dit of nie - het nog nooit geskryf nie - gooi maar net alles uit soos dit gebeur het:) Sal graag van die tydskrifte wil sien - dalk is hulle oppie Net - sal bietjie kyk.

Link to comment
Share on other sites

Hier is hy:

http://www.weg.co.za/

Ons is self weg voordat Weg uitgekom het (hiehie), maar my ma teken in en bring vir my al haar ou tydskrifte. Dis nou die een tydskrif wat ek wens ek kon hier koop. Veral Toast se artikels laat my skater...

Ek waarsku jou, dit lei egter altyd tot 'n hewige getjank ook in hierdie huishouding - party stories trek maar baie hard aan die hartsnare en die ou heimwee slaat dan toe met 'n slag :) Sug!

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...